Die Royal Worcester soufflébakkie. Sien op internet verkoop dit vir so 18 na 20 pond - so amper R400.00.
Kommentaar:
1 Sommige mense voeg ook room by, maar dis regtig nie nodig nie.
2 Die brodeplek
in Brooklyn Mall bedien dit ook met fyn gesnyde, ingemaakte stukkies
vy - heerlik.
3
Toe ons klein was, het my ma altyd vir gaste na ete, swart koffiesakkoffie in klein
koppietjies bedien. Weet nie of dit net ‘n modegier was nie, want
later van tyd is
die koffie in gewone grootte koppies bedien. Het van my skoonma ‘n pragtige
antieke stelletjie hiervan gekry - sien foto.
4
Mens kan dus vir elke gas sy eie bordjie pak met patee, bruschettas en glasie sjerrie.
5 Kyk by plekke soos Melrose huis se Antiekemark vir mooi bakkies, glasies en so aan.
Kry baie keer winskopies as jy jou oë oophou. Hierdie soufflébakkie is van Royal Worcester. Dis glad nie antiek nie, dink so sestigerjare miskien, maar het dit gekry vir R25.00. Glo my, ek het verlede jaar die Royal Worcester
se fabriekwinkel in die stad Worcester besoek – die goed is duuuur daar, want baie van dit word met die hand geverf.
Geniet
Madelie