Jy, eensame wandelaar wat skuifelend ploeter
deur die vlak water
Pasop
Die see loer vir jou
As jy nie ag gee nie stoot hy skielik
‘n lang skuimende tong na jou uit
sissend al om jou bene
proe-proe lek hy jou broek nat
sprei uit, glimmend
trek dan weer beskeie terug
in sy dop.
As jy waag om hom met ‘n hoek en sinker
van die rotse af te treiter
ruk hy hom op
wag tot jy gerus is
blaas jou dan af met ‘n groot voltreffer
om in sy siedende kolke ter versink.
Stephan Lategan, Grootbaai,
22 Januarie 2015
©