"Sleeping beauty" of nie?
Sal altyd 'n sagte plekkie vir Robertson hê - ons ma en haar broer Jan, was daar op kosskool toe dit nou nog 'n Girls High en Boys High was. Het hulle drie dae per trein geneem om van naby Deben, in die destydse Brits-Bechuanaland, daar
uit te kom.
Dit was regtig opvallend hoeveel plekke langs die pad en ook in die Kaap, onder beurtkrag gely het. Kry die eetplekkies regtig jammer, want hulle moet dan maar planmaak om wel iets te kan voorsit wat nie krag gebruik
nie.
Ons ma het as jong onderwyseressie op Riversdale skoolgehou en kon liries raak oor Stilbaai en die Riversdale se berge, met natuurlik "Sleeping beauty".
Moet bieg, kan nog steeds, na al die jare. nie regtig die sogenaamde slapende
skone raaksien nie. Kyk bietjie na die foto. As mens van links af kyk lyk dit na 'n gesig met so 'n laang voorkop. kyk van regs af en jy sien ook 'n gesiggie met 'n neusie, maar nou nie eintlik 'n skoonheid nie. ???
Weet
darem nie.
So 'n entjie anderkant Riversdale, is daar ewe skielik 'n heerlike kruiereukie in die lug. Kan nog steeds nie uitvind watter plant so ruik nie, maar dit is kenmerkend van Riversdale se veld.