Oudste jakaranda in die stad op die terrein van Sunnyside Primary School.
Dink ‘n mens aan Pretoria dink jy onmiddellik aan die jakarandas – volgens die owerhede meer as 70 000 van hulle, al word daar al vir jare nie meer jakarandas aangeplant in die nuwe woonbuurte nie – slegs inheemse bome. Die oudstes
is al in 1888 aangeplant in Sunnyside en hulle staan vandag nog. Daar groei ook ‘n klompie spierwit jakarandas in Groenkloof se Herbert Bakerstraat – interessant om daarna te gaan wanneer hulle blom hier in Oktober rond.
Die
Bronberger van 23/2/ 2012, noem ook die volgende: “As ‘n ingevoerde spesie, is jakarandas deur die parlement as ‘onkruid en indringerplant’ geklassifiseer. Die plan was om die nagenoeg 70 000 jakarandas langs Pretoria
se strate te vernietig, maar petisies is geteken en ingedien en dit is besluit dat dié jakarandas in ‘n aparte kategorie geplaas moet word. Dit het die stad in staat gestel om bestaande bome te behou, maar hulle mag nie nuwe jakarandas aanplant
nie.”
Nou wonder mens darem, laas toe ek gekyk het was akkerbome ook nou nie eintlik inheems nie, maar nog nooit gesien dat iemand hulle as “indringerplante” beskou nie?