 |
 |
|
 |
 |
Suikerbekkiekoek
Hierdie koek is blykbaar nou 'n groot gier by troues. 500ml strooisuiker 4 eiers 375ml sonneblomolie 500ml koekmeel 10ml bakpoeier 5ml koeksoda 10ml fyn kaneel 750ml gerasperde wortel 200ml
fyn klapper 500ml fyn gedrukte piesang/turksvye (4 groot piesangs/turksvye) 410g blik fyn pynappelmoes (crushed pine) Versiersel 250g houertjie roomkaas 50g versiersuiker Sap van een suurlemoen
125 ml oondgebakte pekanneute, fyngekap Metode - Verhit oond tot 180°C
- Spuit 30cm koekpan en voer met bakpapier uit
- Klits eiers, olie en suiker saam
- Voeg meel, bakpoeier, koeksoda en kaneel
by eiermengsel en roer tot glad
- Voeg die wortel, klapper, piesang, en pynappel by
- Gooi in pan en bak vir 1 uur tot gaar
Versiersel - Meng roomkaas, versiersuiker en sap to glad
- Voeg nog suurlemoensap
by na smaak indien nodig
- Voeg neute by en meng goed deur
- Versier met die suur roomkaasversiersel
Die resep is 'n mengsel van'n paar resepte, maar hoofsaaklik die resep van Herman Lensing. Hy bak die koek met
tuksvye, maar piesang is in hierdie geval, vir my persoonllik, lekkerder.
Dundeekoek - 'n koninklike gunsteling
Daar het onlangs die interessantste reeks programme gewys, “Royal recipes”, oor die eetgewoontes van die Britse koninklinkes deur die eeue. Heelwat van die resepte is gebaseer op ‘n handgeskrewe resepteboekie van ‘n assistant
kok by Buckinghampaleis hier aan die begin van die vorige eeu. Groot gunstelinge van die huidige koningin, Koningin Elizabeth, is blykbaar marmelade en gebak wat marmalade bevat. Dundee vrugtekoek moes blykbaar oral saamgery word waar sy ookal
oorsee beweeg het. Ook g’n wonder nie, want dis vreeeeslik lekker – lig met baie vrugte, eintlik meer soos ‘n vrugtebroodjie. 175g sagte botter 175g bruinsuiker 3 el lemoenmarmelade 3 eiers, gekits 225g
bruismeel Knippie sout 25g gemaalde amandels 7.5 ml gemengde speserye 400g vrugtekoekvrugte 75g verglansde kersies, gehalveer 2 el whisky of melk 40g amandelsplinters, gerooster in ‘n pan - Voorverhit
oond tot 150°C
- Smeer en voer ‘n koekpan uit met bakpapier
- Klop die botter en eier tot lig en romerig
- Vou die marmalade in en meng deeglik
- Voeg die eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging
- Voeg
nou die meel, gemaalde amandels, bakpoeier, gemengde speserye en sout by en meng deur
- Vou laastens die vrugte versigtig in en daarna die whisky of melk
- Skep die mengsel in die pan en maak glad bo-op
- Bak vir so 90 minute tot goudbruin
en gaar
- Laat die koek 10 minute lank in die pan afkoel
- Rooster intussen die amandelsplinters tot goud-bruin en bros
- Verwyder die koek uit die pan en trek die bakpapier af
- Smeer nou die koek bo-op en langs die kante met ‘n
bietjie marmalade
- Laat dit heeltemal afkoel
- Spinkel die amandelsplinters bo-oor net voor bediening
As ek die koek weer bak, gaan ek die kersies uitlaat en twee broodpannetjies gebruik ipv ‘n ronde koekpan. Resep
van BBC Food
Pret met klaar brooddeeg
Die klaar brooddeeg wat mens te koop kry is sooo veelsydig – nogal pret om daarmee te eksperimenteer.
Brooddeeg vir nagereg - oliebolletjies
Olie vir diepbraai Plaak sjokolade-en heel neut Kaneelsuiker - Knie die deeg af
- Breek stukkies so groot soos okkerneute af
- Neem ‘n plaak sjokolade-en-heelneut en sny elke blokkie in die helfte
- Druk
nou ‘n stukkie sjokolade met neut in elke bolletjie
- Knyp dit styf toe
- Laat rys vir so 30 minute
- Braai in diep olie tot goudbruin en “crispy”
- Strooi kaneelsuiker oor voor bediening
- Ook heerlik as
dit koud is
Basiliepestobroodrolletjies
Reg om gebak te word
2 tot 3 appels, gerasper 30ml rum 125g botter 250g strooisuiker 5 ml vanielje ekstrak 2 eiers 125g meelblom 12.5ml bakpoeier 30ml kakao 5ml kaneel 65g fyngekapte neute - Gooi
die rum oor die appel en laat staan vir 5 minute
- Smeer ‘n koekpan en verhit oond tot 190°C
- Klop die botter en suiker tot romerig
- Voeg die eiers een vir een by en dan die vanielje. Meng goed.
