Vinnig, maklik, smaaaaklik!

Somerkoek

Verhit oond tot 180°C

3 eiers, geskei

300ml strooisuiker

5ml vanielje ekstrak/geursel

100ml melk

40ml botter, gemelt en afgekoel

250ml meel

10ml bakpoeier

50g fyngekapte neute

Knippie sout

Vulsel

400ml room, styfgeklits

Bessies, somervrugte  en eetbare blomme vir garnering

  • Voer twee 23cm koekpanne uit met bakpapier en bespuit met kleefwerende sproei

  • Klits die eiergeel, die helfte van die strooisuiker en die geursel saam tot lig en donsig

  • Roer die melk en die botter by

  • Sif die meel en bakpoeier en vou in tot net gemeng

  • Deel die beslag tussen die koekpanne en maak dit gelyk bo-op

  • Klits die eierwitte styf en vou die oorblywende strooisuiker daarby in

  • Skep die mengsel versigtig bo-oor die beslag in die panne

  • Sprinkel die neute oor

  • Bak by 180°C vir so 20 minute

  • Verwyder uit die oond en laat dit in die panne koud word

Versiersel

  • Versoet die room met strooisuiker en vanieljegeursel na smaak

  • Skep die helfte oor die een koeklaag en bestrooi met die helfte van die vrugte

  • Sit die tweede koek bo-op en versier met die oorblywende room, vrugte en blomme

  • Dik jogurt kan ipv die room gebruik word

Resep uit “Tuis” van Oktober 2015

Rooibos kruietee

6  rooibosteesakkies

6 kardamonsade

1 el gerasperde “lemon grass”

1 el gerasperde vars gemmer

Gerasperde skil en sap van een klein suurlemoen

1 steranyssaad

  • Sit al die bestanddele in ‘n hittebestande beker

  • Gooi 1.5liter kookwater oor en laat deie mengsel trek vir ‘n paar ure

  • Gooi deur ‘n fyn sif en voeg heuning by na smaak

  • Bedien koud met ys

Ryskoekietoring

2 pakkies met 2 rolletjies in elk miniatuur ryskoekies (rice crackers)

1 bakkie maaskaas

2 el vissmeer

2 el gerasperde biltong

2 el gekapte vars basiliekruidblare of pietersielie

2 el fyn gerasperde cheddarkaas

  • Verdeel die maaskaas in vier dele en meng elke deel afsonderlik met of die vissmeer, biltong, kaas of basiliekruidblare

  • Smeer ‘n koekie dik met die mengsel en plak nog een bo-op

  • Rangskik dit op ‘n kleinbordjie om ‘n toring te vorm soos op die foto

  • Maak eers ‘n laag biltongkoekies, dan vissmeer, dan die blaremengsel en laastens dié met die kaas

  • Garneer met kersietamaties en vars groen blare

Suurlemoenmuffins

Verhit oond tot 180°C

500g klaar aangemaakte vanielje muffinmengsel

1 tl suurlemoengeursel

Gerasperde skil van 1 suurlemoen

Sap van een suurlemoen

Vars vrugte, bessies en eetbare blommetjies vir garnering

  • Maak mengsel aan soos op die pakkie aangegee en voeg dan die suurlemoengeursel, gesrasperde skil en sap by

  • Bak in papierbakkies by 180°C tot ligbruin en gaar

  • Laat afkoel

  • Versier met roomkaas of ‘n dik jogurt

Kommentaar

Bedien of as ‘n muffin, of as ‘n eiland vir nagereg, versier met bessies, vars vrugte en eetbare blommetjies

Fillovleispasteitjies met balsamiese pêrels en ‘n rooiwynreduksie

3 groot velle fillodeeg (te koop by Woolworths)

125 ml gesmelte botter

500g gaar maalvleis, gegeur maar nie te souserig

Witsous gemaak van 2 el botter en 2 el meelblom, genoeg melk vir ‘n dik sous

250ml fyn gerasperde cheddarkaas

Muffinpannetjie

  • Verhit oond tot 180°C

  • Verf ‘n vel fillo met die gesmelte botter

  • Sit nog ‘n vel bo-op en verf dit ook deeglik met die botter

  • Sit ‘n derde vel bo-op en sny die deeg in vierkante van geskikte grootte

  • Druk ‘n vierkant deeg met jou vingers styf vas in ‘n muffinholte

  • Druk ‘n tweede vierkant in dieselfde holte vas, sodat ‘n blommetjie vorm

  • Hou so aan (twee vierkante per holte) totdat al die deeg opgebruik is (genoeg vir 5 blommetjies)

  • Bak vir 5 minute by 180°C  

  • Verwyder pannetjie uit die oond

  • Verhoog die temperatuur to 200°C

  • Vul elke blommetjie versigtig met die maalvleis

  • Skep ‘n groot lepel witsous bo-oor

  • Besprinkel met gerasperde kaas

  • Bak by 200° vir so 5 minute tot die deeg begin verkleur

  • Garneer met balsamiese pêrels en ‘n rooiwyn reduksie, of met vars kruie

Kommentaar  

Meet vroegtydig hoe groot om die fillo te sny sodat dit mooi oorhang oor die kante van die muffinholte.  Sny dan daarvolgens ‘n patroon uit karton.  Dit is nou maklik om met ‘n pizzawieletjie of mes die deeg in die korrekte grootte te sny.  Moge het treffe werk nie, (vra my).

