Stradivarii

Die bekende makers van strykinstrumente, die Stradivarius-familie, en veral Antonio, het hier by die jare 1700 - 1725, ongeveer 600 strykinstrumente van die hoogste kwaliteit gemaak, dis nou viole, violas en tjello's. 

Hierdie instrumente het deur die eeue heen 'n formidabele reputasie opgebou as die beste in hulle soort en word teen ongelooflike pryse verkoop wanneer een op die mark sou kom. 

Daar is oor die jare al baie navorsing gedoen om uit te vind hoekom die Stradivarii so uitsonderlik is.  Sou dit die hout wees waarvan hulle gemaak is?  Antonio het byvoorbeeld tot drie verskillende soorte hout vir een instrument gebruik.  Kon dit dalk die vernis wees wat gebruik is?  Waar sou die geheim tog lê?    

MAAR is die Stradivarius "hype" regtig geregverdig?  Is hulle regtig soveel beter as ander instrumente wat in dieselfde tydperk vervaardig is, of selfs van die beste moderne instrumente op die mark? 

Kyk na die volgende videos en oordeel self. 

Kan jy die verskil hoor?
Luister bietjie na die Guarneri, van dieselfde tydperk as die Stradivarii.
Vergelyk nou die Stradivarius met die Guarneri
' n Paar omnames vir die lekker waar op Stradivarii gespeel word
En nou 'n Stradivarius viola en tjello

Ongelukkig is baie van die instrumente deesdae in museums en word selde gehoor. Maar kyk net hoe pragtig is hulle eintlik.

Die etiket van Stradivarius instrumente.

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page