Musiek van Skotland

Vir Helen Deas, ons pa se Skotse ouma. Sal altyd 'n sagte plekkie vir haar hê. Sy is gebore in Dunfermline, net oor die lieflike Firth of Forth vanaf Edinburgh.

Skotse musiek op die toer

Skotse heide in die Hooglande

Ons was onlangs op 'n dagtoer na die Skotse hooglande en Loch Ness, vanaf Edinburgh.

Die toerleier is in sy vrye tyd 'n DJ, en het die mooiste, gepaste musiek ten tyde van die rit gespeel.  

Hy het skynbaar sy eie musiek saamgevoeg om by die landskap te pas.  Hier volg 'n paar van sy mooistes:

"Will ye No Come back again", die Corries
"Mull of Kintyre", gesing deur Paul McCartney
"Wilde mountain thyme", deur Sarah Calderwood
"Highland cathedral"
My seun, Gawie, is van babatyd al baie lief vir doedelsakmusiek en ry agter al wat 'n "Highland Gathering" is aan. So slaan die Skotse bloed maar seker deur.
Eensame doedelsakspeler
Skotse heide
Die prentjiemooi beeste van die hooglande
Die Victoriaanse dorpie Pitlochry
Loch Ness
"My heart's in the highlands", met woorde dur Robbie Burns, en gesing deur Ross Harris
"Loch Lomond", hier gesing deur die King's Singers
My gunsteling loch, of soos die Skotte dit uitspreek, "lock"
"Annie Laurie", gesing deur die Red Army Choir
EN sing hulle dit nie mooi nie, nê? Spesiaal vir Renée.
"Scotland the brave". John McDermott
"Flower of Scotland"
Skotse volkslied, wat ons almal ken deur rugby.
Kenneth McKellar, sing "My love is like a red, red rose". Woorde deur Robbie Burns
Vir my steeds een van die mooiste liefdesliedjies in enige taal.
"Auld Lang Syne"< met woorde weereens deur Robbie Burns
"Caledonia", met die Royal Scots Dragoon Guards en Steve Balsamo
Die rooi brug in die video is die treinbrug oor die Firth of Forth tussen Edinburgh en Dunfermline. Dit moet sekerlik een van die mooiste mensgeskepte goed in die wêreld wees, veral in die aand as dit verlig word.

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...

Lizel Kotze | Reply 19.11.2015 13.40

Is gek oor Skotland. Was daar in 2006 en wou nie terugkom nie, het my hart daar gelos-Skotse musiek is die mooiste musiek wat daar is. Love Flower of Scotland

Madelie 19.11.2015 19.53

Ja. WIl graag eendag weer terug gaan en in die hooglande gaan stap, so tussen die heide.

See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page