Mary Berry se "lemon drizzle cake"
Hierdie is 'n Mary Berryresep en ideaal vir klein mensies om self te maak
2 eiers
87.5g bruismeel
87.5g strooisuiker
87.5g sagte botter
knippie sout
3/4 tl bakpoeier
fyngerasperde skil van 1/2 suurlemoen
Vir versiering:
50g suiker
sap van 1/2 suurlemoen
- Voorverhit oond tot 180°C
- Klop die hele kaboedel saam tot baie goed gemeng (dis nou behalwe die versiering)
- B-a-k vir so 30 minute tot goudbruin
- Meng suurlemoen en suiker vir versiering en drup oor koek wanneer
dit nog warm is
Kommentaar:
- Gebruik 'n klein pannetjie, want dis 'n miniskule resep
- Die koek is nie so suur dat kinders nie daarvan sal hou om te eet nie