Vleisgeregte

Hoender en aartappel koekies

4 groot aartappels –geskil, sag gekook en fyn gemaak – bietjie botter en melk by
½ hoender – gekook en gevlok
½ k chedder kaas – gerasper
½ klein ui gerasper
Sout en swart peper na smaak
Mint of vars pietersielie gekap

  • Meng al die bogenoemde bestanddele en maak koekies
  • Doop in eier en indien verkies ook broodkrummels
  • Braai in warm vlak olie tot gaar

Flippen Lekker Braai Resepte

Kurnik - Russiese hoenderpastei

1 hoender

2 uie, fyn gesny

1 blokkie hoenderekstrak

1 klein pakkie fyngesnyde sampioene

2 el fyngekapte salie of pietersielie

Sap en skil van een klein suurlemoen

1 el neutmuskaat

3 el mielieblom

2 el gekapte dille

1 koppie rys

4 hardgekookte eiers, fyn gekap en met die dille gemeng

  • Braai die uie saam met die sampioene tot sag en gaar – so 10 minute lank
  • Voeg die hoender, die hoenderekstrak en salie/pietersielie by en kook tot gaar
  • Verwyder die vleis van die been, maar behou al die sous
  • Kook die rys in 2 koppies van die sous tot gaar. Voeg nog kookwater by indien nodig
  • Voeg die neutmuskaat, suurlemoensap en skil asook die mielieblom by die res van die sous en kook tot die sous verdik
  • Voeg die hoenderstukkies by en kook deur tot warm

Kors

125 g sagte botter

125g suurroom

2 eiers

Knippie sout

200g meelblom

 2 tl bakpoeier

  • Klop die botter en suurroom saam
  • Skei die wit en geel van die eier, en voeg die geel by
  • Meng goed
  • Voeg die droë bestanddele by en meng tot ‘n sagte deeg
  • Draai in kleefplastiek toe en verkoel vir 30 minute in die yskas
  • Pak ‘n laag rys in ‘n oondbak, dan ‘n laag hoender en strooi dan ‘n laag eier oor
  • Eindig met ‘n laag rys
  • Rol die deeg dun uit en bedek die vleismengsel daarmee
  • Sny ‘n kruisie in die middel van die deeg vir die stoom om te ontsnap
  • Klits die tweede eier effens met ‘n vurk en verf oor die deeg
  • Bak by 180°C tot goudbruin en gaar

"Coronation chicken"

Hierdie dis is spesiaal ontwikkel vir ‘n banket tydens die kroning van Koningin Elizabeth in 1953. 

Die oorspronklike resep is baie ryk en sterk gegeur – het dit bietjie vereenvoudig en gesonder gemaak. 

Eintlik vreeslik lekker en bietjie anders as jy al moeg is vir jou gunsteling hoenderresepte.

 

1kg hoenderstukke

45ml borrie

1 blik ligte klappermelk

1 blokkie aftreksel.  Ek gebruik net die skaapblokkies van Woolies – heerlik!

60ml blatjang

60ml wit jogurt

60ml mayonnaise

125ml amandelvlokkies, gerooster

Sap van ‘n halwe suurlemoen

  • Geur die hoenderstukke weerskante met sout en peper en die borrie
  • Stowe dit stadig in die klappermelk tot gaar.  Verwyder die vleis en plaas op opdienbord
  • Teen hierdie tyd behoort die klappermelk al lekker dik gekook te wees
  • Voeg die res van die bestanddele, (behalwe die amandelvlokkies), by en kook goed deur tot ‘n lekker dik sous
  • Proe en voeg meer borrie by indien nodig  
  • Skep sous oor die hoenderstukke en strooi die amandelvlokkies oor
  • Smullll!

