Wat 'n lieflike plek vir 'n bosvakansie!
Net so 40 minute se ry van Pretoiria af, bied dit alles wat mens van 'n vakansie kan begeer - goeie restaurant, lieflike akkomodasie, 'n spa in die bos, visvang, perderitte, swembad, kanovaarte op die
rivier, wildritte met goue wildebeeste, kameelperde, koedoes, vlakvarke, rooibokke en sebras. Die plek is selfs 'n paradys vir voëlkykers en voëlluisteraars.
In die kamp was daar selfs vuurvliegies en trapsuutjies, wat enige kinderhart
sal roer :0)