- Meng die droë
bestanddele en die neute bietjie vir bietjie in
- Vou versigtig die appel in die mengsel
- Gooi die mengsel in die pan en bak by 190° vir so 40 minute tot gaar
- Laat afkoek en bestuif met versiersuiker voor bediening
Resep van Allrecipes.co.uk
Mississippi modderkoek
3 groot eiers 180g strooisuiker 10 ml vanielje ekstrak Groot knippie sout 200g gemaalde amandels, of amandelvlokkies fyngerol 100g fyn klapper 12.5 ml kaneel 150g botter, gesmelt 2 groot wortels,
grof gerasper 100g uitgedopte pistachioneute Versiersuiker om oor koek te sif Paar ekstra pistachioneute vir versiering - Voer ‘n 24cm losboompan uit met bakpapier
- Klop die eier, suiker, vanielje en sout goed
saam in ‘n mengbak
- Meng die amandel, klapper en kaneel en voeg by die eiermengsel, asook die gesmelte botter
- Meng deeglik
- Voeg die wortels en pistachioneute by en meng dit goed deur
- Skep die mengsel in die koekpan
- Bak by 160°C vir 60 minute tot dit fermvoel ‘n kors bo-op gevorm het
- Laat goed afkoel
- Voor bediening, sif ‘n bietjie versiersuiker bo-oor en versier met eetbare blomme en neuter
- Bedien met rooswateroom
Rooswaterroom 250 ml room 30 ml rooswater 30 ml versiersuiker Kelkiewynresep
Russiese appelkoek
50g polenta (Italiaanse geel mieliemeel) 200g gemaalde pistachioneute 50g meelblom 1 tl bakpoeier 125 ml olyfolie 100g gesmelte botter, effens afgekoel 3 eiers 200g strooisuiker Knippie sout
Sap en gerasperde skil van 1 suurlemoen Sap van 1 lemoen Versiersuiker - Voer ‘n 23cm losboom koekpan uit met bakpapier
- Meng die polenta, pistachios, meel, sout en bakpoeier in ‘n mengbak
- Roer die olyolie
by die gesmelte botter
- Klop suiker en eiers saam tot lig en donsig
- Klits die oliemengsel bietjie vir bietjie by
- Voeg nou die meelmengsel, skil en sappe by
- Meng goed
- Bak by 160°C vir so 40-50 minute tot gaar
Resep van http://www.rarebits.co.uk Kommentaar: O, maar hierdie koek is regtig iets besonders! Die olyfolie en polenta gee dit 'n ietwat ander tekstuur en dit smelt
so in jou mond :0) Bedien dit as nagereg saam met vars frambose en bessiesorbet. Ek het ook verbenablommetjies bygesit - dis eetbaar.
Wortel, pistachio en amandelkoek met rooswaterroom
Hierdie is 'n heerlike veelsydige resep - bak dit met wat jy ook al in die huis het. Vir 'n Portugese broodjie gebruik parmaham, vir 'n boerebroodjie fyngekapte biltong of doen dit Grieks en gebruik roosmaryn, fetakaas en fyngekapte olywe.
170g meelblom 7.5ml bakpoeier 2.5ml sout 3 groot eiers 45ml olyfolie 30ml melk Vars gemaalde swartpeper 50ml fyn gekapte vars kruie soos tiemie, roketblare en pietersielie 60g sterk gegeurde kaas
in klein dobbelsteentjies gesny 50g fyn gekapte biltong - Voer 'n klein broodpannetjie uit met bakpapier
- Klits eiers tot dik en die kleur van suurlemoene
- Roer die olie, melk en peper by
- Gebruik 'n houtlepel
en roer die meel, bakpoeier, sout, kaas, biltong en kruie by
- Bak 180°C vir so 40 minute tot goubruin en gaar
- Laat afkoek en bedien saam met iets soos bokmelkkaas, biltong, maroelajellie of uieblatjang
Resep van
Kelkiewyn Kookskool
Pistachio- polenta - en olyfoliekoek
Meng: 1 1/2 k meel 1/2 t sout 1 t bakpoeier 2 t fyn gemmer 1 1/2 t kaneel 1/4 t fyn neutmuskaat Meng saam: 1k pampoenmoes 1/2 k gesmelte botter 1/2 k donker bruin suiker 1/2 k
molasse 1 eetlepel gerasperde vars gemmerwortel 2 geklitsde eiers 3 e water 1/2 k rosyne - Meng nat en droë mengsel.
