 |
 |
|
 |
 |
Melktertpoeding
1 liter melk 2 eiers 1k suiker 50ml mielieblom 20ml vlapoeier 5 ml vanieljeekstrak 2.5 ml amandelgeursel Knippie sout Kaneel om oor te strooi Geroosterde amandelvlokkies vir
garnering - Verhit 750ml van die melk en die suiker tot suiker opgelos is en melk kook
- Klits die eiers en die res van die melk effens tot goed gemeng. Voeg geursels by.
- Maak ‘n pappie aan van die mielieblom, vlapoeier en
sout saam met ‘n titsel melk
- Roer by die ander melk sodra dié begin kook
- Hou aan roer tot die mengsel dik word – dit word baie gou dik
- Strooi kaneel en amandelvlokkies oor voor bediening
Jy kan die mengsel ook oor ‘n beskuitjiekrummelkors gooi vir ‘n tert . Die hele oefening neem letterlik net so 5 minute
Gemmerpoeding
Stroop 3 x 250 ml water 200ml suiker 7 ml fyn gemmerpoeier - Gooi in swaarboomkastrol met digte deksel
- Laat kook vir ’n paar minute
Deeg
125ml botter 125ml heuning/gouestroop 5 ml koeksoda 1 eier, geklits 300ml koekmeelblom Knippie sout - Smelt botter en heuning/gouestroop
- Roer en voeg dan die res van die bestanddele by –
meng weer
- Skep die deeg in die kokende stroop
- Kook vir 7 minute oor middelmatige hitte, maar moenie die deksel lig nie
- Sit voor met vla of vanieljeroomys
Ideaal vir kampeerders
Sjokolade souspoeding
180 g bruismeel 45 ml kakao 125 ml suiker 200 ml melk 60 ml gesmelte botter Stroop 125 ml suiker 500 ml water 125 ml kakao - Voorverhit oond tot 180°C
- Meng
al die bestanddele, behalwe vir die stroop, saam tot glad
- Skep beslag in ‘n 1l bak
- Verhit bestanddele vir die stroop tot kookpunt
- Gooi die warm stroop oor die besslag
- Bak 20 tot 25 minute tot toetspen skoon uitkom
Kommentaar Ek het neutestukkies bygevoeg, asook rumgeursel, of gooi so 60 ml whisky oor wanneer die koek uit die oond kom Resep van “Sarie”
River Café se Peer –en amandeltert
Gebruik die smeerkorsie by die resep vir melktert op hierdie blog Voor verhit oond to 180°C Vulsel: 175g sagte botter 175g strooisuiker 1 pakkie amandelstukkies 2 eiers 3 ryp pere,
geskil, stronke verwyder en gehalveer - Room botter en suiker tot lig en romerig
- Voeg die botter en suikermengsel by die amandelstukkies en meng
- Klop die eiers een vir een by
- Pak die pere op die korsie (ongebak)
- Gooi
die degie oor en bak vir 40 minute tot goudbruin
Pannekoek met ‘n melktertvulsel
Vulsel 500 ml melk 125g botter 125 ml mielieblom 125 ml strooisuiker 1 eier Knippie sout
1 tl vanielje ekstrak - Kook melk en botter stadig tot botter gesmelt het
- Maak mielieblom aan met ‘n bietjie water tot ‘n pappie
- Voeg res van die bestanddele
by – sorg dat eier ingeklits is
- Voeg by die melk en kook stadig vir 10 minute terwyl jy dit die heeltyd
- Laat afkoel en gebruik as vulsel vir pannekoek
Nartjie pannacotta (Vier ruim porsies)
200 ml room 50g strooisuiker 6g gelatien 250 ml volroom Griekse jogurt 60 ml nartjiesap (so 2 nartjies, hou sap wat oor is vir die stroop) Gerasperde skil van een nartjie Stroop 125 ml
suiker 125 ml nartjiesap 5 ml rooswater Verhit room, nartjie sap en skil en suiker oor lae hitte tot suiker gesmelt het - Verhoog hittegraad en bring mengsel tot kookpunt
- Verwyder van die stoof
- Plaas
50 ml water in 'n bakkie en strooi gelatien oor. Los vir so 2 minute
- Voeg jogurt by en meng deeglik tot gelatien alles opgelos het
