St Petersburg teen skemer
So ‘n manier van reis is eintlik baie ekonomies, want dit sluit in al jou vervoerkoste tussen lande, akkommodasie, etes en vermaak.
As mens ‘n goeie
ontbyt eet, is dit selfs nie eers nodig om middagete op ‘n ekskursie op land te eet nie. Jy’s nie regtig honger nie, ons het maar net iets kleins geëet om die verskillende lande se disse (en bier), te proe.
Tee en koffie en koeldrank is gratis aan boord en sap by ontbyt. Wyn en bier, daarenteen is peperduur want jy betaal in dollar of euro.
So as jy nie bier of wyn drink nie, het jy regtig nie
baie uitgawes op so ‘n toer nie – net bietjie sakgeld.
Die dagekskursies wat die boot aanbied is duur, en nie so goed soos dié wat Van Dyktoere vir ons 30 Suid-Afrikaners
gerëel het nie. Ons het wonderlike plaaslike gidse op elke dagtoer gehad.
Ek het van die Amerikaners op die boot hoor kla dat hulle byvoorbeeld nie veel van St Petersburg gesien het op die
dagtoer wat deur die boot gerëel is nie – ‘n kanaalvaart en besoek aan die Hermitage Museum. Daarenteen het ons Peterhof, die Tsar se somerspaleis (so ‘n uur se ry buite die stad), besoek, ‘n tradisionele Russiese ete met
vodka, bortsch en so aan in ‘n hotel beleef, ‘n rit op die metro, ‘n kanaalvaart, die Hermitage Museum ens.
Dit alles vir heelwat goedkoper as wat die boot se dagekskursies bied.
Goeie waarde vir geld.
Elke aand is daar ook een of ander vermaak in die boot se teater aangebied. Die aand in St Petersburg bv ‘n Russiese geselskap met tradisionele danse, sang en ballet wat uitstekend
was.