My seun, Gawie, noem sulke kos
"Ma-kos", m.a.w dis goed wat jy nie in restaurante te eet kry nie - "roly-poly-poeding", outydse "trifle" met baie rooi en groen jellie, blomkool/broccoli/Brusselse spruite met witsous en so aan.
Die foto's en resepte hier onder is van ons geslag se
"Ma-kos", die kos waarmee ons grootgeword het wat mens nooit meer sien nie.
Gaan nog sommer baie daarvan probeer maak :0) - gebakte vla, wit wortels (turnips), gestoofde kwepers met room, sneeupoeding, blamanche, melkpap en so aan.