 |
 |
|
 |
 |
Beskuitjies en koekies
Hertzogkoekies
Kors 450ml koekmeel (ongesif afgemeet) 35ml strooisuiker 10ml bakpoeier 1ml sout 125g margarien by kamer temperatuur 15ml koue water 3 gele van ekstra groot eiers Vulsel
50-75ml fyn appelkooskonfyt 3 eierwitte van ekstra groot eiers 300ml suiker 500ml klapper Kors - Voor verhit oond tot 180°C
- Sif die koekmeel, strooisuiker, bakpoeier en sout
saam.
- Vryf die margarien liggies met vinger punte in tot goed gemeng.
- Klits die eiergele en water effens, voeg by die meelmengsel en meng tot ‘n sagte, hanteerbare deeg.
- Voeg nog ‘n bietjie water by as die deeg te styf
is.
- Knie die deeg goed.
- Bedek en laat eenkant staan..
- Smeer die holtes van kolwyntjiepannetjies.
- Rol die deeg dun uit op ‘n meelbestrooide werkoppervlak.
- Druk groot sirkels met ‘n koekiedrukker uit en
voer die panne en holtes daarmee uit.
Vulsel - Skep ‘n teelepel appelkooskonfyt in die middel van elke korsie.
- Klits die eierwitte tot styf.
- Klits die suiker geleidelik by.
- Roer die
klapper by.
- Skep lepelsvol van die vulsel op die appelkooskonfyt bo-op die korsies.
- Bak die koekies 20-25 minute op die middelste oondrak.
- Laat hulle effens in die panne afkoel.
- Lewer 12-15 porsies.
Resep:
Kreatiewe kosidees
Vinnige vetkoekies met rosyne
3 ½ k meelblom 1 el bakpoeier 1 tl sout 1 tl fyn gemmer 3 eiers 1 k suiker 1½ k dikmelk, karringmelk of melk 2k pitkose rosyne 1 tl vanieljegeursel Olie vir diepbraai Kaneelsuiker
- Sif die meel, bakpoeier, sout en gemmer saam
- Klits die eiers en die suiker goed saam in ‘n aparte bak. Gooi melk by en klits verder
- Voeg die meelmengsel by en meng goed
- Vou die rosyne en vanieljegeursel in en
meng deeglik
- Verhit die olie in ‘n kastrol en skep teelepels vol van die deeg in die warm olie
- Diepbraai tot goudbruin
- Dreineer op ‘n papierhanddoek
- Strooi kaneelsuiker oor voor bediening
Hartskombuis.
Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag
Grondboon-en pretzelstafies
Voorverhit oond tot 180°C Brosbroodbasis 250g sagte botter 200g strooisuiker 320g koekmeelblom 50g mielieblom Bolaag
2 blikke kondensmelk 120g botter 60ml gouestroop 400ml pretzels 250g geroosterde, gesoute grondbone Basis - Klits botter en suiker saam tot romerig
- Vou die meelblom en mielieblom in
tot ‘n droë mengsel vorm
- Smeer ‘n rolkoekkoekpan en voer uit met bakpapier
- Druk die mengsel op die bakplaat vas
- Maak gelyk met ‘n eierspaan
- Bak vir 20 minute tot goudbruin en deurgaar
Bolaag
- Meng kondensmelk, gouestroop en botter in ‘n kastrol
- Roero or matige hitte tot die mengsel ‘n goudkleur kry
- Toets of die toffiemengsel gereed is deur ‘n bietjie van die mengsel in koue water te drup. Dit is
reg as dit ‘n ferm bolletjie vorm.
- Verwyder van die hitte en smeer die toffiemengsel oor die basis
- Sprinkel die pretzels en neute oor en druk dit stewig vas
- Laat goed afkoel en sny in stafies
Die resep sê
jy moet die koekies in ‘n lugdigte houer bêre tot jy dit wil verpak vir ‘n geskenk, maar glo my dit gaan opwees lank voor die verpakkingstadium – heeeltemal te lekker om weg te gee :0) Resep uit “Idees”
van November 2016.
