"Home sweet home"

London

Die uwe "ontmoet" die Britse Premier, David Cameron, en Boris Johnson, die Burgemeester van London, by Downingstraat 10.

Dit moet sekerlik maar die bloed van my voorvaders weet wat praat,  maar ek het baie begrip vir  Samuel Johnson as hy sê: "If you are tired of London, you are tired of life".  Die plek, eintlik die hele Brittanje, fassineer my nou maar net, en ek voel daar tuis.

Seker maar oor die ou spulletjie so absoluut eksentriek is - lewe op hulle eie planeet.

Kyk 'n bietjie na die versameling muur tot muur tapyte wat ons in openbare plekke soos hotels en restaurante raakgeloop het - genoeg om enige mens 'n ernstige aanval van wingerdgriep te gee nog voor jy eers jou glas gelig het.   Besig, baie, baie besig.

Toe vensters

So 'n paar eeue of wat gelede, het die Britse koning dit goed gedink om 'n vensterbelasting in te bring - hoe meer vensters in jou huis, hoe meer belasting vir jou!  Om dit te vermy, bou almal toe maar net van die vensters toe.  Tot heden vandag toe sien mens nog oral van die toegeboude vensters. 

Ek het hierdie paar sommer net om die draai van ons hotel af raakgeloop. 

Stratford upon Avon

Renée, Chris, haar man, en ek het 'n dagtoer geneem na Stonehenge, Bath en Stratford.  Dit was  die moeite werd en mens leer nogal baie by die opgeleide gidse wat na die toer omsien.

Mooier as Stratford kan 'n mens sekerlik nie kry nie.  Baie kommersieel geword, maar hoe dan nou anders met die menigtes wat Shakespeare se geboorteplek wil sien.

Ons was gedurende Oktober daar, saam met die helfte van China.  Ons sou die ander helfte later in Parys raakloop.  Die mense vertrap mekaar letterlik, veral in London en die verkeer na plekke soos Stonehenge en Stratford is ongelooflik - en dit nie eers gedurende hoogseisoen nie.

Die eiland raak stadig aan te klein vir sy inwoners saam met al die toeriste.

 

"There was a lover and his lass", weer die Swingle Singers
Woorde deur Shakespeare, met 'n lekker "swing - nie verniet word hulle die Swingle Singers genoem nie.

Bath, Engeland se elegante stad

Was al 'n hele paar keer in Bath, maar is altoos verstom oor die plek - loop ook elke keer nuwe hoekies en draaitjies raak met outentieke winkeltjies  Hierdie keer was sommige al klaar opgedollie vir die Kerstyd.

John Stanley se "Trumpet voluntary"
Enige tyd net so elegant soos Bath.

York - 'n moet vir aanhangers van die skrywer James Herriott

Lieflike herfshoekie in die tuin van Marmadukes, ons hotel in York

Hoor 'n mens die woord York, kan mens nie anders as om aan die geliefde veearts en skrywer James Herriott te dink nie.

Die dorpie waar hy soveel jare gewerk het, Darrowby, is in werklike lewe die dorpie Thirsk, nie te ver van York af nie.  Sou graag as ek weer Engeland besoek, 'n dag of wat in Thirsk wou oorbly om Herriott se spreekkamermuseum te sien en die Yorkshire Dales te beleef soos mens dit uit sy boeke leer ken het.

"Home, sweet home", geliefde lied deur Sir Henry Bishop, met liriek deur Payne

Die skrywer Rhynie Greeff beskryf die volgende staaltjie uit die Engelse Oorlog in een van sy rubrieke:

"So staan ek (Rhynie), nou die dag as ʼn klein hartklopspikkel in die heelal in ʼn aftree-oord in Hermanus en ek kyk na die swart en wit klawers op Erna se klavier. Erna is nou in haar tagtigs en haar klavier, ʼn Otto Müller met twee ingeboude kandelare en pragtige houtsneewerk wat in die 1800’s uit Berlyn via Durban ingevoer is, het ʼn interessante musikale rol in die gravitasiekolke en ontploffingslig van die Anglo-Boere-oorlog gespeel.

“My Ouma Gerhardina was sestien jaar oud toe die Engelse in die Anglo-Boere-oorlog op ons familieplaas tussen Harrismith en Memel aankom. Jy weet seker van die Engelse se brandbeleid om plaashuise en besittings te vernietig toe die mans op kommando was en die vrouens tuisgebly het?”

Ja.

“Wel, die Engelse het Gerhardina, haar ma en ander kinders uit die huis gejaag om die huis aan die brand te steek. Die sestienjarige Gerhardina smeek toe dat die Engelse offisier haar klavier moes spaar. Hy sê toe dat, as sy vir hom iets sou speel, hy dit sou oorweeg.”

“Die soldate dra toe hierdie klavier na buite en weet jy wat sy vir hom speel? Home Sweet Home. En skielik was daar ʼn vredesoomblik in die oorlog tussen Ouma Gerhardina en die offisier,” sê Erna, “want hy het in trane uitgebars. Die klavier is gespaar.”

Na die tyd lees ek die liriek op:

Mid pleasures and palaces though I may roam,

be it ever so humble, there's no place like home.

"Home, sweet home", gesing deur Richard Conrad

'n Paar lieflike tradisionele liedere uit Engeland

"Fantasia on Green sleeves", deur Ralph Vaughan Williams
Meav sing "The last rose of summer"
"Scarborough Fair", gesing deur Amy Nuttall
"Early one morning", gesing deur The King's Singers

Maar die wonderlikste musiekskat wat ons by die Engelse kry, is kerkmusiek

Hoe dan nou anders, met die Anglikaanse kerk se eue oue musiektradisie en later die "Hymns" van die Metodiste en andere.

 

John Rutter se "For the beauty of the earth"
"Abide with me", gesing deur die koor van King's College Cambridge
"Bly by my Heer"
"Nearer my God to Thee", gesing deur die koor van Christ Church Cathedral, Oxford

Nearer, my God, to Thee, nearer to Thee!
E'en though it be a cross that raiseth me;
Still all my song would be nearer, my God, to Thee,
Nearer, my God, to Thee, nearer to Thee!

Though like the wanderer, the sun gone down,
Darkness be over me, my rest a stone;
Yet in my dreams I'd be nearer, my God, to Thee,
Nearer, my God, to Thee, nearer to Thee!

There let the way appear steps unto heav'n;
All that Thou sendest me in mercy giv'n;
Angels to beckon me nearer, my God, to Thee,
Nearer, my God, to Thee, nearer to Thee!

The with my waking thoughts bright with Thy praise,
Out of my stony griefs Bethel I'll raise;
So by my woes to be nearer, my God, to Thee,
Nearer, my God, to Thee, nearer to Thee!

Or if on joyful wing, cleaving the sky,
Sun, moon, and stars forgot, upwards I fly,
Still all my song shall be, nearer, my God, to Thee,
Nearer, my God, to Thee, nearer to Thee!

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page