Griekse hoender met suurlemoen en olywe

2.5 ml kaneel

2.5 ml borrie

1 heel hoender so 1.2 kg

30 ml olyfolie

1 groot ui, in dun skyfies gesny en gebraai tot deurskynend

5 cm stukkie vars gemmer, geraspe of 5 ml gemmerpoeier

600 ml hoender aftreksel (1 blokkie opgelos in kookwater)

2 vars suurlemoene in agstes gesny

75g ontpitte olywe

15 ml heuning

60 ml vars gekapte koljanderblare

Sout en peper

  • Voorverhit oond tot 190°C
  • Sout en peper die hoender na smaak
  • Meng borrie en kaneel en vryf die hoender daarmee in
  • Verhit die olie in ‘n pan en verbruin die hoender daarin
  • Plaas die hoender in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel, saam met die ui, gemmer  en die aftreksel
  • Sit die deksel op en bak vir 30 minute
  • Haal die deksel af en voeg die suurlemoene, olywe en heuning by
  • Bak vir nog 45 minute tot die hoender gaar is
  • Voeg koljanderblare by en geur met nog sout indien nodig 

Portugese hoendergereg

500g hoenderstukke

80ml suurlemoensap

60 ml olyfolie

30ml paprika

30 ml gedroogte  oreganum

30ml bruinsuiker

3 knoffeltoontjies, fyn gedruk

15ml rissievlokkies

5 ml sout

Peper na smaak

  • Meng alles deeglik saam
  • Smeer oor die hoenderstukke en laat staan vir so 6 ure.  Draai gereeld om
  • Bak in die marinade by 200°C tot sag en gaar
  • Bedien met ‘n pynappel en tamatieslaai

 

Volstruisnek

1 kg volstruisnek

250 ml tamatiepuree

3 lourierblare

2 blokkies skaapaftreksel

250 ml droë rooiwyn

Paar takkies vars tiemie en salie

2 dourissies, pitte verwyder, en fyn gekap

2 groot uie, gekap

  • Voorverhit die oond tot 180° C
  • Braai ui in ysterpan tot gaar en deurskynend, skep uit.  Sout en peper na smaak.
  • Verbruin vleisstukke
  • Voeg die res van die bestanddele by, asook genoeg kookwater om vleis te bedek, sit deksel op en bak in oond vir so 2 ure lank tot sag.

Morokkaanse lamsgereg

115g droë appelkose, oornag geweek in 150ml kookwater as dit baie hard is

2 el olyfolie

A groot ui, fyn gekpa

1 kg lamstowevleis soos stukkies van die blad

1 tl fyn komyn

½ tl fyn kaneel

½ tl gemaalde koljander

Sout en peper na smaak

Gerasperde skil en sap van ½ lemoen

1 tl saffraan

1 el amandelsplinters

1 blokkie lamsaftreksel

300 ml water

1 el geroosterde sesamesaadjies

  • Voorverhit oond tot 180 C
  • Verhit die olyolie in ‘n ysterpot
  • Braai die uie tot sag en glasig
  • Voeg die vleis, komyn, koljander, kaneel, sout en peper na smaak by en kook vir so 5 minute
  • Voeg nou die appelkose in hul water, aftrekselblokkie, skil en sap van die lemoen, die saffraan en amandel by
  • Sit die deksel op die ysterpot en bak vir so 1 tot 11/2 uur tot die vleis sag is
  • Voeg nog water by indien nodig
  • Rooster intussen die sesamesaadjies liggies in ‘n pan
  • Sprinkel oor die dis voor bediening

Skaapskenkels met molshope

Vier skaapskenkels

10ml gekapte roosmaryn

10ml vars pietersielie, gekap

5 ml basilieikruid, gekap

10ml brandrissie

5 ml koljander

Meng en vryf in die skenkels.

Sout en peper

15 ml meelblom

Strooi meel oor die skenkels en sout en peper

2 groot uie, fyn gekap en gebraai tot sag en deurskynend

4 wortels, geskraap en in wieltjies gesny

30ml basalmieseasyn

100ml sterk roobostee

150ml rooiwyn

2 blikke heel tamaties

  • Verbruin die skenkels in ‘n ysterpot
  • Voeg die res van die bestanddele by
  • Sit die deksel op en rooster stadig in die oond tot murgsag
  • Bedien met die molshope

Molshope

4 aartappels, gekook en fyngemaak

125ml roomkaas (ek het roomkaas met uie gebruik)

250ml room

15ml botter

250ml gerasperde cheddarkaas

1 tl bakpoeier

Sout en peper

  • Voeg roomkaas en botter by aartappels en meng goed
  • Geur met sout en peper
  • Skep die aartappel molshope met ‘n roomysskepper in ‘n gemeerde oondbak
  • Gooi room oor en besprinkel dit dan met gerasperde cheddarkaas

Bak vir so 40 minute by 180°C tot goudbruin   

Resep van "Plaaskombuis" op Via, kanaal 146

 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page