Brosbrood met aarbei
500g botter, in blokkies gesny 100g meel 100g suiker 1 eier 8 aarbeie in dun skyfies gesny 4 tl strooisuiker 32g versiersuiker 1 tl suurlemoensap - Voorverhit oond tot 180° C
- Voer
rolkoekpan uit met bakpapier
- Meng botter, meel en suiker
- Vryf die botter in die meelmengsel met die punte van jou vingers tot die mengsel soos krummels lyk
- Voeg eier by en meng deeglik
- Vorm die deeg in ‘n silinder,
sny sirkels af, drukelke koekie plat met jou handpalm en sit op bakplaat
- Plaas in yskas vir een uur
- Sny kepies op elke beskuitjie (score) met ‘n mes
- Plaas twee aarbeiestukkies op elk
- Besprinkel elke koekie met stooisuiker
- Bak vir 15 minute to goudbruin
- Laat afkoel
- Versiersel: Meng versiersuiker en suurlemoensap tot glad en bedruip (drizzle) koekies daarmee
Maak die koekies op die dag waaarop jy dit wil bedien – die aarbei is geneig
om die brosbrood pap te maak. Resep van “Taste Magazine”, van Woolworths
Papawersaad-brosbrood uit Rusland
250ml sagte botter 125ml strooisuiker 5 ml vanielje ekstrak 1 ml sout 500ml koekmeel 80ml papawersaad - Verwerk botter, suiker en geursel in ‘n voedselverwerker
- Voeg sout en meel by
- Pols ‘n paar keer tot byna gemeng
- Voeg papawersaad by en werk deur tot ‘n deeg vorm
- Draai deeg in kleefplastiek toe en laat rus in die yskas vir 30 minute
- Voorverhit oond tot 180° C
- Voer bakplaat
uit met bakpapier
- Rol die deeg uit tot so 4mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak
- Druk vorms uit en bak vir 15 minute tot ligbruin
- Los koekies ‘n rukkie in die pan – dit sal nog sag wees
- Laat verder afkoek
op droograk
- Bestuif met versiersuiker voor bediening
Resep van “Landbou.com”
Kersie-en neutvingertjies
Maak so 18 koekies 150 g sagte botter 100 ml strooisuiker 3 ml amandelgeursel 375 ml meelblom 8 ml bakpoeier 30 g fyn amandels (vlokkies fyngerol) 75 g rooi en groen kersies knippie sout
15 ml versiersuiker - Room botter en suiker tot lig en romerig
- Voeg amandelgeursel by
- Sif meel, bakpoeier en sout saam
- Voeg by die bottermengsel en meng deeglik tot ‘n sagte deeg vorm
- Voeg neute en kersies
by
- Druk ¾ van die deeg plat in ‘n 20cm x 20cm gesmeerde koekpan
- Rasper die oorblywende deeg oor
- Bak by 180°C vir 25 minute
- Verminder die oondtemperatuur tot 160°C en sny koekies in vingertjies
- Bak
verder vir nog 10 minute tot goudbruin
Resep van Royal Bakpoeier
Sjokoneutkoekies
125g sagte botter 100g bruinsuiker 1 eier 225g meelblom 200g klein sjokoladeknopies/stukkies 150g fyngekapte neute Knippie sout - Voorverhit die oond tot 180°C
- Voer 'n groot bakplaat
uit met bakpapier
- Klop botter en suiker goed saam
- Voeg eier by en meng goed deur
- Sif die meelblom en sout by en meng
- Voeg neut en sjokolade by en meng deeglik tot stywe deeg
- Vorm klein balletjies, okkerneutgrootte,
en plaas op die bakplaat, so 3cm vanmekaar
- Druk die balletjies plat met jou handpalm
- Bak vir 20 minute tot goudbruin
Nutellabruintjies met byt
600g Nutella 4 groot eiers 120 g meelblom 5 ml gedroogde rissievlokkies 5 ml seesout soos Maldon - Voer ‘n 18.5 x 18.5 cm bakpannetjie uit met foelie
- Meng al die bestanddele saam en klop tot glad
- Gooi in die pannetjie en bak by 180 °C vir 25 minute of tot gestol
- Laat koud word en sny
- Bestuif met kakaopoeier en versiersuiker
Kelkiewynresep
Amandelkoekies uit Finland
225g sagte botter 100g strooisuiker 1 eier 1 tl amandelgeursel 375g meelblom ¼ tl sout Om koekies in te rol 3 eiers, geklits 100g strooisuiker
150g fyngekapte amandels (nie vlokkies nie) -
Voorverhit oond tot 180°C -
Room botter en 100g strooisuiker saam -
Roer een eier en die amandelgeursel
by -
Sif meelblom en sout -
Roer dit dan by die eier/botter mengsel -
Vorm stompies van 1cm dik en so 5 tot 7cm lank, of okkerneutgrootte ronde balletjies -
Doop elke koekie eers in die eier,
dan die oorblywende strooisuiker en laastens in die fyngekapte amandel -
Plaas dit so 2 tot 3 cm uitmekaar op ‘n gesmeerde bakplaat -
Bak vir 8 tot 10 minute by 180°C
Deense botterkoekies
240g sagte botter 3/4k strooisuiker ¼ tl sout
1.5tl vanielje ekstrak 1 groot eiergeel 2k meelblom
-
Klop botter, suiker, sout en vanielje ekstrak tot sag en romerig -
Voeg eier by en meng goed -
Voeg meel by en roer net tot goed gemeng -
Vorm deeg in ‘n polonie en verkoel oornag in die yskas
-
Sny in skyfies, versier na smaak -
Bak so 8 na 10 minute by 160°C tot ligbruin en gaar Die koekies smaak net soos die Deense botterkoekies in die blou blik.
