Beskuit

Karringmelk anysbeskuit

Karringmelk anysbeskuit

Hierdie is 'n heerlike beskuit - smelt so in jou mond en baie maklik om te maak.

Vir hierdie resep, hoef 'n mens nie bolletjies te vorm nie, jy skep die deeg net in die panne en maak dit gelyk bo-op.  Dit word later met 'n mes GESNY in sulke elegante repies :o)

MAAR, die beskuitpolisie gaan heelwaarskynlik nie die beskuit goedkeur nie, want die wet sê mos mens moet beskuit nooit sny nie, maar met 'n vurk uitmekaar uit breek. (Hmmm, g'n wonder karringmelkbeskuit is gewoonlik sulke plomp plonsers wat g'n mens in ordentlike geselskap kan eet nie.)

 

 

 

1 kg bruismeel
10 ml (2 t) sout
500 g botter
375 ml (1½ k) suiker
500 ml (2 k) karringmelk 
2 ekstragroot eiers

Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer twee groot broodpanne.

  • Sif die meel en sout saam in ’n groot bak.
  • Voeg die botter by en vryf dit met jou vingerpunte in tot dit soos broodkrummels lyk.
  • Roer die suiker in.
  • Klits die karringmelk en eiers saam en voeg dit by die meelmengsel.
  • Roer tot gemeng en verdeel dit tussen die twee panne.
  • Bak 50-60 minute tot gaar (’n toetspen moet skoon uit die middel van elke brood kom).
  • Verlaag die temperatuur tot 60 °C.
  • Keer die brode uit en laat effens afkoel.
  • Sny dit in vingers en pak op bakplate.
  • Plaas die beskuit in die oond vir 4-6 uur tot heeltemal uitgedroog.
  • Laat afkoel en bêre in lugdigte houers.

"Huisgenoot" Wenresepte

Kommentaar:

  • Voeg so 2 el anyssaad by indien verkies
  • Jy kan ook die karringmelk vervang deur Griekse jogurt

 

 

Ontbytbeskuit

Ontbytbeskuit

Meng die volgende:

500 ml (2 k) All Bran-vlokkies

500 ml (2 k) Rice Crispies

375 ml (1.5 k) muesli

375 ml (1.5 k) graanvlokkies

250 ml (1 k) suiker

250 ml (1 k) bosbessies ("cranberries")

100 g pekanneute, grof gekap

1 kg bruismeel

5 ml bakpoeier

5 ml sout

Meng saam:

3 ekstra groot eiers, geklits

625 ml (2.5 k) dubbele Griekse jogurt

375 ml (1.5 k) olie

Roer by meelmengsel

Bak in 'n oondpan by 180° C vir 45 minute of tot goudbruin bo-op en gaar

Breek in kleinerige stukkies, die beskuit is baie vullend

Droog oornag uit by 70° C

"Vrouekeur"

 

 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

30.08 | 12:44

It seems really a nice sharing due to its informative stuff which I will share with my dad after my https://www.goldenbustours.com/seattle-tour-packages/

...
06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
You liked this page