New Page

Ete by Heston Blumenthal se vlagskip resturant, die "Fat Duck".

Sien dat Heston Blumenthal, koning van eksperimentele cuisine, weer vandeesweek sy verskyning op "Australian Masterchef" gemaak het.
 
Dit het my weer laat terugdink aan verlede jaar toe Susan, my dogter, my vir my verjaarsdag uitgeneem het vir ete by Heston se vlagskip restuarant, die "Fat Duck".
 
Wat 'n een-maal-in-'n-leeftyd ondervinding was dit darem nie 😁
 
Die "Fat Duck" is gelëe in Maidenhead, 'n dorpie so 40 km buite London. Die restaurantgeboutjie lyk presies net soos die huisies wat kinders normaalweg teken 😜 - spitsdakkie, skoorsteen, vensters en 'n deur.
 
Daar werk glo 50 chefs in die restaurant, wat die disse ontwikkel en maak. Die kelners word "Story tellers" genoem, en kom van regoor die wêreld - die vreeslikste aksente gehoor. Maar dit
alles maak die ondervinding nog meer spesiaal.
 
Omdat dit my verjaarsdag was, is ek verwelkom met 'n kaartjie wat deur al die chefs onderteken is - hulle doen nogal baie moeite om mens tuis te laat voel.
 
Wat jou dadelik opval is die ennvoudige en strak dekor van die plek. Spierwit mure met geen versierings nie, wit gestyfde damastafeldoeke met geen tafelversierings nie. En die dikste, sagste matte denkbaar.
 
Die hele eet ondervinding duur so vier ure lank. en na die ete het hulle ons in die kombuis ingeneem en rondgewys.
 
Ons voorgereg was 'n tamatie-en koffietertjie - een van die lekkerste smaakkombinasie wat ek nog ooit geproe het, en die nagereg was meringue met veselperske en kumkwat. Ongewoon en lekkerrr...
 
Kyk nou 'n bietjie na die video. Dit gee jou nogal 'n goeie idee wat dié hele ondervinding behels het.
 
Dankie Susan xxxxx
 
 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

30.08 | 12:44

It seems really a nice sharing due to its informative stuff which I will share with my dad after my https://www.goldenbustours.com/seattle-tour-packages/

...
06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
You liked this page