250 gr ontbytspek
250 ml koekmeelblom
1 groot uit, fyn gekap
450 gr blik tert aspersies
250 gr margarien
± 900 ml melk
250 ml gerasperde cheddarkaas
50 ml fyn gekapte pietersielie
10 ml aangemaakte Mostert
2 ml sout
Knippie rooi peper
4 eiers, wit en geel geskei
Voor verhit die oond tot 180 °C
Smeer groot vierkantige oondbak, of twee rondes.
Metode:
1. Sny spek in stukkies –
braai spek en uie in pan. Haal uit en hou eenkant.
2. Smelt margariene in pan – roer koekmeel by en verwyder van stoof.
3. Dreineer aspersies – hou aspersiewater eenkant en voeg die melk by tot ongeveer 1 liter vloeistof.
4. Voeg
melk en aspersiewater by meel.
5. Plaas terug op stoof en roer tot kook.
6. Verwyder van stoof.
7. Voeg spekmengsel, aspersies, kaas, pietersielie, sout en peper by – meng goed.
8. Skei eiers – klits eiergele met vurk en roer
by die mengsel.
9. Klits eierwitte tot styf.
10. Vou in by aspersiemengsel (mengsel moet styf wees).
11. Gooi mengsel in oondbak.
12. Bak vir 40 minute tot goudbruin en gestol.
Kommentaar:
'n
Heerlike resep. As ek dit weer maak, sal ek darem maar 'n korsie bysit - mens mis die "crunch" daarvan.
Nou is die tyd om te belê in voorwerpe van die vyftiger-en sestigerjare, Soos die vasie en die vlekvrystaal tertbak. Dit is die antieke
van die toekoms.
Resep van Liplekker.co.za