Son, maan en sterre

Oor komete

Ikeya seki.

Komete, het my van kleins af gefassineer. 

In die eerste uitgawe van die ou Afrikaanse Kinderensiklopedie, wat ons in die huis gehad het en letterlik van hoek tot kant verslind het, was daar 'n gëillustreeerde artikel oor Halley se komeet wat net elke 80 jaar op die aarde te sien is.  Volgens die ou mense wat dit as kind belewe het, was dit 'n ongelooflike skouspel.

Daarby het my ma ons een nag in 1965 op Stellenbosch wakker gemaak om na die komeet, Ikeya seki, te kyk.  Dit het met so 'n sekelstert hoog bo die Pieke in die lug gesit - asemrowend!

Die uwe kon dus nie wag vir die jaar 1986 wanneer Halley weer te sien sou wees nie.

Wat 'n teleurstelling.  Ons het, selfs met 'n teleskoop, daarna probeer kyk en al wat te sien was, was so 'n melkerige wolkie.  En 2066 is nog verrr....

Hier onder is 'n opname van die "lied" wat 'n komeet, 67P/Churyumov-Gerasimenko, maak.  Dit is opgeneem deur die Rosetta wat om die aarde sirkel.

Wikipedia skryf soos volg oor die sg "lied":

"The "song" is seemingly caused by oscillations in the comet's magnetic field. It is being sung at 40-50 millihertz, far below human hearing. This recording increases the frequency by a factor of 10,000 to make it audible."

Fassinerend.

 

 

Musiek gëinspireer deur hemelligame

Halley se komeet in 1986.

Deur die eeue heen is daar heelwat musiek gekomponeer wat deur die son, maan en sterre geëinpireer is, of iets daarmee te doen het.

Hier volg van die mooiste:

 

 

Die musiek is as't ware gekomponeer om aan hemelliggame te koppel. Pragtig.
Holst oor die planete
Mozart se variasies op "Twinkle, twinkle, little star"
"Die reis van die son", uit "Planet earth"
Debussy: "Clair de lune" - maanlig
"Beautiful moon, dappling with silver"
Rossini se "Morning song"
Joseph Schmidt, sterf baie jonk in 'n Duitse konsentrasiekamp.

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page