Frustrasie met Afrikaanse vroue tydskrifte

Die uwe is die afgelope paar jaar maar ‘n trae koper van die meeste van ons Afrikaanse vroutydskrifte.  Die goed is so swaar en blink en mens stoei letterlik om tussen al die promosies en advertesies iets te  kry om te lees.

Daarby het ek al vir ‘n hele paar jaar my bedenkinge of hulle nou regtig vir hul leseresse iets sinvol bied en tred hou met die werklikheid . Kan seker die ouderdom wees, maar dit voel darem vir my al hoe meer die goed spreek nie meer tot my nie – of hulle of ek funksioneer op ‘n hele ander planeet.

Verf dit wit

Susan se mooi imbuiakassie - stylpolisie sê dit moet wit wees

Neem nou byvoorbeeld die mode om al wat ‘n ding is wit te verf.  Hoe kry ‘n mens  dit tog oor jou hart om ‘n pragtige meubelstuk van goeie hout te gaan staan en wit verf, net omdat dit die in-ding is en die stylpolisie dit voorskryf. 

Dit gaan teen my grein om te lees hoe daar in detail beskry f word hoe om ‘n imbuia meubelstuk met verf te betakel.  Ja, ek kyk ook die “Antiques Roadshow”, en weet bruin houtmeubels is nie op die oomblik gewild nie, maar dan is die kanse tog sekerlik baie goed om ‘n paar goeie meubelstukke as  ‘n winskopie aan te skaf, of hoe? 

Skuur, skuur en skuur...

Ek het maande lank geskuur om die groen verf van hierdie geelhout wastafeltjie af te kry.

Mens se gesonde verstand sê mos nou vir jou dat dit dan nou die tyd is om in bruin meubels te belê wanneer die prys laag is.  Daarby is ek darem ook oud genoeg om te weet die mode binnekort weer gaan verander na “retro”, wanneer al wat ‘n geverfde meubelstuk is se verf weer afgeskuur moet word om die natuurlike patina bloot te lê.  En almal van ons wat dit al self gedoen het weet watse hengse werk dit is – maande en dae se skuur.

Hemel, as die stylpolisie van die tydskrifte dan nou  wil voorskryf dat alles in die huis wit geverf moet word, wat is fout met geverfde greinhout?

Verfies en roompies - 'n duur belegging?

En ai, die skoonheid- en modeartikels! Lees onlangs ‘n sewe stap laag op laag vroegoggend skoonheids- roetine raak in een van ons tydskrifte.  Hier volg ‘n opsomming van die stappe met die pryse (die goedkoopste opsies), aangegee:

Laag op laag

 

R

Reinigers

Olie

750

 

Seep

250

Verfrisser

 

100

Kondisioneerder

 

900

Serums

 

1969

 

 

2655

Bevogtiger

 

470

 

 

190

Sonskerm

 

400

   

R7684

 

“I kid you not”! 

 

 

 

 

EN dit is net vir die oggend.  Kom ons neem nou aan dat die produkte darem seker twee maande lank gaan hou, dan is dit nog steeds amper R4000 per maand. EN die aandversorging lê nog voor, met heelwat duurder rome – ‘n nagroom en retinolbevattende room (R1000+), en gewoonlik beveel hulle ‘n aparte nekroom en oogroom ook aan. 

EN moenie vergeet van die haarversorging en sny, grimering, pedikuur, manikuur, naelsorg en gereelde gesigsbehandelings  nie,  En dan lê die klere en skoene nog voor wat, volgens die modeartikels, jou ook nog ‘n hele paar duisend Rand per seisoen uit die sak behoort te jaag.

EN ‘n mens moet darem nog eet en iewers bly ook, en meeste van die leseresse het darem sekerlik nog ander aansprake ook op hulle inkomste – gesinne, troeteldiere, mediese kostes, versekering, annuiteite?

Nou vra ek jou, watter persentasie van die leseresse van dié tipe tydskrifte kan of wil nou eintlik die produkte en leefstyl bekostig soos die tydskrif aanbeveel?  Sekerlik nie baie nie en dié wat kan het darem sekerlik meer gesonde verstand as om hulle hele inkomste te blaas op verfies en roompies en al wat ding is in die huis wit te verf . 

.

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page