Lente is hier!

Vincent van Gogh se "Amandelbloeisels

Amandelbloeisels

Amandelboom, O Lentebruid

Amandelboom, O Lentebruid,
hoe spierwit bars die blomme uit,
die takke weeg nou, vlok op vlok
met haelwit sterre toekapok!

Nog al die ander bome wag
op stil invloeiing van die krag,
wat uit die grond se donker hart
beur na die takke, kaal en swart.

En in die dooi omgewing kleur
jy rein en wit; jou blommegeur
hang soet oor dor, vermufte bas,
uit tye toe daar winter was.

Jy is die eerste, in lentetyd,
wat wit uitstort jou vrugbaarheid,
en laaste van die bomesee
wat dan jou harde vruggie gee.

En tog bring jy die eerste teug
van diepste skoonheid van die jeug,
en spreek daar uit jou blommeprag
die heerlikheid van skeppingskrag!

Amandelboom, O Lewensbruid,
hoe heimlik bars die blomme uit,
die eerste milde skoonheidsbrood,
die lewenskrag uit winterdood!

C.M van der Heever

Het hierdie gedig laas op skool gelees.  Al vergeet hoe mooi dit is!

Schubert: "Fruhlingsglaube", gesing deur Dietrich Fischer-Dieskau
Waaat, kon Fischer-Dieskau nog geskilder het ook?
Grieg: "To the spring", gespeel deur Aviatoslav Richter
Baie lekker stuk om te speel.
Sibelius: "Spring song"
Ken dit glad nie, maar vind dit pragtig.
Schumann: Lente Simfonie, vierde beweging
Meester met vars en suiwer orkestrasie.
Mendelssohn: "Spring song"
Lekker om 'n ou bekende weer te hoor.
Beethoven : Lente sonata vir viool en klavier, hier gespeel deur Yehudi Menuhin en Wilhelm Kempff
Waar wil jy nou twee beter soliste kry!
Bach: "Awake Thou Wintry Earth"
Klink na 'n opname wat op 'n orrel uit Bach se tyd gemaak is.
Strauss: "Voices of spring"
Niks so lekker soos 'n ou walsie nie!
Vaughan-Williams: "The lark ascending"
Iets nuuts vir my.
Verdi: Lente-gedeelte uit "I Vespri Siciliani"
Pragtig.
Delius: "On hearing the first cuckoo in Spring"
Ook nuut vir my.
Schumann: " Im wunderschonen Monat Mai", gesing deur Fritz Wunderlich
Wonderskoon. Laat mens verlang na mense wat jy jy nie eers ken nie.
Lilacs. Ons het so n' boompie gehad op Jacobsdal - lieflikste geure wat die blommetjies het, maar nog nooit weer een gesien daarna nie.
Julie Andrews sing "We'll gather lilacs in the spring"
Het nogal gesukkel om 'n mooi opname hiervan te kry met 'n goeie klankkwaliteit, want dis darem so 'n lekker romantiese ou liedjie.
Cat Stephens: "Morning has broken"
Nooit besef die liedjie het nou eintlik iets met die lente te doen nie he he.
Eddie Calvert: "Cherry pink and appleblossom white"
As ek reg onthou was dit die tema van ons matriekafskeid. Oulike idee.
Herman Emmink: "Tulpen uit Amsterdam"
Skynbaar die oorspronklike opname. Verpersoonlik regtig die lente. Hoop om volgende jaar Amsterdam te besoek.

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page