Portugese klappertertjies
Heerlike ligte, smelt-in-die mond tertjies sonder kors en sonder meelblom. 30ml mielieblom 240ml melk 3 groot eiers 200g strooisuiker Fyngerasperde skil van een suurlemoen 90g fyn klapper 30ml
gesmelte botter 1.25ml amandelgeursel - Voer 'n 12-holte muffinpan uit met papiermuffinbakkies
- Los die mielieblom op in 80ml van die melk
- Meng eiers, suiker en suurlemoenskil goed saam
- Voeg nou die res van die melk,
klapper, gesmelte botter, en amandelgeursel een vir een by en klop goed na elke byvoegsel
- Skep die deeg in die holtes m.b.v. 'n soplepel tot so 6mm van bo af
- Bak by 190°C vir so 20 tot 25 minute tot goudbruin
Resep van Kelkiewyn Kookskool
Bros neutekoekies
Bordjie R20,00 en gesnyde glashouertjie R25,00. Gekoop by die Antiekemark van die Voortrekkermonument
500 ml koekmeelblom 5 ml kaneel 2 ml koeksoda 1 ml sout 250 g sagte botter 250 ml strooisuiker 2 eiers, geklits 5 ml vanieljegeursel 200g gekapte neute - Voorverhit oond tot 160°C
- Smeer ‘n groot rolkoekpan
- Sif die meel, kaneel, koeksoda, en sout saam
- Verroom botter en suiker
- Roer 60ml van die geklitste eier en die vanieljegeursel by
- Voeg die meelmengsel en die helfte van die neute by en
meng goed tot ‘n deeg
- Maak jou hande klam en versprei die deeg dan eweredig oor die pan
- Verf met die res van die eier
- Sprinkel die res van die neute oor
- Bak vir 20 tot 25 minute tot ligbruin en gaar
- Sny in
vierkante terwyl dit nog warm is
- Laat dit koud word in die pan
“Huisgenoot se Wenresepte 2”
Suurlemoen en poppiesaad koekies
150g ongesoute botter Knippie sout 1k strooisuiker
1 eier 2k meel 1 tl bakpoeier 1 el poppiesaadjies 1 el fyn gerasperde suurlemoenskil 1 el suurlemoensap 300 ml versiersuiker - Voorverhit oond tot 180°C
- Voer twee
rolkoekpanne uit met bakpapier
- Klop botter en suiker tot room
- Meng die eier by
- Sif die meel, bakpoeier en sout oor die botter-en suiker
- Voeg poppiesade, suurlemoenskil en sap by
- Meng alles deeglik saam
- Vorm klein balletjies (okkerneutgroote) en pak ten minste 5cm uit mekaar uit op die bakplate
- Druk elke balletjie plat met ‘n vurk
- Bak so 15 minute tot gaar en bruinerig
- Laat goed koud word in
die pannetjie
- Meng versiersuiker met bietjie kookwater tot ‘n drupbare mengsel
- Drup met ‘n teelepel fyn
strepies oor elke koekie
- Laat hard word
Tuisgemaakte Romany creams
Romany cream.
375g botter 400 ml strooisuiker 750 ml meel 4 tl bakpoeier 500 ml klapper 500g fyn gerolde graanvlokkies Knippie sout 100 ml kakao 125 ml kookwater
1 groot plaak suiwer sjokolade - Los
kakao in kookwater op en laat afkoel
- Klop margariene en suiker tot room
- Sif meel en bakpoeier saam en voeg dan klapper en graanvlokkies by en meng
- Meng kakomengsel met botter en suiker
- Voeg meelmengsel by en meng deeglik
- Rol klein okkerneutgroot balletjies en druk dit dan plat met ‘n vurk
- Bak vir 15 minute by 180° C vir 15 minute
- Laat goed afkoel
- Breek die sjokolade
in stukkies en smelt oor kookwater of in die mikrogolf
- Plak die koekies met die gesmelte sjokolade op mekaar
Whisky brosbrood.
