Botterbroodjies en muffins

Sjokolade-en dadelmuffins

100 g gekapte dadels

250 ml kookwater

280 g meelblom

2 tl bakpoeier

1/2 tl koeksoda

1/2 tl sout

65 g donker sjokoladeknopies

20 ml donker kakao

100 g suiker

1 eier

90 ml sonneblom- of kanola olie

 

  • Voorverhit oond tot 190 °C
  • Voer ‘n muffinpan met papierhouertjies uit
  • Gooi die kookwater op die gekapte dadels en laat afkoel
  • Sif die droë bestanddele saam en roer die sjokoladeknopies by
  • Klits die eier en voeg dan die olie en dadelmengsel (met al die water), by
  • Roer die bestanddele liggies saam tot net gemeng
  • Bak vir so 15 na 20 minute tot gaar

 

Resep gebaseer op ‘n soortgelyke resep van Hedgecombers.com

Kaas en uiemuffins

120 ml melk

1 eier, geklits

140g bruismeel

25g fetakaas, gekrummel

500g gerasperde cheddarkaas

2 uie, gerasper

5 ml gekapte vars salie

 

  • Voorverhit oond tot 190°C
  • Meng die melk en eier
  • Sif die meel oor die melkmengsel – meng
  • Roer die kaas, uie en salie by
  • Bak in muffinpannetjies vir 15 minute tot goudbruin

Yazdi muffins uit ou-Persië

280g meelblom

150g strooisuiker

15 ml bakpoeier

5 ml koeksoda

5 ml sout

2.5 ml fyn kardamonpoeier

2 eiers

60ml olyfolie

150ml wit jogurt

1 groot appel, geskil en gerasper

22.5 ml rooswater (1 ½ el)

VIr versiering

Amandelsplinters, of geroosterde, gekapte pistachioneute

Eetbare blomme

Gesifte versiersuiker

  • Voorverhit oond tot 200°C.
  • Smeer ‘n muffinpan met plek vir 12 muffins
  • Meng droë bestanddele deeglik.
  • Meng die res van die bestanddele deeglik met ‘n lepel om eier in te meng
  • Roer by die droë bestanddele tot net goed gemeng
  • Skep in pannetjies
  • Sprinkel die neute oor
  • Bak vir so 24 minute tot goudbruin en ferm
  • Laat afkoel en bestuif met gesifte versiersuiker voor bediening
  • Garneer met eetblare blommetjies
Lemoenbotterbroodjies met marmelade en kaas

Lemoenbotterbroodjies

Die huidige Britse koningin, Elizabeth, se gunsteling botterbroodjies word met lemoenskil en lemoengeursel gebak en met marmalade bedien.

Maak jou gunsteling botterbroodjieresep (ek het “Kook en geniet” s’n gebruik), en net voor jy die melk byvoeg, roer die gerasperde skil van een lemoen asook ‘n teelepelvol lemoengeursel, in.

Bedien as soet happie met botter en marmelade, ‘n titsel room en sif dan donker kakao bo-oor net voor opdiening.

Vir ‘n southappie word dit met kaas bedien.

Regtig heerlik en iets anders – gee ‘n heeltemal nuwe dimensie aan ‘n botterbroodjie. 

Laventelmuffins

125g sagte botter

125g strooisuiker

2 eiers

125g bruismeel

125 ml melk

6 tot 8 takkies vars laventel

Versiersuiker

  • Bring die melk en die laventel tot kookpunt en verwyder voor dit begin oorkook
  • Laat afkoel en sif die laventel uit
  • Verhit die oond tot 200° C
  • Meng al die bestanddele saam (behalwe die melk), tot glad
  • Voeg nou lepelsvol van die melk by om die mengsel effens te verdun en proe dit na elke byvoeging – soek ‘n sagte, subtiele laventelsmaak
  • Skep in muffinpannetjies
  • Bak by 200°C tot goudbruin – so 15 tot 20 minute
  • Sif met versiersuiker voor bediening
  • Garneer met laventelblommetjies

Resep van Elzabe Zietsman 

Soutige muffins

2 groot eiers

250 ml gerasperde cheddarkaas

1 klein uitjie, gerasper

2 Weense worsies, fyn gesny

10ml bakpoeier

190 ml melk

250ml koekmeelblom

125 ml olyfolie

Knippie sout

Knippie rooipeper

  • Klits eiers en roer dan kaas, ui, worsies, bakpoeier en melk by
  • Voeg meel en olie om die beurt by en meng goed na elke byvoeging
  • Roer sout en peper by
  • Skep eetlepels vol deeg in ‘n gesmeerde muffinpannetjie
  • Bak 10-15 minute by 180°C
  • Lewer 12 muffins

Lapsong Souchong botterbroodjies

2 k meel

4 tl bakpoeier

½ tl sout

3 el botter

1 k baie sterk swart Lapsong Souchong tee.  Maak sterk tee oplossing en laat koud word.  Voeg  suiker by na smaak.

  • Sif droë bestanddele
  • Vryf botter in meelmengsel todat dit lyk soos mieliemeel
  • Voeg tee bietjie vir bietjie by en sny in met slaplemmes tot sagte deeg
  • Rol saggies uit en druk af in vormpies
  • Verf liggies met melk
  • Bak 10 - 12 minute by 240°
  • Bedien met heuning, botter, gerasperde kaas en Lapsong Souchong tee

Kommentaar:

  • Die tee gee 'n heerlike rokerige smaak aan die botterbroodjies, asook 'n mooi, gesonde kleur 
  • Het dit nog nie probeer nie, maar Earl Grey tee behoort ook te werk - soeterige, laventelsmaak
  • Die tee is beskikbaar by delikatessens

 

 

 

Basiliekruid muffins

Basiliekruid muffins

500g sout klaar gekoopte muffinmengsel (savoury mix)

2 dourissies, fyngekap, pitte verwyder

6 groot basilieblare, fyngekap (2 tl gedroogde blare)

2 sprietuie, fyngekap

Vulsel:

1 bakkie roomkaas

4 vars basilieblare, fyngekap

2 dourissies, fyngekap, pitte verwyder 

Meng alles saam en spuit in die holte in die middel van die muffin

  • Meng bg saam en maak dan aan soos die pakkie voorskryf
  • Bak in ringpannetjies
  • Vul die holte van elke muffin met die roomkaasmengsel 
RIngpannetjie vir muffins. Te koop by "Game".

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page