Mossel en sampioentert

Mossel- en sampioentert. Maklik, gou en iets anders.

30ml botter

1 ui, gekap

170 g sampioene, gekap

85 g gerookte mossels, grof gekap

250ml gerasperde cheddarkaas

Knypie rooipeper

2 groot eiers

125 ml melk

5 ml mosterdpoeier

30 ml koekmeelblom

Geuropwekker (Aromat)

Vars gemaalde swartpeper

 

  • Smelt botter in 'n pan.

 

  • Soteer ui daarin tot sag.

 

  • Meng ui, sampioene, mossels, kaas en rooipeper liggies saam en plaas in 'n gesmeerde tertbak

 

  • Klits eiers, melk, mosterdpoeier, meel, geuropwekker en peper saam tot goed gemeng.

 

  • Giet melkmengsel oor vismengsel in tertbak.

 

  • Bak in 'n voorverhitte oond teen 180C vir 30 minute of tot gestol en goudbruin.

 

Getoets deur Johann du Preez uit “Vyftien soet en 15 sout terte”.

Kommentaar:

1     Baie klein tert - maak dit dubbel aan, maar verminder dan die rooipeper as jy nie van die byt hou nie.

2     Gebruik net die helfte van die botter om die ui in te braai, anders word die tert te olierig.

3     Sny sampioen in die lengte in skyfies en garneer die tert daarmee, as my "eighties" poging jou nie geval nie. 

4     Heelwaarskynlik gaan Woolies se gedroogde uie nogal werk om bo-oor te strooi - sal 'n lekker krakerige effek aan 'n happie gee.

Madelie 

Add photo text

Bosbessie- en rooibosmuffins

500g klaar vanieljemuffin mengsel

175 ml olie

2 eiers

225 ml rooibostee

50g bosbessies (cranberries)

75 g macadamianeute

1   Kap neute fyn in voedselverwerker

2   Maak sterk rooibostee aan (drie sakkies vir 225 ml kookwater) en laat afkoel

3   Klits eiers effens en voeg saam met die olie by die muffinmengsel, bosbessies en neut

4   Voeg bietjie vir bietjie rooibos by en meng goed

5   Bak 20 minute by 180 grade C

Kommentaar:

Die rooibos gee die muffins so 'n gesonde bruinerige tint.

Enige neute kan seker werk, maar fyngekapte macadamias het so 'n growwe melerige tekstuurwat lekker werk in die muffins.

Die bakkie is ook een van Melrosehuis se Antiekemark winskopies - nou nie antiek maar vir my steeds pragtig! 

 

Madelie  

 

Vinnige kaaskoek

1 liter jogurt

1 blikkie kondensmelk

1/2 pakkie mariebeskuitjies

1   Krummel beskuitjies fyn en strooi laag daarvan onder in die bak

2   Meng jogurt en kondensmelk deeglik en gooi bo-op beskuitjiekrummels

3   Bak in mikrogolfoond op volle krag vir vier minute

4   Strooi van die beskuitjiekrummels bo-oor en versier met vars vrugte of eetbare blommetjies

Kommentaar:

Wees versigtig om tennisbeskuitjies te gebruik - dit bevat klapper wat nie altyd lekker is saam met die jogurtmengsel nie

Ek het arbeijogurt gebruik, maar dink grenadilla, appelkoos en guava behoort nog lekkerder te wees

Het hierdie kaaskoekresep en nog 'n paar resepte wat later kom by Monja gekry.  Sy behoort aan 'n resepteklub.  Nie seker wie die skepper hiervan is nie.

 

 

 

 

Kraakbeskuitjiekoek

Heerlik en nuut!

 

125 g sagte botter

 

250 ml wit suiker

 

2 groot eiers

 

250 ml melk

 

200 g pakkie kraakbeskuitjies (cream crackers), grof gekap

 

10 ml bakpoeier

 

Knippie sout

 

100 g amandelvlokkies, grof gekap

 

Karamelversiersel

 

45 ml sagte botter

 

125 ml wit suiker

 

60 ml vars room

 

3 ml vanielje/karamelgeursel

 

1                   Room botter en suiker. 

 

2                   Voeg eiergele een vir een by.  En klop tot  lig en romerig.

 

3                   Voeg melk by en meng goed.

 

4                   Voeg beskuitjiemengsel by.

 

5                   Roer by die bakpoeier, sout en neute.

 

6                   Klop wit van eier tot by stywepunt stadium en vou dit in die mengsel.

 

7                   Bak in 23 cm veerpan by 180° vir so 45 minute.

 

8                   Los die koek vir ‘n rukkie in die pan wanneer dit gaar is en keer dan uit op ‘n draadrak om goed af te koel.

