Vir iemand wat die skool al op 16 verlaat het, o.a. weens sy disleksie, het Jamie Oliver nie sleg gevaar in die grootmenswêreld nie.
Hy was nog nie eers dertig jaar oud nie toe die Britse Koningin hom 'n MBE toekenning gegee het
nie. EN dit eintlik vir die werk wat hy vir liefdadigheid en die algemende welsyn van die bevolking gedoen het, nie soseer vir sy kookprogramme nie.
Hy begin die restaurant "Fifteen", waar hy minderbervoorregte jong mense oplei as chefs, vat man
alleen die Britse regering aan oor die ongesonde kos wat aan skoolkinders vir middagete voorgesit word, en onlangs weer lei hy 'n aksie om die groot hoeveelhede suiker wat in koeldrank en voorafbereide kos gebruik word, te verminder.
Daarby het hy ook
'n projek, "Jamie's Dream School", begin waar hy bekendes wat regtig kenners op hulle vakgebiede is, soos die geskiedkundige, Dr David Starkey, gekry het om onderrig te gee in sy droomskool vir kinders wat vroeg al die skool verlaat het. Hy het goeie
resultate gekry, en heelwat van die kinders wat aan die projek deelgeneem het, sover gekry om terug te gaan na formele skoolonderrig. "n Paar is selfs universiteit toe na skool.
Jamie Oliver se kos is net soos hy - sonder pretensie, natuurlik
en onopgesmuk.
Ek was al so bevoorreg om 'n paar keer by van sy restaurante in London en Oxford te eet. Die "Barbecoa", is sy vlagskip restaurant, eintlik seker 'n braairestaurant (Steakhouse). Twee jaar gelede toe ek en my vriende Renée
en Chris daar geëet het, was Jamie en sy gesinnetjie self daar. Al vier kinders: Poppy Honey, Daisy Boo, Petal Blossom en Buddy Bear en daar is glo 'n vyfde enetjie op opad - wat gaan dié se naam tog wees, wonder mens?
Jamie het onlangs
die lande met die hoogste lewensverwagting gaan besoek, om uit te vind wat die mense eet om so oud te kan word.
Hy het toe 'n reeks programme gemaak waarin hy van die disse maak en verfyn - "Jamie's Superfood". Dit word Donderdae om 15:30 op kanaal
174 uitgesaai.
Maar soos Jamie maar kook, gee hy nie die hoeveelhede aan nie - 'n bossie van dit, 'n opgehoopte eetlepel van dat en so aan. Ek het toe die disse uitprobeer - wonderlik lekker, en daarby nog gesond ook. Gaan uit elke
program een of twee disse namaak.