Tiffanyblou
Dat blou die meeste mense se gunsteling kleur is, verbaas mens nie - daar is immers so 'n groot kaleidoskoop van skakerings beskikbaar - vanaf die sagste poeierblou tot by die donkerste middernagblou.
My persoonlike gunsteling is
tiffanyblou. Sou my laaste ou kamertjie eendag in Huis Spataar in hierdie skakering geverf wees, met darem 'n titsel rooi iewers by, sal ek my laaste dae gelukkig deurbring!