- Laat vir 5 minute afkoel
- Plaas jogurt in mengbak en roer roommengsel geleidelik by
- Giet in glasies of vormpies as jy dit wil uitkeer
- Kook ‘n stroop van 125 ml suiker, 125 ml nartjiesap en 1 tl rooswater
Skep 'n klein skeppie van die stroop in die middel
Wit sjokoladepannacotta met olywe
275g wit sjokolade, fyn gekap 600g room 1/3k strooisuiker 1 tl vanielje ekstrak 2 el kookwater 2 tl gelatien 250g wit jogurt Wit sjokolade- en olyfkoekies - Meng sjokolade, room, suiker en
vanielje in ‘n kastol
- Verhit vir so 5 minute tot sjokolade gesmelt het en mengsel glad en deurwarm is (nie kook)
- Verwyder van die hitte en laat effens afkoel vir 5 minute
- Sprinkel gelatien oor die kookwater, klits met ‘n
vurk tot gelatien opgelos het en laat staan om effens af te koel
- Voeg by die roommengsel, meng deeglik en laat staan vir 15 minute
- Meng die jogurt goed in en gooi die mengsel dan in glasies of vormpies
- Plaas in die yskas tot gestol
(so 6 ure)
- Bak intussen die witsjokolade- en olyfkoekies.
- Bediening: Sny vir elke pannacotta ‘n langwerpige stukkie uit ‘n beskuitjie (vir garnering ) en krummel die res daarvan om bo-op die pannacotta te bedien saam met ‘n
paar stukkies gekapte olyf.
Pannacottaresep van http://www.taste.com.au Wit sjokolade-en olyfkoekies 200g sagte botter 100g strooisuiker 1 eier 300g koekmeelblom
5 ml bakpoeier Knippie sout 50g swart olywe, pitte verwyder en fyngekap (sonder enige vloeistof) 80g wit sjokolade, fyngekap - Voorverhit die oond tot 200 °C
- Voer ‘n bakplaat uit met gesmeerde bakpapier
- Room botter en suiker tot lig en donsig
- Klop die eier by
- Sif meel, bakpoeier en sout bietjie vir bietjie by
- Klop goed tot ‘n stywe deeg gevorm word
- Voeg olywe en sjokolade by
- Breek stukkies deeg af en
druk plat (dun), op die bakplaat
- Bak 10 tot 15 minute tot goudbruin
- Bedien saam met sjerrie vir voorgereg of as 'n nagereg met vanieljeroomys en kersiecoulis (stroop)
Basiese resep uit "Two", van Seline en Leandri van
SA Masterchef faam
Roomys met Turkse lekkers, sjokolade, neute en frambose
150g vars frambose 1 tl versiersuiker 55g Turkse lekkers (Turkish delight), van dié wat met sjokolade bedek is Vanielje roomys Vir bediening 1 plaak donker sjokolade 125 ml geroosterde
neute (grof gekap) Vars kruisement - Verpulp die frambose en versiersuiker
- Kap die Turkse lekkers in growwe stukke
- Skep ‘n laag roomys in glasbakkies, dan ‘n laag framboospuree en Turkse lekkers
- Garneer
met stukkies donkersjokolade, die gekapte neute en die kruisement
Resep: Garden en Home
Appeliefie- en klappermelk pannacotta met boegoebrandewyn
1 blik ligte klappermelk 17ml gelatien 80ml gouestroop 15 appeliefies, fyn gesny 15ml boegoebrandewyn Paar heel appelliefies vir garnering - Week appeliefies in die boegoebrandewyn terwyl die melk verhit
word
- Meng 1k melk en gelatien in ‘n kastrol – laat staan vir 5 minute
- Verhit stadig tot die gelatien opgelos het. MOENIE DIT KOOK NIE.
- Verwyder van die hitte en voeg gouestroop en die res van die melk by
- Gooi
in bakkies en laat stol
- Garneer
Appeljaffles met karamelsous
Ons ken dit as “snackwiches”. Het deur die jare miljuisende “snakwiches” gemaak, maar almal met ‘n soutvulsel. Hierdie soet appelvulsel is op “Australian Masterchef” gemaak. Jy moet dit probeer.