- Sit in klein broodpan en bak teen 180° vir 50 minute.
- Laat afkoel in die
pan voor jy dit uitkeer.
Kommentaar: As jy nie van molasse hou nie, kan jy dit vervang dit met gouestroop Kobie Coetzee 20/12/11 http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com
Biltongbroodjie
250g broodmeel 5g droë kitssuurdeeg (nie die skuimtipe) 4 ml sout 2.5 ml strooisuiker 75 ml louwarm melk 75 ml louwarm water Maldonsout - Meng meel, suurdeeg, sout en suiker in 'n groot mengbak
- Voeg melk by en meeste van die water
- Maak aan tot sagte deeg - voeg res van die water by as dit te droog is
- Gooi 'n klein bietjie kookolie op jou werksvlak
- Knie deeg vir so 10 minute, tot sag en elasties
- Sit terug
in bak, maak toe met 'n kombersie laat rys tot dubbel die grootte, dit neem so 1.5 tot 2 ure
- Knie af en sit deeg op 'n rolkoekpan
- Maak 'n kerf in die lengte in die middel van die broodjie
- Laat weer rys vir so 40 minute
- Bestrooi met Maldonsout as jy daarvan hou (dit is growwe sout)
- Bak op die middelrak van die oond by 230° C vir 15 tot 20 minute. Broodjie moet hol klink as jy daarop klop
- Indien jy 'n knarskorsie soek,
sit 4 ysblokkies op 'n ander plat pannetjie en sit dit in die oond op die laagste rak. Die stoom wat vorm sorg vir 'n taaierige, knarskorsie. LEKKERR!
Kelkiewynresep.
Pampoen gemmerbrood
Pampoen gemmerbrood. Dienbordjie R125.00. Gekoop by die Antiekemark van die Voortrekkermonument.
Het nie 'n idee wie Freda was nie, kry die resep van andersonscomp.co.za. Het die resep effens gewysig. Heerlik en vinnig - was alle resepte maar so maklik. 100g sagte botter 350 ml bruismeel 5ml bakpoeier 200
ml strooisuiker 2 ekstra groot eiers 90 ml melk knippie sout skil van een suurlemoen Glasuursel Sap van een suurlemoen 100 ml strooisuiker Heel stukke kumkwat of marmelade
vir garnering Metode vir die koek - Voorverhit oond tot 180°C
- Smeer 'n ringpan goed
- Plaas al die bestanddele in 'n bak en klits goed saam vir so 3 minute tot goed gemeng en glad
- Giet in pan en maak bo-op gelyk
- Bak 30-40 minute tot ferm en gaar
- Klits intussen die suurlemoensap en suiker saam vir die glasuursel en giet oor die koek wanneer dit uit die oond kom
- Laat afkoel en versier met heel stukke
kumkwat/marmelade en suurlemoenskil
Klein suurdeegbroodjie
Klein broodjie, genoeg vir twee mense vir een ete.
wit van 2 groot eiers knippie sout 240g stroosuiker 2.5 ml mielieblom 100 g geroosterde pistachio- of haselneute, grof gekap 25g donker sjokoladesplinters 20 ml kakaopoeier, gesif - Voer 'n bakplaat
met bakpapier uit
- Klop eierwitte tot stywepunt stadium
- Voeg sout by en hou aan klop tot dit stywepuntjies vorm
- Voeg 1 el suiker op 'n slag by en klop deeglik tot al die suiker deurgemeng is (donserige meringue)
- Vou die mielieblom,
neute, en sjokoladesplinters by en roer laastens die kakaopoeier liggies deur die mengsel
- gebruik 'n staalepel en vorm meringues
- bak vir so 1 uur lank by 110° C tot meringues hard is buite en maklik van die bakpapier af oplig
Resep van Sarah Dall
Freda se vinnige suurlemoenkoek
Amandelstukkies 100 g amandelvlokkies (bak dit eers effens in die oond tot ligbruin) 60 ml suiker 1 el melk Meng die bestanddele en kook oor stadige hitte tot suiker gesmelt het Skep klein hopies in
'n bak en sodra dit efens kouer is, smeer dit gelyk Verkoel oornag Vulsel vir rolkoek 500 ml volroommelk 2 eiergele 60g suiker 45 ml mielieblom 3 velletjies gelatien (jy kry dit by
Woolies) Gerasperde skil van ‘n halwe lemoen tl vanieljegeursel 30g botter Meng mielieblom, suiker, geel van eier, lemoenskil en vanieljegeursel en klop tot dit lig en romerig is Verhit melk net tot dit begin
