Die Bella Skyhotel, Kopenhagen
Die Dene, maar seker eintlik al die Skandinawiese lande, is mos darem beroemd vir hulle ongelooflike ontwerp, nie alleen van geboue nie, maar ook meubels en glasware.
Ons hotel in Kopenhagen, het dus nie teleurgestel nie. Die 'n gewone
toeriste hotel, niks vyfster nie, maar net ongelooflike goed ontwerp en mooi.
Die kamers is heeltemal klankdig - hoor nie jou bure nie, hoor nie iemand wat in die gang verbyloop nie, en hoor selfs nie die reuse vliegtuie wat vanaf die lughawe daar
naby opstyg nie. Jy sien hulle net in die lug verby vlieg.
Twee toringgeboue van so 22 vloere elk, met 'n bruggie aanmekaar verbind op die 23e verdieping. Eie windlaaier kragopwekker en die Bella het selfs sy eie treinstasie.