Varkfilette is baie ekonomies – so R40.00 vir twee kleineriges, maar ‘n mens kom baie ver daarmee. Dit is suiwer vleis, geen vet of bene nie en baie vullend.
Hou dit eenvoudig, sout en peper, verbruin die filette in ‘n
pan, voeg dan blatjang en wyn by en bak dit dan in ‘n toe oondbak tot dit uitgerafel kan word – so 20 minute. Toets gereeld met ‘n vurk of die vleis maklik los kom. Ek het dit in Old Brown Sherry gaar gemaak.
Om dit te
rafel, oftewel “pulled pork” te maak, maak die vleis los deur dit met twee vurke uit te rafel, of hou die vleis teenaan jou elektriese handklitser – dit werk soos ‘n bom en maak fyn rafels.
Ek kon van twee varkfillete genoeg
rafelvleis kry vir vier porsies vleis bedien op sout wafels met vars appel, en vier “spring rolls” gemaak met filodeeg.
Of, doen dit op die Russiese manier, soos die resep hier onder.