prut (lank voor dit kook) Gooi bietjie vir bietjie melk by die eiermengsel en klop goed met ‘n draadklitser Terug stoof toe in kastrol Voeg gelatien by, en verhit tot die mengel dik word terwyl jy dit aanmekaar klits met die draadklitser
Roer die botter by en verwyder van die stoof VOORDAT MENGSEL BEGIN KOOK Laat afkoel en plaas oornag in die yskas om te stol Rolkoek 4 eiers 1k suiker 1 k koekmeel 1 tl bakpoeier knippie
sout - Voer 'n rolkoekpan uit met bakpapier
- Verhit oond tot 200° C, en plaas oondrak op die eerste gleuf bo die middel van die oond
- Klop eiers en suiker tot lig en romerig
- Sif droë bestanddele en vou in eiermengsel in
- Gooi beslag in die rolkoekpan en bak vir so 12 minute
- Keer die koek uit op 'n klammerige vadoek en rol (saam met vadoek),
styf op in die dwarste
- Laat koud word
- Wanneer koud, rol versigtig af, smeer vulsel op, en strooi gebreekte amandelstukkies oor
- Versier met stukkies amandel en lemoenskil
Sjokolade- en pistachioneut meringues
Hierdie sjokoladekoek van Jill Orton van La Lucia in KwaZulu-Natal het in 2010 in "Huisgenoot" verskyn. Dit is maklik om te maak, flatervry en die stroop maak dit heerlik en klam. Genoeg vir 1 koek Bereiding:
sowat 20 minute Baktyd: 40-45 minute STROOP 265 ml suiker 275 ml water KOEKBESLAG 250 ml (1 k) koekmeel 30 ml (2 e) bakpoeier ’n knippie sout 250 g (1 k) botter 125 ml (½ k) strooisuiker 200 g donkersjokolade soos Albany (100g = 1 plaak) 5 ekstra groot eiers 30 ml (2 e) brandewyn of Frangelicalikeur VERSIERSEL 200 g sjokolade met haselneute 30 ml (2 e) melk Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer en voer ’n diep koekpan (24 cm in deursnee) uit met bakpapier. STROOP Verhit die suiker en water in ’n kastrol, bring tot
kookpunt en laat prut sowat 10 minute. BESLAG Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak. - Smelt die botter, suiker en donkersjokolade in ’n dubbelkoker of in ’n glasbak oor kookwater
of in die mikrogolfoond.
- Verwyder van die hitte en klits een eier op ’n slag by. Klits goed ná elke byvoeging.
- Giet die brandewyn of likeur by en roer tot gemeng.
- Vou die gesifte meelmengsel by die eiermengsel in en
meng alles goed.
- Giet die beslag in die voorbereide pan en bak 40-45 minute of tot gaar.
- Verwyder die koek uit die oond, prik dit ’n paar keer met ’n toetspen en giet die stroop oor.
- Maak die kante los sodra die koek
afgekoel is en keer dit op ’n koekbord uit.
VERSIERSEL - Smelt die sjokolade oor ’n lae hitte of gebruik ’n dubbelkoker. Roer die melk by en roer tot ’n gladde sous vorm.
- Giet
die sjokoladesous bo-oor die koek en versier met gekleurde eetbare koekversiersels.
Kommentaar: - Gebruik frangelico, maar verdubbel tot 4 el. Gooi drie by die stroop en drink die ander een vir jou moeite.
Die smaak verdwyn in die koek, mens behoort dit meer te proe in die stroop. Laat stroop koud word en voeg frangelico dan by.
- EK het net 100g donkersjokolade gebruik en toe 20g kakao bygevoeg - werk net so goed soos 200g sjokolade.
"Bienenstich" rolkoek
Bak in twee broodpannetjies 500-625 ml (2-2½ k) witsuiker
250 ml (1 k) olie 4 jumbo-eiers 500 g koekmeel
10 ml (2 t) koeksoda 10 ml (2 t) fyn kaneel 2 ml (½
t) sout 500 g wortels, grof gerasper 1 blik fyn pynappel (432g, en inhoud 281g) 250 g okkerneute of pekanneute, grof gekap (hou 50 g eenkant) 125 g (1½ k) klapper 2 groot lemoene met 10 ml (2 t) lemoenskil, fyn gerasper 5 ml (1 t) vanieljegeursel
VERSIERSEL 1 ½ e suurlemoensap 50 g versiersuiker
1 houer (250 g elk) roomkaas 25 g botter, gesmelt (Net die een broodjie
word versier ) Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer twee broodpannetjies goed met margarien of spuit met kossproei.