 

 

 

Karamelversiersel

 

1                   Kook botter, suiker en room saam in ‘n dik boom kastrolletjie vir ‘n paar minute.

 

2                   Verwyder van die hitte en voeg geursel by.

 

3                   Laat effens afkoel en gooi oor die koek.

 

Kommentaar

 

Lekker koek, maar kleinerig - verdubbel dit wanneer jy dit vir 'n spesiale geleentheid bak.

Die versiersel is heerlik - moet dit net nie te lank kook nie, dan word dit toffie.

Karamelkondensmelk behoort ook goed te werk as alternatiewe versiersel.

Madelie

Bron: “Recipes from the Royal kitchen”

 

Krummels
Kap krummels so fyn soos hierdie.
Die versiersel is heerlik en lig.
Maklike en flopvrye southappies - biltonghappies en rëenboog toebroodjies. Ons southappies en roosvonkelwyndrankie om die lente te vier. Wens net die res van die gesin was nader.

BIltonghappies

Fyn gerasperde biltong

Kraakbeskuitjies (cream crackers)

Botter

Marmite

Basiliekruidpesto (opsioneel)

1    Breek beskuitjies in twee

2    Maak mengsel aan van sagter botter en marmite

3    Smeer helfte van beskuitjie met pesto of botter mengsel en sit twee opmekaar

4    Smeer dubbelbeskuitjie weerskante goed met bottermengsel en rol in die fyn biltong

5    Jy kan dit al die vorige dag maak en in die yskas hou - beskuitjie word nogal nie pap nie.  

 

 

Rëenboogtoebroodjies

Gesnyde brood

Vissmeer

Sterk gegeurde cheddarkaas

Fyn biltong

Marmite

Basiliepesto of mengsel van fyngekapte pietersielie en botter

1    Maak drie mengsels aan met botter:  Marmite en biltong botter, vissmeer en botter, fyn        gerasperde kaas en botter, fyn gekapte pietersielie en botter indien verkies bo pesto

2    Smeer sny met marmite mengsel en plak op onderste sny

3   Herhaal met ander smere en eindig met skoon sny

4    Draai brood toe in tinfoelie en verkoel

5    Jy kan dit die dag voordat jy dit nodig het al maak

6    Sny kante en korsies van brood af

7    Sny brood versigtig in skuins kwarte     

 

Roosmengeldrankie

1 bottel brutterige Cape Classique vonkelwyn

1 botteltjie rooswater

Suiker

Vars roosblare

1    Gooi 1 tl suiker en 'n halwe tl rooswater onder in elke vonkelwynglas

2    Maak vol met vonkelwyn

3    Bedien met vars roosblaar in elke glas

Maak jou eie "Bienen stich". Nie so moeilik soos dit klink nie en baie geodkoper as die gekoopte weergawes.

"Bienen stich" koek

Het dit vir die eerste keer by die ou Café Florian in Brooklyn Mall geëet en was onmiddellik versot daarop.  Deesdae is dit egter verskriklik duur om te koop – so R100.00 vir vier stukkies by die Duitse bakkery naby ons.

Besluit toe om te oefen en te oefen tot ek dit self kan maak en na so drie probeerslae reggekry – HEERLIK en toe nou nie so moeilik soos ek gedink het nie.  Probeer gerus hierdie vereenvoudigde weergawe.

Die regte Duitse manier is skynbaar om ‘n koek met gis te bak, dit dan in lae te sny met die vulsel tussen die lae.  Sommige restaurante bedien dit wel so, maar vir my persoonlik is dit nie so lekker soos Café Florian s’n was nie.

Onderste en boonste korse

Onderste korse

Gebruik twee ewe groot veerpanne (Iosboompanne) en smeer met botter indien nodig

1 pakkie kraakbeskuitjies (cream crackers) baie fyngekap

75g botter

Smelt botter en meng met krummels

Verdeel mengsel in twee en druk stewig vas op die bodems van die twee panne

Laat goed koud en stewig word

Boonste amandelkors

100 g amandelvlokkies (bak dit eers effens in die oond tot ligbruin)

60 ml suiker

1 el melk

Meng die bestanddele en kook oor stadige hitte tot suiker gesmelt het

Skep klein hopies op die een tertkors en sodra dit efens kouer is, smeer dit gelyk

