Die ongelooflike natuur

Peter Schreier

Hoe interessant is die natuur darem nie!

 
 
Hoe verander seuntjies met pragtige solostemme na puberteit?  
 
Sommige, soos die beroemde Duitse tenoor, Peter Schreier, sak vanaf 'n alt na 'n tenoor. Ons eie Jacques Imbrailo (kyk onder "Van Drakie tot barihunk"), het as hoë seunssopraan naam gemaak, maar spog deesdae met 'n lieflike baritonstem.  Sy tydgenoot, Clint van der Linde, het weer van 'n hoë sopraan in 'n uitstekende kontra-tenoor verander.
 
Heelwat seuns met goeie solostemme het egter glad nie wafferse solostemme as volwassenes nie. So jammer.  Dink aan die eerste koorknaap wat 'n plaat gemaak het, Master Ernest Lough, wat as volwasse man 'n doogewone stem gehad het. 
 
Hier onder is 'n opname van Peter Schreier waar hy as kind Brahms se Wiegelied sing, en daarna weer Peter, maar hierdie keer as tenoor.  Verbasend.
Ons eie Rudi Neitz sing dit hoendervleis mooi - was lank gelede op 'n troue waar hy dit gesing het vir een van sy oud-studente.

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

30.08 | 12:44

It seems really a nice sharing due to its informative stuff which I will share with my dad after my https://www.goldenbustours.com/seattle-tour-packages/

...
06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
You liked this page