Ek het sommer bruin brood gebruik – dit vorm ‘n heerlike broskorsie. 1 blik tertappels 15 ml brandewyn 125 ml rosyne Knippie sout Paar spekulaasbeskuitjies, gebreek
Suiker, kaneel en gemengde speserye na smaak. Onthou die karamelsous is baie soet. - Maak die broodjies soos gewoonlik in jou ”snakwich” masjientjie
- Bedien met karamelsous
Herman Lensing se karamelsous
200g witsuiker 100ml water 50g botter Knippie sout 125ml room - Verhit die suiker in die water en klits met ‘n draadklitser tot die suiker opgelos is
- Bring tot kookpunt en laat vinnig kook (sonder om
te roer), tot ‘n goue karamel vorm
- MOENIE DIE SOUS ROER NA DIE SUIKER OPGELOS HET NIE
- Verwyder van die hitte en voeg botter by.
- BEWEEG DIE POT STADIG HEEN EN WEER TOT DIE BOTTER GESMELT HET. MOENIE DIT ROER NIE!
- Voeg room by. NOU KAN JY DIE MENGSEL NA HARTERLUS ROER met ‘n draadklitser tot ‘n gladde karamelsous.
- Eet en geniet :0)
Appelliefie- en citrus panna cotta
250 ml room 1 vanieljepeul, saadjies geskraap 60g strooisuiker 6g gelatien 250 ml volroom Griekse jogurt 15 vars appeliefies, fyn gekap Ingelegde citrustukke soos kumkwat of lemoen - Verhit room,
vanielje, suiker en appeliefies oor lae hitte tot suiker gesmelt het
- Verhoog hittegraad en bring mengsel tot kookpunt
- Verwyder van die stoof
- Plaas 50 ml water in 'n bakkie en strooi gelatien oor. Los vir so 2 minute
- Voeg roommengsel by en meng deeglik tot gelatien alles opgelos het
- Laat vir 5 minute afkoel
- Plaas jogurt in mengbak en roer roommengsel geleidelik by
- Giet in glasies
- Garneer met vars appeliefies en citrusstukkies
Appelnagereg uit St Petersburg
Alles eetbare blomme - gousblomme, kappertjies en gesiggies.
5 ongeskilde appels, gehalveer en stronke verwyder 4 eiers, geskei 1 suurlemoen, skil gerasper en sap daarna uitgedruk van ½ een 2 el suiker 300g suurroom 1 el meel Suur bessiekonfyt (grof, met heel bessies),
bv kersie, framboos ens. - Smeer ‘n oondbak
- Pak halwe appels daarin met ronde kant onder
- Vul die holtes in die appels met die konfyt
- Klop alles saam (behalwe eierwit) en meng goed
- Klits die eierwitte tot
medium punte stadium
- Vou versigtig in die mengsel
- Bak by 120°C vir 50 minute tot die appels sag is goudbruin
Resep: Russian Kitchen
Dadelhappies
Ek het onlangs op die lughawe van Abu Dhabi, verskillende dadelhappies as geskenkies gekoop. Die goed was peperduur en maar effentjies. By die huis het ek toe ‘n paar verskillende happies self probeer maak. MAKLIK EN GOEDKOOP!
Ideale plaasvervanger vir nagereg. Koop vars, heel dadels, nie te groot nie, anders is die ou spulletjie te soet. Dadels met heel amandels Vars, heel, dadels Heel, afgedopte amandels, effens gerooster in die
oond - Maak ‘n snit in die lengte van elke dadel en vul met ‘n heel amandel
Sjokolade dadels Vars, heel, dadels Goeie kwaliteit sjokolade Hout, sosatiestokkies Bloemiste oase
- Steek ‘n stokkie aan die bo-punt van elke dadel
- Smelt die sjokolade in ‘n bak oor kokende water. Die bak moet nie aan die water raak nie
- Doop die dadel in die gesmelte sjokolade en steek die stokkie dan in die oase
sodat die dadels kan droog word
Sjokolade-en neut dadels Vars, heel, dadels Goeie kwaliteit sjokolade Hout, sosatiestokkies Bloemiste oase Gevlokte amandelstukkies, effens gerooster in die oond.