Verkoel oornag

Vulsel

1 liter volroom melk

4 eiergele

120g suiker

90 ml mielieblom

3 velletjies gelatien (jy kry dit by Woolies)

Gerasperde skil van ‘n halwe lemoen

2 tl vanieljegeursel

60g botter

Meng mielieblom, suiker, geel van eier en vanieljegeursel en klop tot dit lig en romerig is

Verhit melk net tot dit begin prut (lank voor dit kook)

Gooi bietjie vir bietjie melk by die eiermengsel en klop goed met ‘n draadklitser

Terug stoof toe in kastrol

Voeg gelatien by, en verhit tot die mengel dik word terwyl jy dit aanmekaar klits met die draadklitser

Roer die botter by en verwyder van die stoof  VOORDAT MENGSEL BEGIN KOOK

Laat effens afkoel en gooi op die oorblywende tertkors

Laat afkoel en plaas oornag in die yskas om te stol

Om op te dien

Plaas die pan met die vulsel op ‘n hoë koekstaander

Verwyder die omhulsel van die pan met die amandelbolaag baie versigtig en skuif die amandellaag oor op die vulsel

Verwyder die laaste omhulsel en bedien

EN voila, toe nou nie so moeilik soos jy gedink het nie, nê?

Zander by sy ontbytverrassing.

Ontbytmannetjie

2 nartjieskyfies vir die ore

Gerasperde kaas vir die hare

2 kleinronde stukkies droë wors as ogies

Tamatieskyfie vir mondjie

Stukkie heel kaas vir die neusie

Stukkie piesang in die lengte deurgesny vir die nek

1 of 2 eiers, geroer en gaar

Rooster die brood en sny kante af om ronde gesiggie te vorm

Smeer roereier oor die hel sny brood as agtergrond

Rangskik die ander dele van die gesiggie soos op die foto

EN siedaar, 'n gebalanseerde ete met min moeite

 

 

1 sny roosterbrood

 

 

Lemoenpatat broodjie

Maklike lemoenpatat broodjie

1 el roomheuning

Gerasperde skil van een lemoen

2 tl lemoengeursel

1 k karringmelk

½ k vars melk

2 eiers, effens geklits

2 ½ k bruismeel of  meelblom met 3 ½ tl bakpoeier

1 tl sout

3 el olie

1 k fyngemaakte gaar patat

1 k suiker

Meng alle bestanddele deeglik saam, behalwe die helfte van die lemoenskil

Bak in ‘n broodpannetjie by 180° C vir 55 tot 65 minute

Laat broodjie afkoel

Garneer met die oorblywende lemoenskil

Kommentaar

Roomheuning is heuning wat geklits word tot dit romerige word.  Lyk vir my maar baie na heuning wat sandsuiker geword het, maar dit het 'n heerlike tekstuur.  Dis beskikbaar by WOOLIES, by die ander heuning en werk lekker in gebak.

Is mal oor lemoenpatats en het toe gedink die smaak behoort te werk in 'n broodjie.  Kan ook die deeg in muffinpannetjies bak.

Bessieplaatkoekies met geroomde heuning ala “Tuis” van Oktober 2014

 

500 ml bruismeel of meel met 15 ml bakpoeier

Knippie sout

2 eiers

50 ml suiker

250 ml karringmelk

25 ml botter, gesmelt

125 g frambose (raspberries) of aarbeie of gemeng – hou ‘n paar vir garnering

Olie vir vlakbraai

30 ml geroomde heuning (creamed honey)

Sif droë bestanddele

Klits eier en suiker saam tot lig en sponsig

Voeg karringmelk en botter by

Meng met droë bestanddele om ‘n gladde beslag te vorm

Skeur ‘n paar frambose of aarbeie op en roer in deeg in

Verhit ‘n bietjie olie in braaipan en braai eetlepels vol beslag

Sit voor met geroomde heuning en vars bessies

Kommentaar

  • Ek het nie genoeg vars frambose gehad nie en toe aarbeie in die beslag gebruik – heerlik.  Frambose vir garnering
  • Die melk was vir my te min – bietjie varsmelk bygevoeg
  • Woolies verkoop geroomde heuning, maar dit is donkerder as op “Tuis” se foto.  Ek vermoed “Tuis” het dalk die kleur bietjie gedokter om meer soos room te lyk

 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...

Madelie | Reply 26.08.2014 19.13

Ja man, dit was jy of Annerien wat dit by een of ander ete of tee gehad het.

Martie Lategan | Reply 26.08.2014 13.03

O Griet, ek kan nie eens onthou dat ek so iets gemaak het nie, raak nou oud!! Liefde

See all comments

| Reply

Latest comments

30.08 | 12:44

It seems really a nice sharing due to its informative stuff which I will share with my dad after my https://www.goldenbustours.com/seattle-tour-packages/

...
06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
You liked this page