Eintlik nogal 'n aantreklike man as hy ernstig is.
‘n Mens is nogal geneig om Rowan Atkinson, die akteur wat Mr Bean vertolk, te onderskat. Wie sal nou kon dink hy was as kind ‘n koorknaap in Durham Katedraal, saam met, van alle mense, die gewese Britse premier Tony Blair. Na
skool studeer Atkinson ingenieurswese en behaal sy meestersgraad in Elektroniese Ingenieurswese aan Oxford.
Van Mr Bean, sê hy, dat dit gebasseer is op homself as negejarige seuntjie – skaam, baie aspris en soos so ‘n seuntjie
maar kan wees, soms ‘n bietjie van ‘n anarchis. As Mr Bean is daar nie eintlik dialoog nie, omdat Atkinson self ‘n effense hakkelprobleem het en sukkel om klanke soos die letter B uit te spreek – hy oorbeklemtoon dit altyd, soos
wanneer hy sê “BBean”.
Hiermee ‘n paar van sy skaarser sketse waarin mens kan sien dat hy eintlik baie musikaal is. Geniet.