Chef Marco het Matthew op "Australian Masterchef", kwaai gekritiseer vir die manier waarop hy lasagne gemaak het.
In plaas van net 'n witsous en los parmessan, het Matthew 'n dik kaassous gemaak, soos ons maar almal doen.
Volgens
MPW behoort die volgorde van die lae as volg te wees:
Eers die vleissous, dan 'n laag dik witsous, dan 'n dik laag gerasperse parmesaan, en dan eers die lasagnevel. Herhaal en eindig met die parmesaanlaag bo.
Ek het dit so gemaak, met van
die tamatiesous (sien onder bykosse en souse) by die vleis ingeroer.
Die man weet duidelik waarvan hy praat - dis baie lekkerder as met die ou dik, taaierige kaassous.
Die parmesaan vorm 'n dik, bros korsie bo-op en die tamatie gee net 'n ander
dimensie aan die ou spulletjie.