Bestuif met koekmeel. 1.KOEK Verroom die suiker en olie. Voeg die eiers by en klits tot romerig. Sif die droë bestanddele saam en vou in by die suikermengsel. Voeg die res van die bestanddele
by en meng goed met ’n houtlepel. 2.Giet in die voorbereide panne en bak 1-1½ uur of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die koek kom. Laat effens afkoel in die pan
en keer dan uit op ’n draadrak om heeltemal af te koel. 3.VERSIERSEL Meng die sap en versiersuiker by die roomkaas in tot glad. Smelt die botter en meng warm by. Smeer dik oor die koek
en besprinkel met die orige neute. 4. Versier een ven die broodjies en behou die ander as ‘n broodjie sodat snytjies met botter bedien kan word Huisgenootresep, effens gewysig.
Stroperige sjokoladekoek
Bestanddele vir die koek 250g botter 225g sagte, bruinsuiker 125g gekapte okkerneute, effens gerooster in die oond 175g meelblom 3.5 tl bakpoeier 1/4 tl sout 5 eiers 1 tl vanielje
ekstrak Bestanddele vir die versiering 250g versiersuiker 2-3 el Frangelico (opsioneel), of water 25g botter Paar heel okkerneute vir garnering - Voorverhit die oond tot 170°C
- Smeer 'n tuitpan
- Smelt die botter oor medium hitte tot dit 'n goudbruin kleur kry
- Roer die suiker by en laat afkoel
- Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam
- Voeg die eiers en vanielje ekstrak by en meng deeglik
- Voeg die bottermengsel stadig by tot net goed deurgemeng
- Vou in die gekapte okkerneute
- Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir so 35-40 minute tot gaar
- Laat koek vir 10 minute in die pan afkoel en gooi dit dan uit op 'n rooster
- Laat die heeltemal afkoel voor die versier word
Versiersel Klop al die bestanddele saam en voeg 'n el of twee water by indien te droog Smeer oor die koek en garneer met die heel okkerneute
Wortelkoek/broodjie
Wortelkoek/broodjie
Bestanddele vir die koek 250g botter 225g sagte, bruinsuiker 125g gekapte okkerneute, effens gerooster in die oond 175g meelblom 3.5 tl bakpoeier 1/4 tl sout 5 eiers 1 tl vanielje
ekstrak Bestanddele vir die versiering 250g versiersuiker 2-3 el Frangelico (opsioneel), of water 25g botter Paar heel okkerneute vir garnering - Voorverhit die oond tot 170°C
- Smeer 'n tuitpan
- Smelt die botter oor medium hitte tot dit 'n goudbruin kleur kry
- Roer die suiker by en laat afkoel
- Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam
- Voeg die eiers en vanielje ekstrak by en meng deeglik
- Voeg die bottermengsel stadig by tot net goed deurgemeng
- Vou in die gekapte okkerneute
- Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir so 35-40 minute tot gaar
- Laat koek vir 10 minute in die pan afkoel en gooi dit dan uit op 'n rooster
- Laat die heeltemal afkoel voor die versier word
Versiersel Klop al die bestanddele saam en voeg 'n el of twee water by indien te droog Smeer oor die koek en garneer met die heel okkerneute
Botterkaramel-en okkerneutkoek
Bestanddele vir die koek 250g botter 225g sagte, bruinsuiker 125g gekapte okkerneute, effens gerooster in die oond 175g meelblom 3.5 tl bakpoeier 1/4 tl sout 5 eiers 1 tl vanielje
ekstrak Bestanddele vir die versiering 250g versiersuiker 2-3 el Frangelico (opsioneel), of water 25g botter Paar heel okkerneute vir garnering - Voorverhit die oond tot 170°C
- Smeer 'n tuitpan
- Smelt die botter oor medium hitte tot dit 'n goudbruin kleur kry
- Roer die suiker by en laat afkoel
- Sif die meelblom, bakpoeier en sout saam
- Voeg die eiers en vanielje ekstrak by en meng deeglik
- Voeg die bottermengsel stadig by tot net goed deurgemeng
- Vou in die gekapte okkerneute
- Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir so 35-40 minute tot gaar
- Laat koek vir 10 minute in die pan afkoel en gooi dit dan uit op 'n rooster
- Laat die heeltemal afkoel voor die versier word
Versiersel Klop al die bestanddele saam en voeg 'n el of twee water by indien te droog Smeer oor die koek en garneer met die heel okkerneute
|
|
 |
|
|
|