 |
 |
|
 |
 |
Mosterdsous
200g mosterdsade 750 ml druiweasyn 15ml mosterdpoeier 500ml blatjang 2 bottels 750g mayonnaise elk - Week die mosterdsade in die wit druiwe asyn vir 14-21 dae
- Dreineer en meng met die mosterdpoeier, blatjang
en mayonnaise
- Sout en peper, en aromat na smaak
- Gooi in bottels
- Laat staan vir nog ‘n week voor gebruik
Bedien warm saam met beestong of skaapniertjies, of koud saam met koue vleise.
Aartappelslaai met gepiekelde vinkel
Vir die vinkel 1 vinkelbol, in dun skyfies gesny 250ml rys-of appelasyn 250ml water 50g strooisuiker 5 ml sout Fyn gerasperde skil van een lemoen - Pak vinkelskyfies
in ‘n skoon bottel met ‘n skroefprop
- Verhit asyn, suiker, souten water oor medium hitte totdat die suiker opgelos het
- Verwyder van die hitte en verkoel tot kamertemperatuur
- Roer die skil by
- Gooi oor die vinkel
en skroef die prop op (die vloeistof moet die vinkel bedek - indien nodig gooi nog water by)
- Hou in die yskas
Vir die aartappelslaai 4 groot aartappels, in die skil gekook tot gaar en in skyfies gesny 1
pienk ui, in skyfies gesny en gebraai tot sag en deurskynend. Laat afkoel. Mayonnaise 1 el fyn genyde dourissie (peppadew) 125ml van die vinkel (effens kleiner gesny) - Meng alles saam
- Sout en peper
- Klam
aan met mayonnaise
Die vinkel gee ‘n ander tekstuur aan die slaai – iets bros om op te byt.
Heerlike mosterd
Mosterd met gerookte forel
- Week 200g mosterdsade in 750ml wit druiwe asyn... vir 14-21 dae.
- Dreineer en meng met 15ml mosterdpoeier,
- 500ml blatjang en twee bottels 750g Kraft (2.3 kg Cross and Blackwell) mayonnaise.
- Sout en peper, aromat na smaak.
- Laat staan vir nog ‘n week voor gebruik
- Bedien met koue vleise en worse of gerookte forel
Komkommer –en radysslaai op die Russiese manier
1 klein komkommer, in baie dun wielietjies gesny 8 klein radyse, baie dun gesny in wieletjies 2 sprietuie ook dun gesny 125 ml suurroom 2 el fyn gekapte vars dille sout en peper
Resep: The Zakouska Table
Russiese aartappelslaai (Olivierslaai)
Die Russe gebruik, snaaks genoeg, nie uie in hul aartappelslaai nie. 2 groot aartappels, gekook tot net gaar maar nog ferm 60 ml suurroom ½ k gedreineerde heel mieliepitte ½ k gaar ertjies 10 olywe, fyn
gekap 15 ml gekapte vars dille - Sny die aartappels in klein blokkies
- Meng die milies, ertjies, olywe en dille daarmee saam
- Klam aan met die suurroom
- Skep in ‘n vorm en keer versigtig uit
- Gebruik
jou verbeelding en garneer dit so kitcherig soos jy wil :0)
Jamie Oliver se Panzanella (broodslaai)
Ingredients -
200 g stale ciabatta loaf -
600 g ripe mixed tomatoes, , roughly chopped -
sea salt -
freshly ground black pepper
-
1 handful small capers , drained -
1 small red onion , peeled and very finely sliced -
280 g jarred red peppers , drained and roughly chopped -
8 anchovy fillets in oil , drained and finely sliced
(optional) -
red wine vinegar -
extra virgin olive oil -
a bunch of fresh basil Method - Tear the ciabatta into rough 3cm
pieces and place on a tray. Leave aside in a warm place for around 30 minutes – this helps to dry it out.
- Place the tomatoes in a bowl and season with salt and pepper.
- Rinse the capers, squeezing out any excess liquid and add to the
bowl, along with the onion, peppers, ciabatta and anchovies, if using.
- Toss the mixture together with your hands, then stir in 2 tablespoons of vinegar and about 3 times as much extra virgin olive oil.
- Taste and add a little more salt, pepper,
vinegar or oil, if needed.
- Tear in the basil leaves, stir together and serve.
- Delicious with barbecued meats or roast chicken.
Kommentaar Ek het die kappertjiesaad (capers) en ansjovies uitgelos
- net so 'n heerlike resultaat gekry.
