Ode aan 'n eierklitser

 

Nogal ‘n Aussie van alle dinge is sy.  My Whippy.  Ontwerp en vervaardig in die vroëe dertigs van die vorige eeu  en nou al meer as 85 jaar voltyds in diens!

 

Huisopgesit saam met skoonma, ‘n baasbakster en onthaler van formaat, was Whippy aldag in diens.  Gedurende skoonma se getroude lewe van meer as 50 jaar, het sy immers nooit ‘n elektriese klitser gehad (of sover ek weet), begeer nie.

 

Vandag verstaan ek hoekom. 

 

 Is self darem al deur ‘n hele paar handklitsers, draadklitsers, elektriese handklitsers, voedselverwerkers en so aan, maar val elke keer weer terug op skoonma se Whippy. 

 

Eierklitsers het mos nou maar die manier om na ‘n ruk in gebruik, op een of ander wyse die drade gebuig te kry sodat hulle aan mekaar begin raak.  Buig soos jy wil aan hulle, maar die goed werk net nooit weer ordentlik daarna nie.

 

Eers het ek my klitsers vervang en opgradeer, maar vir die laaste 15 jaar of so, is Whippy weer voltyds in diens. 

 

Fenomenale patent – werk soos ‘n droom.  Drade draai seepglad en klits byna net so vinnig soos ‘n elektriese een.

 

Moet darem bieg dat ek al spesiaal winkel toe gery het met die idee om ‘n elektriese staanklitser te koop, dis nou ‘n Kenwood Chef tipe ding – so ‘n bloedrooie, maar as ek die prys sien, “eish”, bedink ek my baie gou – meer as R7000.  Daarmee kan mens immers so amper al ‘n vliegkaartjie Europa toe koop, of drie keer Kaap of Glentana toe vlieg.   

 

Die vlieëry wen elke keer, en Whippy werk volstoom voort.

 

EN om eerlik te wees , ek begeer deesdae glad nie eers meer ‘n staanklitser nie, hoewel ek nou nie sal nee sê vir ‘n paar deeghake nie.

 

Ek het Whippy bietjie gegoogle – “Swift whip ball drive” is haar volle naam.  Daar is skynbaar nog ‘n paar van hulle oor, dis nou in antieke winkels in Australië.  Kos nou so 25 tot 50 Aussie dollars, en by die een veiling was daar skynbaar 47 mense wat daarop gebie het.

 

Dit wys jou net. 

 

Kwaliteit bly koning.

 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page