 |
 |
|
 |
 |
Vinnige en geregte wat min moeite vra
Hakklihakotlet/Katleti - vleiskoekies uit Oos-Europa en Rusland
700g maalvleis 2 eiers 1k broodkrummels 1 tl sout Peper na smaak 1 medium ui, fyn gekap en gebraai tot sag en
deurskynend 3/4k koue water 4 el olie -
Meng alles saam, behalwe 1/2k broodkrummels en die olie
-
Knie mengsel vir so 5 na 10 minute tot dit glad en lig is -
Vorm koekies so 2 cm dik -
Rol koekies in krummels en braai stadig tot bruin en gaar Ek kon nie glo dat hierdie resep kan werk met
al die water en die vleis wat geknie moet word nie, maar dis regtig lekker - eenvoudig maar iets besonders.
Raggmunk - Sweedse aartappelkoekies
800g gerasperde vars aartappel 90g meelblom 1 tl sout Peper na smaak 1 eier 300ml melk Kookolie vir vlakbraai -
Meng eier met meel en sout -
Voeg melk geleidelik by en klop goed
tot daar geen klonte is nie -
Voeg die aartappels by en meng deeglik -
Braai lepelsvol oor medium hitte tot koekies rondom begin bruin word -
Draai om en braai stadig tot bruin en gaar -
Onthou
die aartappel is rou – dit neem ‘n hele rukkie om gaar te word - Bedien met stukkies bros gebraaide spek of suuroom
Borscht - Russiese beetsop
2 groot bete/3 mediumgrootte 2 medium aartappels 2 el kookolie
1 medium ui, fyn gekerf 2 gerasperde wortels 1 stuk seldery
¼ kook fyn gekerf 2 lourierblare 10k water
2 blokkies hoenderaftreksel 1 klein blikkie tamatiepulp 1 el
gekapte dille Peper en sout na smaak -
Kook die bete tot sag en behou die water waarin dit gekook is -
Trek die skilletjies af en sny in repies
-
Braai die ui in die kookolie tot sag en deurskynend -
Kook die aartappels in die beetwater tot sag -
Voeg die beet en die res van die bestanddele by -
Kook tot sag en maak dit fyn met ‘n stokklitser
-
Bedien warm of koud met suurroom
Kaassouffles
Kaassouffles. Bakkie by antiekemark gekoop vir R25.00. Nou nie antiek nie, maar van Royal Worcester.
2 el botter 2 el meelblom ½ tl sout 1 koppie fyngerasperde
kaas soos parmesan 375 ml warm melk 4 eiers, geel geklits en wit styf geklop - Smeer die bodem van ‘n
porselein- of glasbakkie
- Maak ‘n dik witsous met die botter, meel en warm melk
- Roer sout en kaas by tot kaas gesmelt het
- Trek van die plaat af en roer geklitste geel van die eier by
- Vou nou die wit van die eier versigtig in
- Bak vir so 30 minute by 160°C tot goudbruin
- Bedien onmiddellik
Resep uit "Kook en geniet"
Olyf -en roosmaryn hoender
Olyf-en roosmaryn hoender. Die Duitse, handgeverfde, bekertjie gekoop vir R65.00 by Voortrekkermonument se Antiekemark.
500g hoenderstukke 500ml olywe olyfolie vars roosmaryn rooiwyn aftreksel - Pak hoenderstukke in 'n onndbak en bedruip met olyfolie en rooiwynaftreksel
- Sout en peper na smaak
- Strooi olywe tussen
die hoender
- Rangkik roosmaryntakkies bo-op
- Bak by 180°C tot brui en gaar
- Bedien met basmatirys en gemengde groente
Kommentaar As jy nie die roowynaftreksel het nie, vervang
dit met 'n titsel baslamiese asyn
Frikadelle met ryspasta
Frikadelle met rys (Rosmarino) pasta.
