Die laventelvelde van Provence.
So vier ure per trein vanaf Parys in die Suide van Frankryk, is die ou stad Avignon, in die Provencestreek. Ons het op Avignon ‘n motor gehuur en na die dorpie Saint -Remy-de-Provence gery waar ons ‘n ou plaashuis so twee km buite
die dorp gehuur het.
Wat ‘n wonderlike afsluiting vir die toer – groot, ruim huis met lugrëeling en ‘n reuse swembad om in af te koel en te ontspan voor die lang terugreis, via Marseilles en Heathrow, na Kaapstad.
Ons
verblyf in Provence het saam met ‘n erge hittegolf geval – koelste was om op die warmste tyd van die dag in die bussie wat ons gehuur het rond te ry met die lugrëeling op Arktiese temperature gestel.
Die Provenceprovinsie van Frankryk
het so baie om te sien – laventelvelde, sonneblomlande, die wit perde van die Camargue, die Midellandsesee, en die pragtigste dorpies waarvan sommige al uit die Romeinse tydperk dateer.