Woorde

Oor kardoese, mannekyne en koffers

Die tyd van "Etikette op my koffer", soos in Elsa Joubert se boek, is vir altyd verby.

Is ‘n taal darem nou nie ‘n interessante ding nie?  Ou, afgeleefde woorde raak in onbruik en nuwes word voortdurend geskep.

Dink nou aan ‘n word soos kardoes.  Algemeen in gebruik in ons kinderjare, maar toe ek onlangs die woord gebruik wou ‘n jonger kollega haar slap lag – dit nog nooit gehoor nie.  Deesdae praat almal mos maar van ‘n papiersak.  So ook dra niemand meer ‘n koffer nie – almal sleep mos nou tasse.  Mannekyne vertoon ook nie meer klere nie –dis deesdae modelle se werk.  So stil-stil het woorde soos mannekyn, kardoes en koffer dus  uit die daaglikse taalgebruik verdwyn.

Wat ‘n groot skok was dit egter vir my toe ek agterkom my studentekinders ken glad nie die woord tokkelok nie… Nou vra ek jou, in ons tyd op universiteit is alles deur tokkelokke oorheers - die meeste primarii van koshuise, die huiskomitees, studenteraad, alles.  Deesdae studeer hulle blykbaar in die teologie. 

Alle oud-Maties sal ook onthou dat niemand ooit LO geswot het nie, maar jokl.  Destyds het ons ook nie op Maties gestudeer soos nou nie, maar op Stellenbosch of op die Akker.  Om te sê jy swot op Maties was amper net so uit soos vir ‘n meisie om ‘n handsak te dra kerk toe – net eerstejaars het dit gedoen, en ook net tot hulle hul fout agtergekom het!

Intussen het leerlinge toe nou ook leerders geword, (wat ‘n aaklige brousel van ‘n woord), en katkisasie en katkisante verander in kategese en kategete.  ?????????

Die volgende woord wat heelwaarskynlik gaan verdwyn is seker die woord kafee.  So stadig aan verdwyn die kafees net om vervang te word met 24-uur motorhawewinkels.  Net die ou woonbuurte soos ons s’n hier in Pretoria het nog kafees.  Hopelik byt die oorblywende paar darem nog ‘n ruk lank vas.

Draadlose is deesdae radio’s, poeding het verander in nagereg en bandiete in gevangenes.

Kry soms lus as ek ”Die Burger” lees om uit te skree – “Hallo, dis planeet aarde wat hier roep”.  Weet jy wat ‘n poegie is?  Lees dat een of ander maatskappy ‘n ruk gelede vier poegies geskenk vir liefdadigheid.  Wel, ‘n poegie is skynbaar wat ons aardbewoners ‘n bromponie noem, en moet dit nie vreemd vind as jy van ‘n komper lees nie, synde ‘n rekenaar te wees. 

‘n Aantal jare gelede toe ons met vakansie op Glentana was, het ”Die Burger” ook ‘n eksperiment probeer om in plaas van die titel mevrou, net die word vrou te gebruik -  so sou mevrou Botha, dus vrou Botha word????  Gelukkig het dit darem nie inslag gevind nie. 

Sien die koerant noem ook ‘n begeleide toer in ‘n museum, ‘n rondleiding.  Laat mens dink aan ‘n klomp baba-olifantjies wat mekaar se sterte vashou en al in die rondte om en om loop.  

Jaak, verandering is seker goed, maar aai, kardoes bly darem maar steeds vir my ‘n mooi woord.

 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page