Frikadelle 15 ml olyfolie 500g maalvleis
Handvol hawermout Een groot fyngekapte ui 2 snye brood
1 eier 2 el fyngekapte pietersielie ½ tl fyn knoffel
1 tl fyn koljander 1 el asyn 1 tl sout ½ tl bakpoeier - Braai die ui in die olie tot sag en bruinerig
- Roer die vleis
by die ui en braai tot bruin en droog
- Week die snye brood in ‘n bietjie melk en maak dit fyn
- Voeg geurmiddels,
hawermout, brood, bakpoeier en eier by maalvleis en vorm klein balletjies
- Bak in oond by 180°C vir so 15 minute tot bruin en gaar
Pasta Pasta te koop o.a. by Woolies as rosmarino/orzo/risoni – dit lyk soos groot ryskorrels 15
ml olyfolie 1 groot ui, fyn gekap 5 ml vars gekapte roosmaryn 2 toontjies knoffel, fyn gekap 1 liter hoenderaftreksel (twee blokkies opgelos in kookwater) 200g rosmarino
Parmesaankaas - Verhit die olie en braai ui en roosmaryn tot sag (omtrent 10 minute)
- Voeg knoffel by en roerbraai vir nog 2 minute
- Voeg aftreksel by en bring mengsel tot kookpunt
- Roer die pasta in en kook tot uitgeswel en gaar
- Roer frikadelletjies by en kook vir so 2 minute
- Rasper parmesaankaas
bo-oor en garneer met droë uie (koop dit by Woolies se vars sopmengsels)
Resep van “Kelkiewyn” – effens aangepas
Vinnige vleispasteitjies
Vinnige vleispasteitjies
Voorverhit oond tot 180°C 500g klaar gaar, goedgegeurde maalvleis – nie te souserig nie
375 ml melk 375 ml kookolie 4 eiers 500 ml koekmeel 6 tl bakpoeier 2.5 ml sout 10 ml aromat - Meng alles behalwe die vleismengsel deeglik saam – die mengsel is dikker as ‘n pannekoekmengsel
- Skep 1 el vol deegmengsel in ‘n groot muffinpannetjie, dan ‘n opgehoopte el vleismengsel en laastens weer 1 el deegmengsel
- Bak vir so 15 minute
to goudbruin en gaar
Heerlik :0) Lewer 12 groot pasteitjies Resep van “Kook”
Warm vrugtedrankie vir die winter
2 liter Savannah Dry 8 cm toontjie vars gemmer, fyn gesny 10
heel kruinaeltjies 4 steranyssade 1 vanieljepeul, saadjies geskraap 4 heel stukke kaneel 110g strooisuiker 2 vars nartjies -
Kook alles (behalwe die nartjies),
saam tot suiker gesmelt het -
Verhit vloeistof dan tot dit net begin kook en verwyder van die plaat -
Laat staan vir 15 minute om te trek -
Sit ‘n dun nartjieskyfie (behou die skil), in elke glas
-
Giet drankie deur ‘n sif -
Verhit en bedien warm Kelkiewynresep
Geroosterde parmaham toebroodjies
30g belëe cheddarkaas 45g suurroom 4.5ml mosterdpoeier 12
dun snytjies Fransebrood (skeef gesny) 15g saggemaakte botter 6 snytjies parmaham -
Meng kaas, suurroom en mosterd -
Smeer
oor die helfte van die broodsnytjies en bedek met die ander om toebroodjies te vorm -
Smeer botter aan die buitekante van elke toebroodjie -
Draai ‘n snytjie parmaham om die middel van elke broodjie, sodat die kante steeds
oop is -
Verhit ‘n groot braaipan en braai broodjies tot die kaas gesmelt is -
Bedien warm saam met sop Berei broodjies voor die tyd en braai dan net wanneer
benodig Kelkiewynresep
Karamel en spek springmielies
1 pakkie springmielies (net gesout) vir die mikrogolfoond 160g dun streepspek 40g botter 90g heuning 55g bruinsuiker 75g strooisuiker Druppel suurlemoensap 5 ml koeksoda -
Voer ‘n rolkoekpan uit met bakpapier -
Spring die mielies en gooi uit in ‘n groot mengbak -
Braai spek tot baie bros, so 8-10 minute -
Dreineer op kombuispapier
en kap baie fyn -
Verhit botter, heuning en suiker en roer oor lae hitte tot suiker gemelt het -
Verhoog die hittegraad en laat vir 3-4 minute kook tot dik en goudkleurig -
Roer suurlemoensap by -
Verwyder van die hitte en roer eers die spek by en daarna die koeksoda -
Gooi stroop onmiddellik oor die springmielies en roer baie goed deur m.b.v. twee houtlepels -
Gooi uit en versprei oor die rolkoekpan om goed koud te
word -
Besprinkel met ‘n titsel gerookte paprika (as jy het) Kan ‘n dag voor die tyd gemaak word en in ‘n lugdigte houer gehou word. Kelkiewynresep
Parmesaan en dourissie plaatkoekies
Soutige plaatkoekies
2.5 k bruismeel 1tl sout 1/2 tl paprika 2 goed geklitste eiers 2 opgekapte dourisies (peppadews) 1/2 k fyn parmesaankaas 2 k melk - Voorverhit oond tot 180°C
