In die Britse tradisie, is die spyskaart beskikbaar op die restaurant se webwerf, maar dit word gereeld bygewerk volgens watter vars produkte beskikbaar is op ‘n betrokke dag.
Susan was lus vir “beef tartare” as voorgereg
en myne was iets soos ‘n sirloin carpaccio – vleis in baie dun skyfies gesny, met bitterballen en ‘n truffelsousie. Die tartare was onberispelik gegeur – heerlik, maar so ook myne. Dit was die eerste keer dat ek bitterballen
geëet het en het dit toe gaan navors op die internet – plaas later ‘n resep daarvoor wat op die TV-program “Pasella” gemaak is. Dit lyk heel doenbaar vir ‘n vrotterige kok soos die uwe – gaan dit defnitief probeer
maak want dit is iets besonders.
As hoofgereg het Susan kwartel bestel en ek beesvleis op verskillende maniere gaar gemaak – stukkie steak en beesstert kroket, een van die lekkerste en sappigste goetertjies denkbaar. Dit word blykbaar net
soos die bitterballen gemaak, eers gerol in meel, dan in eier en heel laaste in baie fyn broodkrummels. Dis skynbaar belangrik om dit te laat rus in die yskas vir so 30 minute voordat dit gebraai word.
Die steak was vir my lekkerder as die
kobe bief wat ek en Renée ‘n tyd gelede geëet het. Kobe kom van Japannese beeste wat glo onder andere bier gevoer word, met ryswyn gemasseer word en vir wie daar klassieke musiek gespeel word (huh?).
Vir nagereg, ‘n
kaasbord met tuisgemaakte melba broodjies, gorgonzola en ander plaaslike kase. Mmmm!
Wat ‘n wonderlike moedersdag was dit nou nie? Skoonseun het na die baba gekyk en ons twee “moeders” kon rustig sit en eet.
BAIE DANKIE AAN DIE WESSELSE!