Toe ons klein was, was koekoek muurhorlosies baie gewild. Die goed was fassinerend om dop te hou. MAAR, ek het jare laas ene gesien - wonder wat van almal geword het? In elk geval, al ooit gewonder of 'n koekoekvoëltjie
nou regtig sing soos dié in die horlosies?
Luister self hier onder. Die geluid het duidelik heelwat komponiste betower, want daar is pragtige klassieke musiek gekomponeer oor koekoeke. Het van die mooistes gelaai.
En
ja, hulle lê regtig hulle eiers in ander voëltjies se neste vir dié om groot te maak. Kyk die lieflike uittreksel uit 'n Attenboroughprogram oor die koekoeke hier onder.