Brosbrood
Laventel brosbrood
1 kg pakkie klaar aangemaakte brosbroodmengsel 500g botter 2
el vars laventelblomblaartjies 75 ml strooisuiker 60 ml whisky 120 g geroosterde amandelvokkies, effens fyner gerol wanneer klaar gerooster Verdeel die pakkie brosbroodmengsel in 500 g elk dele Laventel brosbrood - Meng die laventelblaartjies by die helfte van die koekmengsel
- Maak aan en bak soos op die pakkie aangedui
Whisky brosbrood - Meng die amandelvlokkies
by die ander helfte van die koekmengsel
- Maak aan en bak soos op die pakkie aangedui
- Kook intussen die whisky en suiker
saam tot al die suiker opgelos het
- Gooi oor die brosbrood wanneer dit uit die oond kom
- Laat versiersel hard en koud
word
Kommentaar Ek gebruik die klaargemaakte mengsel omdat dit lekkerder is as die wat ek aanmaak
:0( Sny die klein stukkies – dis baie ryk en romerig Moenie die twee soorte brosbrood saam bedien nie – die
skerp smake bots
Nartjiesponsies
4 nartjies - Clemengold - stywe nartjies sny baie dun wieletjies (hou die skil aan) uit een nartjie - (12) 500g vanielje muffinmengsel gerasperde skil van een nartjie Stroop: 200 ml strooisuiker
200 ml nartjiesap 15 ml rooswater 30 ml geroosterde amandelvlokkies - kook nartjiesap en suiker vir 3 minute tot dik
- roer die rooswater en amandelvlokkies by
- sit die nartjiewieletjies versigtig in die stroop
- laat afkoel tot yskoud
Sponsies: - maak die mengsel aan soos op die pakkie
- voeg die skil van een nartjie by
- haal versigtig die nartjiewieletjies uit en sit een onder in elke muffinpannetjie
- bak vir so 20 minute tot goudbruin by 180° C
- prik elke sponsie met 'n vurk en bedruip met die yskoue stroop
- laat afkoel en bedien met room of roomys
Resep vir die stroop van "Garden and home"
Montybeskuitjies met wit en swart sesamesaadjies
Soetbeskuitjies met swart en wit sesamesaadjies
Makes: 3 dozen 375g
plain flour 150g caster sugar 2 teaspoons baking powder 1/8 teaspoon salt 50g unsalted butter, softened 50g margarine 2 eggs, beaten 4 tablespoons milk 2 teaspoons vanilla extract
4 tablespoons milk 110g sesame seeds Method Prep:25min › Cook:20min › Ready in:45min - Preheat the oven to 190° C / Gas 5. Grease baking trays.
- In a large bowl, stir together the flour, sugar, baking powder and salt. Blend in butter and margarine until the mixture resembles coarse crumbs. Make a well in the centre and add eggs, 4 tablespoons milk and vanilla. Mix until a soft dough forms.
Divide the dough into 4 pieces. Roll each piece out into a long snake 1.25cm in diameter. Cut snakes into 5cm pieces. Dip each piece in remaining milk, then roll in sesame seeds. Place 2.5cm apart onto the prepared baking trays.
- Bake
for 20 to 25 minutes in the preheated oven or until golden brown. Remove from baking trays to cool on wire racks.
Kommentaar - Baie lekker - nie te soet nie
- Maak 'n mengsel van gewone en swart sesamesaadjies.
Verkrygbaar by DISCHEM en die swart saadjies van Woolies
- Die resep sê "blend" droë bestanddele en botter. Ek het dit met die hand ingevryf, soos vir botterbroodjies.
Tannie Ellenkoekies
Tannie Ellenkoekies
1 pakkie Mariebeskuitjies 1 pakkie Tennisbeskuitjies 250g
sultanas 1 pakkie dadels 100g verglansde kersies 1
pak glacé vrugte 5 verglansde groenvye of heel groenvye konserf - Sny alles fyn en meng (nie beskuitjies rol
nie)
Plaas in kastrol die volgende bestanddele: 60g botter 1 koppie suiker ¼ k sterk rooibostee 1 geklitste eier - Sodra botter en suiker gesmelt is voeg tee by
- Laat effens afkoel weg van plaat en roer dan een geklitste eier by
- Meng hierna alles saam – beskuitjiemengsel en suikermengsel
- Druk plat in Switserse rolkoekpan
- Laat
heeltemal afkoel, sny in klein vierkante of vorm balletjies
- Rol in klapper of gerasperde neute (okkerneute bv)
Kommentaar: Tannie
Ellen, ons ma se suster en ons tweede ma, was vir baie jare 'n huishoudkunde onderwyseres by La Rochelle in die Paarl. Hierdie was haar geliefkoose resep (en 'n groot gunsteling in die familie), en sy het altyd 'n voorraad hiervan byderhand
gehad.
|
|
 |
|
|
|