- Meng alles
saam behalwe die melk
- Voeg mek bietjie vir bietjie by en klop goed
- Bak eeetlepelsvol in vlak olie
- Smeer met marmite en gewrasperde parmesaan, of fyn biltong
Lollipoppannetjies vir Emmenthaler - en uie lollipops
Bedek met boonste pannetjie en bak
Emmenthaler - en uie lollipops
Emmenthaler - en uie lollipops
Maak 36 lollipops 1 klein pakkie sout muffinmengsel (savoury) 225 g gerasperde Emmenthalerkaas 12 vars basiliekruidblare of 1 el gedroogde basiliekruid 250 ml
uiemarmalade (sien onder bykomstighede of koop Woolies s'n) 2 eiers kookolie - Meng muffinmengsel, kaas en basilie
- Meng olie, water en twee eiers soos op pakkie aanbeveel
- Voeg by droë mengsel en meng
goed deur
- Spuit lollipoppannetjies deeglik
- Skep 1/2 dessertlepel van mengsel in elke pannetjie
- Skep nou 1 tl marmalade bo-op
- Maak holtetjie verder vol met deeg
- Sit boonste pannetjie op met tuitjies na bo
- Bak vir 20 minute by 180 °C
- Verwyder versigtig boonste pannetjie en maak lollipops met mes los indien nodig
- Stippel met rooipeper as jy van 'n skerp smaak hou
Kmmentaar: As jy nie 'n lollipoppannetjie
het nie, doen dieslefde as vir die pops, maar gebruik muffinspannetjies
Granadilla sorbet
Granadilla sorbet
1 k suiker 1 k lemoensap 2 k vars granadillapulp (so 12 na 14 vruggies) 2 groot eierwitte - geklop tot stywe punte - Verhit die lemoensap en los suiker daarin op
- Voeg pulp by, meng goed en verkoel in yskas
- Wanneer koud, plaas in vrieskas vir een uur en klits dan stywe eierwitte by
- Terug in vrieskas en klits dit uurliks tot yskristalle begin vorm
Resep van "Drizzle and drip"
Murgpampoentjie pastagebak
Murgpampoentjie pastagebak
Gekookte macaroni (350g rou) 1 k hamstukkies 2 el gekapte sprietuie
1 fyngekapte tamatie 1 pakkie groen murgpampoentjies, effens gekook en in skyfies gesny Dik witsous (2 el botter en 2 el meel), maak aan met water waarin pampoentjies gekook is Sout en peper na smaak 2
k gerasperde cheddarkaas Fyn broodkrummels -
Meng alles goed saam en plaas in gesmeerde skottel -
Strooi
‘n bietjie broodkrummels en gerasperde kaas bo-oor -
Bak in gemeerde langwerpige skottel vir 20 minute by 180° C
Kitsmengsels vir gebak
Hierdie kitsmengsels is so handig (en lekker), vir haastige en besige mense. EN as die kenners die stuipe wil kry daaroor dan moet hulle maar. :0) Daar is deesdae 'n ongelooflike verskeidenheid klaarmengsels beskikbaar:
pampoenkoekies, brosbrood, aarbeimuffins, botterbroodjies en sovele ander. Gaan 'n bietjie met hierdie mengsels eksperimenteer oor die volgende paar weke. 'n Mens kan baie meer daarmee doen as net wat hulle op die pakkie sê.
Kits Pannekoekmengesel Brokkoli Quiche 1 k pannekoekmengsel (500g pakkie)
3 k fyngekapte brokkoli 4 eiers 1 rooi soetrissie, opgesny ½ k olie ½ k gerasperde cheddarkaas plus ekstra om bo-oor te strooi Knippie knoffelsout
½ tl swart peper ½ tl oreganum - Verhit oond tot 180° C
- Was brokkoli, sny op en hou eenkant
- Meng pannekoekmengsel, eiers, olie, kaas, soetpeper stukkies, knoffel, peper en oreganum. Roer die mengsel tot 'n nat, taaierige deeg
- Voeg brokkoli by, meng en sorg dat die brokkoli behoorlik bedek is met die deeg
- Gooi mengsel in 'n ongesmeerde tertpan
- Bak vir 35 minute tot ligbruin en geset
- Verwyder uit die oond en besprinkel met nog gerasperde kaas
Resep van Rina Kleinhans
Brokkoli Quiche
Bak pannekoek van die res van die mengsel in die pakkie
Verdeel die deeg in twee. Lemoenpannekoek 1 el poppiesaad 1 tl lemoengeursel 1 el suurlemoenskil (lemon zest) 250 ml Mascarponekaas Suurlemoenbotter (lemon
curd) Vars suurlemoenskyfies vir garnering - Voeg poppiesade, lemoengeursel en skil by die deeg
- Bak pannekoek
- Vul met lemoenbotter
- Bedien met mascarponekaas en suurlemonskyfies
Lemoenpannekoek
Aarbeipannekoek
1 bakkie vars aarbeie opgekap, maar behou een heel aarbei per persoon Geklopte room of Orly Whip - Bak pannekoek
soos gewoonweg
- Vul met mengel van room en gekapte aarbeie
- Garneer met heel aarbei
Aarbeipannekoek
|
|
 |
|
|
|