Hierdie goetertjies is heerlike saam met braaivleis en vinnig (en maklik) om te maak.
Vir die deeg:
250ml kookwater
250 ml botter
250 ml meelblom
2.5 ml sout
4 eiers
Vir die fyn aartappels:
2 koppies
aartappel, fyngemaak met botter en melk en gegeur na smaak
Voeg 60ml fyn parmesaankaas by
• Kook die water
• Los die botter daarin op
• Voeg nou die meelblom en sout op een slag by
• Klop vinnig en goed
tot die deeg ‘n bol vorm in die middel van die kastrol
• Verwyder kastrol van die stoof en skep deeg in ‘n mengbak
• Laat effens afkoel
• Voeg nou die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoegsel tot
‘n sagte deeg gevorm word
• Meng gelyke dele van die deeg met die fyngemaakte aartappel, koppie vir koppie
• Roer goed
• Bak dessertlepelsvol in diep olie tot goudbruin
• Dien warm op met fyngekapte pietersielie
en gerasperde kaas