 |
 |
|
 |
 |
Juffrou Lily sit regs voor.
Juffrou Lily was ons sangjuffrou in die laerskool. Maar eintlik het niemand haar so genoem nie - sy was mevrou Liebenberg, want die Vrystaat van ons kinderjare was maar 'n formele plek. Die grootmense het mekaar gemeneer en mevrou en daar was
niks van die omhelsings en drukkies van deesdae nie. Klein van postuur was sy, eintlik hiper petite, maar glo my, sy het daarvoor opgemaak met 'n formidabele persoonlikheid en hemelhoë spykerhakke wat Victoria Bechkham na haar asem sal laat snak.
Een kyk oor haar brilletjie het selfs die grootse landboulummels se planne om die klas te ontwrig, gestuit. (Maar die feit dat haar man die skoolhoof was, het dalk ook iets daarmee te doen gehad he he.) 'n Klein dogtertjie se droom, was
sy, want sy het baie mooi aangetrek. Benewens sang het sy ook naaldwerk vir die groot meisies gegee en al haar klere self gemaak. Die hele dorp het altyd Sondae met afwagting gewag vir die Liebenbergs om die kerk in te kom, want daar is vas geglo
dat mevrou elke liewe Sondag 'n splinternuwe uitrusting sou aanhê. Haar nooiensvan was Jaekel, en ek dink sy moes uit 'n baie musikale familie gekom het, want haar suster het Grey Primary in Bloemfontein se kore afgerig. Juffrou Lily, se
kore was egter legendaries. Die SAUK het 'n paar keer kom opnames maak wat in die jeugprogramme van daardie tyd uitgesaai is. Sy het immers in die jare sestig al aandag gegee aan asemhalingsoefeninge en stembouing. Ek het eers toe ek skoolmusiek
geneem het by Professor Philip McLachlan besef die gekoe, koe, koe, koe, koe, koe, koe kooo wat ons aan die begin van die klassse moes doen, eintlik oefeninge was om 'n meer homogene klank te probeer kry en asemhaling te oefen. Maar die grrotste skat
wat sy nagelaat het, is sekerlik die groot verskeidenheid liedjies uit elke moontlike genre wat sy haar leerlinge laat sing het. "Nursery rhymes", FAK -liedjies, die geliefde ballades van haar jong jare, "countryliedjies", klassiek, Duitse studenteliedjies,
kerkliedere, alles wat destyds beskikbaar was. Juis tydens skoolmusiek het ek vir die eerste keer besef watter groot reportorium van liedere ek al geken het, danksy haar.
Kindertuin
In Sub A is, afgeskop met Engelse "nursery rhymes", met bypassende gebare en dansies. Die hele lot is aangeleer, o.a. "Jack and Jill, HIckory dickory dock, This old man, Muffin man, Pat a cake", en my gunsteling "Rock a bye baby": "Rock a bye
baby, on the tree top When the wind blows the cradle will rock. When the bough breaks the cradle will fall, And down will come baby, cradle and all." (Heeltemal nie-polities korrekte woorde in vandag se tye :0)) Op
daardie stadium het ons darem ook die gewone "Eendjies, eendjies. al in 'n ry, Daar's 'n apie op 'n stokkie", en my gunsteling "Luister, luister", gesing: "Luister, luister wie daar fluister in die stille nag. Soetjies, soetjies ligte
voetjies, kom die fëetjies sag. Saggies, saggies, vol glimlaggies, dans hul om die maan. Goue lokkies, silwer rokkies het hul almal aan." Sal darem so graag die bladmusiek hiervan in die hande wil kry. Dit
was 'n pragtige ou liedjie.
FAK liedjies
Oorspronklike FAK Sangbundel
Die oorspronklike FAK Sangbundel het in 1937 verskyn. Dit het selfs 'n aantal skoolliedere bevat. Behalwe hiervoor, het ons die meeste van die liedjies op n' stadium leer sing en toe die hersiene bundel in 1961 verskyn, baie daarvan ook
deur gedraf. Hier is 'n paar van my gunstelinge waarvan daar opnames op Youtube beskikbaar is:
Ons het op n' stadium 'n operette, "Die heidenoointjie", deur Olof Andressen, opgevoer. Die lied kom eintlik hier uit
Patriotiese liedere
Die Vrystaat van die sestigerjare was 'n baie patriotiese plek. Uniefees, Republiekwording en so aan. Die FAK, soos almal dit genoem het, het natuurlik hope van hierdie tipe liedjies in gehad en ons het hulle met oorgawe gesing: "Afrikaners
landgenote, Dierbaar Suid-Afrika, Die Vlaglied, O, boereplaas, Die lied van Jong Suid-Afrika, Gent gij dat Volk, WIlhelmus van Nassau, Heft burgers lied der vrijheid aan" en so aan. "Heft Burgers lied der vrijheid aan", die Vrystaatse Volkslied
van 1854 tot 1902, het nog altyd vir my baie beteken, omdat my oupa en ouma as Vrystaatse burgers die verskrikking van die Engelse Oorlog deurgemaak het. Heft, Burgers, 't lied der vrijheid aan En zingt ons eigen volksbestaan! Van vreemde banden vrij, Bekleedt ons klein gemenebest, Op orde, wet en recht gevest, Rang in der Staten rij. Rang in der Staten rij. Al heeft ons land een klein begin, Wij gaan met moed de toekomst in, Het
oog op God gericht, Die niet beschaamt wie op Hem bouwt, Op Hem als op een burcht vertrouwt, Die voor geen stormen zwicht. Die voor geen stormen zwicht." Hier volg 'n paar gunstelinge.
"Die diere het stil staan en luister, die bome het bewend gefluister" - o dis mooi! So bly, sien Chris Cameleon het dit onlangs opgeneem saam met die Affies seunskoor. Kan nie wag om die CD te koop nie!
Vreemde tale
Dit sluit Engels in, want laat ons nou maar eerlik wees, Engels was maar 'n vreemde taal op die Vrystaatse platteland in die sestigs. Al wanneer ons dit ooit gehoor het was Saterdagaande in die fliek. Ons het letterlik Engels deur medium
Afrikaans geleer. Juffrou Lily het ons selfs in die klas in stemme laat sing. "Whispering hope" was 'n groot gunsteling, en dan die ballades uit haar jong dae waarvoor sy so lief was:
"Drink to me only with thine eyes, And I will pledge with mine; Or leave a kiss but in the cup And I'll not ask for wine." Enige sangjuffrou wat tienerseuns sover kan kry om dit te sing (en te geniet), is goed, dis nou nie
altemit nie he he!
As die koorgedeelte van die lied bekend klink, "You raise me up" is daarop gebasseer.
Ons het dit in Duits gesing, maar ek kan nie meer die oorspronklike titel van die liedjie onthou nie.
William Arthur Ward het op 'n keer geskryf: "The mediocre teacher tells. The good teacher explains. The superior teacher demonstrates The great teacher inspires." Juffrou Lily moes sekerlik "great" gewees het as mens
na amper ses dekades nog steeds na haar liedjies wil luister.
|
|
 |
|
|
|