Laat koud word - Steek ‘n stokkie aan die bo-punt van elke dadel
- Smelt die sjokolade in ‘n bak oor kokende water. Die bak moet nie aan die water raak nie
- Rol die amandelvlokkies fyner met ‘n rolstok tot
klein stukkies, maar nie tot poeier nie
- Doop die dadel in die gesmelte sjokolade en rol dit dan in die amandels
- Steek die stokkie in die oase om droog te word
Rabarberkrummelpoeding (rhubarb crumble)
20 rabarberstingels, so 20cm lank elk, gewas en in stukkies gesny 150g strooisuiker Krummelbolaag 250g koue botter, in stukkies gesny 350g koekmeelblom 100g bruinsuiker Knippie sout 50g
rosyne of vrugtekoek vrugte versiersuiker (gesif), vir afronding - Voorverhit oond tot 170°C
- Kook rabarber en strooisuiker oor lae hitte vir 5 minute, roer gereeld
- Verwyder van die hitte en hou eenkant
- Krummel
bolaag: vryf die botter in die meelblom, sout en bruinsuikermengsel tot krummels gevorm word en roer dan rosyne by
- Gooi die rabarber in ‘n tertpan en strooi krummelmengsel oor
- Bak vir 15 minute tot die krummels goudbruin is
- Bestuif
met versiersuiker en bedien warm met vla of roomys
Resep van taste.au.com
Vinninge sjokolademousse met malvalekkers
150g klein malvalekkers 50g sagte botter 250g donkersjokolade, fyn gekap 60ml warm water van ketel wat onlangs gekook het 284 ml room 1 tl vanielje ekstrak of 1 vanieljepeuel se saadjies uitgekrap - Gooi
malvalekkers, sjokolade, botter, en water in ‘ n swaarboom kastrol
- Verhit oor stadige hitte tot lekkers en sjokolade gesmelt het
- Verwyder van die stoofplaat
- Klop intussen die room en vanielje tot dik
- Vou die sjokolademengsel
versigtig in tot baie goed gemeng
- Gooi die mengsel in glase en verkoel tot geset
Resep van Nigella Lawson
Ligte en maklike klappermelk Panna Cotta
1 blikkie klappermelk (light) 1 tl vanielje ekstrak of een vanieljepeuel 17 ml gelatien 1/3k heuning of goue stroop Halwe pynappel (afgeskil en in dun stokkies gesny) 15 ml swart sesamesaadjies 5 ml botter
- Meng 1k klappermelk en gelatien . Laat staan vir 5 minute om gelatien te laat ontwikkel
- Voeg vanielje by
- Verhit stadig tot gelatien opgelos het. Moenie dit laat kook nie
- Verwyder van die hitte en roer heuning
en die res van die melk by
- Gooi in gesmeerde vormpies of glasbakkies
- Laat stol in yskas vir ten minste vier ure
- Bak sesamesaadjies in ‘n droë pan tot die reuk sterk deurkom
- Voeg botter en pynappel by en braai
pynappel tot goudbruin
- Laat volledig afkoel
Bediening: - Ontvorm Panna Cotta
- Garneer met pynappel, sesamesaadjies en eetbare blomblare soos dié van Afrikaners of gousblomme
Heuning gebakte perskes met roomys
250 ml room 100 g nougat met neute, gekap 100 g fyn gekapte gekoopte meringue 45 ml sagte bruinsuiker 100 ml heuning 1 vanieljepeul, saadjies uitgekrap 60 ml water 12 perskes, gehalveer en ontpit
Roomys - Klits room tot stywe puinte vorm
- Vou nougat en meringue in die room
- Skep in roomysbak en vries oornag
Perskes - Plaas vrugte in kolwyntjiepan
- Meng
suiker, heuning, vanielje en water
- Gooi ‘n bietjie van die suikerstroop oor elke perske
- Bak by 180 ° C tot sag
- Sit warm perskes voor met roomys
Resep van "Sarie Kos"
Peer en sjokoladepoeding
2 blikkies pere, gedreineer 125g koekmeel 25g kakao 5 ml kaneel
125g strooisuiker 150g botter, effens saggemaak 5ml bakpoeier 1.25ml
koeksoda Knippie sout 2 groot eiers 10ml vanieljegeursel 75g
vrugte en neutsjokoladeplaak, grof gekap 60ml whiskey Room -
Smeer ‘n oondbak 18x25cm met botter -
Sny die pere
in die helfte en rangskik op die bodem van die bak -
Meng alle bestanddele saam behalwe die sjokolade, tot ‘n stywerige deeg -
Skep oor die pere -
Strooi die stukkies heel sjokolade oor -
Bak
by 190°C vir 25-30 minute tot gaar -
Prik met ‘n vurk wanneer dit uit die oond kom en gooi whiskey oor -
Bedien warm met room Alles kan voor die tyd klaargemaak
word, en dan net gebak word so ‘n halfuur voor dit benodig word. Kelkiewynresep, effens verander.
