“Jan, my Franse kosverhaal”, vertel die storie van Jan Hendrik, die boerseun van Middelburg, en sy kos reis vanaf Mpumalanga tot in Nice Frankryk, waar sy restaurant “Jan”, so suksesvol is dat dit onlangs met ‘n Michelinster
beloon is – ‘n eerste vir ‘n Suid-Afrikaner.
Vir ‘n Afrikaanse boerseun om soveel sukses te behaal in ‘n Europese land, en dan nog Frankryk ook, die middelpunt van die kosbedryf, verg “guts”. Waarmee Jan Hendrik
duidelik met emmersvol gesëen is.
Wanneer mens die boek deurblaai, is dit nogal interessant om op te merk hoeveel van sy moederland hy werklik behou het. Nartjie panacotta, gaan jy sekerlik nie baie in Europa te ete kry nie, so ook nie biltong
en tjipsbroodjies nie. Sy croquembouche, sit hy aan mekaar met ‘n melktertvulsel so reg uit ‘n boerekombuis. Madeleines, so tipies Frans soos ‘n stylvolle mademoiselle, geur hy met boegoe van alle dinge.
Jan Hendrik gee by elke resep ‘n aanduiding van die moeilikheidsgraad van die gereg. Heelwat van hulle is gemerk as “maklik”, wat hoop gee vir ons “mere mortals”.
Dus ‘n wonderlike kookboek om te besit en
te gebruik. Soveel ander boeke koop mens net om ongebruik op die rak te bly staan. Hierdie ene motiveer mens egter, om soveel as moontlik geregte daaruit te (probeer ?) maak.
Die boek kos R403,00 by Exclusive Books.
Ek het solank
twee van die resepte uitprobeer. Onverbeterlik lekker was die resultaat! Probeer gerus – hier is die resepte: