Wat 'n mooi stad is Washington tog nie - groot oop ruimtes, brëe strate, 'n wa en osse sal sekerlik daarin kan omdraai, baie bome, lieflike tuine en spog geboue. 'n Mens kan hier asemhaal!
Geboue mag nie hoër as nege verdiepings
wees nie. Die plek is dus in groot kontras met New York. Die meeste werkers woon eintlik oorkant die Potomacrivier in die staat Virginia - daar is toringgeboue, veral woonstelgeboue volop.
Kersiebloeisels
Waarna ons die meeste uitgesien het, was die kersiebloeisels rondom die getypoel. Ons het selfs in Suid-Afrika al 'n trapbootjie bespreek om op die reuse poel te gaan rondvaar.
En daar mis ons toe die bloesiels net met so 'n week - nie 'n
enkele boom rondom die poel was meer in blom nie, maar in die res van die stad was daar darem plek-plek lieflike voorbeelde te sien.
Die trapbootjies was baie pret - ons het reg om die poel gevaar, verby die Jefferson Memorial.