Whisky pannacotta met framboossous (coulis)
Pannacotta 200 ml room 60 ml whisky 50g strooisuiker 6g gelatien 250 ml volroom Griekse jogurt - Verhit room, whisky en suiker oor lae hitte tot
suiker gesmelt het
- Verhoog hittegraad en bring mengsel tot kookpunt
- Verwyder van die stoof
- Plaas 50 ml water in 'n bakkie en strooi gelatien oor. Los vir so 2 minute
- Voeg room by en meng deeglik tot gelatien alles
opgelos het
- Laat vir 5 minute afkoel
- Plaas jogurt in mengbak en roer roommengsel geleidelik by
- Giet in glasies of vormpies as jy dit wil uitkeer
- Verkoel tot gestol
Framboossous
60 ml suiker 1 1/2 el water 250g frambose - Verhit
suiker en water tot suiker gesmelt het
- Voeg mengsel by die frambose en verpulp
- Sif die mengsel
- Skep bo-op pannacotta wanneer lg geset het
- Garneer met gesiggies, geroosterde hawermout en basilieblare
Verskillende pannacottas
Panna Cotta met pruim en heuning geroosterde saadjies
Pannacotta met pruim en heuning geroosterde saadjies (Vier ruim porsies) 250 ml room 1 vanieljepeul, saadjies geskraap 50g strooisuiker 6g gelatien 250
ml volroom Griekse jogurt Pruimkonserf, of dik konfyt 1 el gemengde saadjies (wit en swart sesamsaadjies en poppysaadjies) 1 tl heuning en 1 tl botter/kookolie. Braai saam met saadjies in pannetjie tot karamel - Verhit
room, vanielje en suiker oor lae hitte tot suiker gesmelt het
- Verhoog hittegraad en bring mengsel tot kookpunt
- Verwyder van die stoof
- Plaas 50 ml water in 'n bakkie en strooi gelatien oor. Los vir so 2 minute
- Voeg
jogurt by en meng deeglik tot gelatien alles opgelos het
- Laat vir 5 minute afkoel
- Plaas jogurt in mengbak en roer roommengsel geleidelik by
- Giet in glasies of vormpies as jy dit wil uitkeer
- Breek saadjies met 'n vurk
uitmekaar en strooi oor Panna Cotta
- Skep 'n klein skeppie van die konserf in die middel
Kommentaar: - Kelkiewynresep
- Ideaal vir 'n laat ontbyt ("brunch')
- Nie baie soet nie
Rooibos en appeliefie Panna Cotta
Rooibos en appeliefie Panna Cotta (Vier ruim porsies) 250 ml room 1 vanieljepeul, saadjies geskraap 60g strooisuiker 6g gelatien 250 ml volroom Griekse
jogurt Sterk rooibosekstrak - vier sakkies op 50 ml kookwater 15 vars appeliefies, fyn gekap - Verhit room, vanielje, suiker en appeliefies oor lae hitte tot suiker gesmelt het
- Verhoog hittegraad en bring mengsel tot
kookpunt
- Verwyder van die stoof
- Plaas 50 ml rooibosekstrak in 'n bakkie en strooi gelatien oor. Los vir so 2 minute
- Voeg roommengsel by en meng deeglik tot gelatien alles opgelos het
- Laat vir 5 minute afkoel
- Plaas jogurt in mengbak en roer roommengsel geleidelik by
- Giet in glasies
- Garneer met vars appeliefies of eetbare blomme
Kommentaar: - Aangepaste Kelkiewynresep
- Nie baie soet nie
|
|
 |
|
|
|