Was van kleins af al baie lief vir riviere of sommer net stroompies water. Baie rond gespeel op die walle, met klei by die Rietrivier op Jacobsdal tot kappertjies gepluk teen die walle van die Eersterivier en
met toue daaroor geswaai. Lekker dae! EN toe ek die eerste keer die Teems sien in London, was dit liefde met die eerste oogopslag.
Riviere speel so 'n belangrike rol in die natuur, g'n wonder mens kry sulke wonderlike musiek
wat deur hulle geinspireer is nie. Maar baie min daarvan in Suid-Afrika en snaaks genoeg ook min oor die Teems. Maar luister lekker saam na 'n paar juweeltjies.