Geroosterde lemoen -en avokadoslaai
2 lemoene, ongeskil en in baie dun wieletjies gesny Olyfolie vir die bedruiping van die slaai Sout en peper ¼ klein rooi uitjie in dun wieletjies gesny
7 ml suurlemoensap Handvol slaaierigheid soos blaarslaai, roket, baba-spinasie 1 avokadopeer, in skyfies gesny en bedruip met 2 ml van die suurlemoensap - Voer ‘n
groot rolkoekpan uit met bakpapier
- Rangskik lemoensnytjies daarop, eweredig gespasieer
- Bedruip met olyfolie en sout en peper
- Rooster by 220°C
vir 10 minute, maar draai dit na 5 minute om
- Braai tot dit effens karamaliseer met bruin kolle plek-plek
- Laat afkoel
- Meng suurlemoensap en uie en laat staan vir ten minste 5 minute
- Meng groenerighied, avokado en uiemengsel
- Versier met lemoenskywe
Kelkiewyn Kookskoolresep
Franse uiemarmelade - Confit D' Oignon
Uiemarmelade met soutbeskuitjies
4 groot rooi /wit uie, afgeskil en in dun skyfies gesny. ½ k olyfolie 1 tl growwe seesout 1/2 tl peper 2 lourierblare
2 takkies roosmaryn 2 el sagte bruinsuiker 1/3 k droë rooiwyn (vir wit uie word witwyn gebruik) 1/3 k rooi wynasyn (vir
wit uie word witasyn gebruik) 1/8 k Balsamiese asyn -
Sny uie in dun
ringetjies -
Braai uie in lyfolie en maak seker dat alle uieringe met olie bedek is -
Draai hitte af, sit deksel op
pot en kook tot die uie begin verkleur -
Voeg by die sout, peper, lourierblare, en roosmaryn -
Kook vir 20 tot 30
minute to die kruie begin verlep lyk -
Voeg by die bruinsuiker, wyn, wynasyn, en Balsamiese asyn -
Roer aanhoudend
tot alles kook -
Verminder hitte en laat prut vir 20 tot 30 minute tot drooggekook en die uie sag en taaierig is. Roer gereeld. -
Verwyder die lourierblare en roosmaryntakkies -
Bedien koud saam met kouevleise of soutbeskuitjies en kaas Resep van Whatscookingamerica.net
Uiemarmelade saam met koue vleis.
Marco Pierre White se Italiaanse tamatiesous/smoor
Tamatiesous
Chef Marco Pierre White (MPW), het onlangs op die Australiese weergawe van "Masterchef", gedemonstreer hoe hy 'n dik tamatiesous maak. Hy gebruik net kersietamaties en omdat hy 'n baie rooi sous soek, met vars tamaties is dit so oranjerig,
voeg hy ook 'n bottel passatsous by. Mens kry passata by enige koswinkel soos Checkers. Dit is 'n klaargekookte, dik tamatiesous met min preserveermiddels en hou dus net so twee dae in die yskas as die bottel eers oopgemaak is. As
jy regtig 'n baie helder rooi sous soek, moet die passata ook helderrooi wees - myne was meer oranje. 1 groot pakkie kersietamaties, met tamaties gehalveer 1 bottel passatasous 2 groot uie, gerasper 2 toontjies knoffel, gerasper
olyfolie 2 lourierblare paar takkies tiemie 1 vleisaftreksel blokkie - Braai die ui en knoffel in die olyfolie vir so 2 minute terwyl jy dit voortdurend roer
- Voeg dan die tamaties, passata en kruie by
- Roer
voortdurend en braai vir 7-8 minute
- Voeg nou die aftrekselblokkie opgelos in bietjie kookwater by
- Laat die sous prut vir 40 minute
- Klits alles fyn as jy dit so verkies
- Sout en peper behoort nie nodig te wees nie - die aftreksel
is klaar sout
Gebruik as pastasous, in bredies en maalvleisgeregte.
Frikadelle in tamatiesous op polenta
Frkiadelle in tamatiesous op polenta
1 pakkie boerewors - ek het van Checkers se kampioenwors gebrui, dis lekker gegeur 500ml van MPW se tamatiesous 150ml olyfolie 30ml vars kruie soos tiemie en salie 250ml gaar ertjies 150g polenta (Italiaanse geel mieliemeel)
1 skaapaftrekselblokkie van Woolies, want dis die lekkerste :0) - Verwyder die worsvleis uit die dermpie en vorm klein frikadelle. so groot soos okkerneute
- Braai die frikadelle tot bruin in die olie
- Gooi die tamatiesous in 'n
oondbak en pak die frikadelle bo-op
- Bak vir so 15 minute by 180°C, tot gaar
- Los intussen die aftrekselblokkie in 800 ml kookwater op in 'n kastrol
- Roer die polenta stadig by die water terwyl
jy dit voortdurend roer
- Verminder die hitte van die plaat, sit die pot se deksel op en laat stadig prut vir 10 minute
- Skep die tamatie en frikadelle op die polenta, garneer met vars kruie en bedien warm
Jamie Oliver se gebakte botterbone en eier op braaibrood
Bone en eier op roosterbrood
500ml van MPW se tamatiesous 1 blikkie botterbone, gedreineer 4 eiers (een per persoon) growwe roosterbrood - Braai die bone in 'n kleefwerende pan tot hulle baie droog is en begin pop. Hou eenkant.
- Gooi
die tamtaiesous in 'n pan en verhit tot dit kook. Verminder die hitte.
- Breek versigtig die eiers bo-op die tamaties. Sit die deksel op die pan en stoom die eiers so gaar.
- Skep die bone op 'n sny roosterbrood en dan die tamatiemengsel
en eier bo-op.
- Bedien warm met vars kruie.
|
|
 |
|
|
|