Bonnievale Cabernet Sauvignon/Merlot
Year: 2014
Country: Suid-Afrika
Price level: Onder R50,00
Meer medaljes as Idi Amin
'n Heerlike, bessiesagtige, vrugtige wyntjie met 'n titsel vanielje.

Michelangelo internasionale wyntoekenning, 'n dubbelgoue China Wine an Spirit Award en so aan.

Bekostigbaar en lekker.

Oral beskikbaar in die Kaap - Foodlovers Market, padstalle en so aan.


Rhebokskloof Chardonnay
Year: 2013
Country: Paarl
Price level: Dink so R60,00
Lig en lekker

Lekker enetjie, effens gehout.  Volgens die bottle, sitrus, muesli en neutering.  Vir my persoonlik droë gras en aspersie.

    

13.5% alcohol.

Wenner van 'n Michaelangelo International goud in 2013, asook 'n brons Veritas.

Heerlike vars smaak vir pasta, pluimvee en vis.  

Olive Brook Chardonnay
Year: 2013
Country: Robertson area
Price level: DInk so R60 - R70 by die SPAR
Letterlik 'n mondvol

Die bottel sê:

"Sumptuous and creamy, emanating soft undertones of citrus, pear and apple aromas, weaving through delicious layers of melon fruit, fresh with some limey acidity on the palate, built on an underlay of nuts and a chalky earthiness.  Complex with juicy fruit layers and an alluring mouth filling aftertaste".

😲 😲 😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲😲

Genade - sou daar iewers 'n kursus bestaan wat mense sulke beskrywings leer aanmekaarslaan?

Vir my proe dit lekker, met vrugtige aromas en 'n heerlike nasmaak.

Bedien saam met ligte maaltye, pastageregte, pluimvee disse en seekos. 


Odd Bins 450: Grenache Blanc
Year: 2013
Country: Suid-Afrika
Price level: Seker so R30.00
Heerlik verfrissend in die hitte

Grenache Blanc word normaalweg in versnitte gebruik, maar glo my dis net so lekker op sy eie.  Moet dit net nie te lank hou nie, dit oksideer nogal gou.

Verwant aan die rooidruif Grenache varieteit.

Die bottle sê mens tel peer, appelkoos en 'n titsel heuning op op die neus.

Ek myself proe groen appel en verder net dat dit lekker is.

Bedien saam met seekos en veral skulpvis.


😉  

Lanzerac Chardonnay
Year: 2012
Country: Stellenbosch area
Price level: Dink so R80.00
10 maande lank gehout op Franse eik
Het nog altyd 'n sagte plekkie vir Lanzerac, omdat ons huis op Stellenbosch maar so vyf minute ver van die plek af was en ons gereeld daar rondgeloop het.
 
Hierdie Chardonnaytjie is nou so reg na my smaak - goed gehout, en dit wys!

Pure sitrus en dan die lieflike rokerige nasmaak gemeng met pomelo en later lemoenskil.  Die bottel noem ook gemmer en vanielje.🤭

Heerlik!
The Wolftrap Rooiwyn
Year: 2013
Country: Druiwe afkomstig uit die Swartland, maar wyn gemaak en verouderd op die plaas Boekenhoutskloof, Franschhoek
Price level: Dink so R80.00
Heerlike rooietjie
Versnit opgebou uit

Syrah 67%, Mourv è dre 31% en Viognier 2%.

Skynbaar vernoem na 'n slagyster vir wolwe wat op die plaas ontdek is.🤔  Maar, geen wolwe nog ooit gewaar nie, net so nou en dan 'n luiperd.

Swart bessie-agtig, viooltjies, tel effense hout op , peperagtig met sagte tannien.

Fat Bastard Shiraz
Year: 2012
Country: Robertson, Suid-Afrika
Price level: Kan nie onthou nie
Die vettie smaak nogal lekker
"Fat bastard" 🤔, verwys seker na die klein seekoeitjie op die bottel?   😮

Word van baie ryp druiwe gemaak en met die hand geoes.  In klein, nuwe eikehouvate verouder. 

Die bottel sê swart peper, kaneel, naeltjies, swart bessies en brame.

😀  Heerlik!  Kan enige "Fat bastard" produk probeer  - almal lekker en goeie waarde vir geld.
Diemersfontein Pinotage
Year: 2013
Country: Wellington - soos in Kaap
Price level: Woolies R117.00 :o( Hyperama R79.00 :o)
Ryk maar lekkerrr
Bly darem maar een van die lekkerste 😀😲.

Ryk en diep smaak van mokka en donker romerige sjokolade.  Ook toffierig en neuterig.

Nodig om dit te laat asemhaal, selfs in kraffie te bedien - laat dit nog lekkerder smaak.

Al heelparty kere as die publiek se gunstelingwyn aangewys by Winex, en glo vir my, met rede. 
Santa Julia: Malbec
Year: 2012
Country: Argentinië
Price level: R41.00
Lekker Pumawyn
🤩
Een van die Hyperama se "wyne van die wêreld". 

Heerlike kersie en donkerrooi vrugte soos pruim met spesery ondertone en tog nie baie swaar nie.

Gebruik by rooivleise, pastas met rooi sous en harde kase soos cheddar.
Laibach: "The ladybird", rooi versnit
Year: 2011
Country: Simonsberg, Stellenbosch
Price level: R99.00
Platters Diners Club **** goud
Geen wonder dit het **** nie, want dis lekker.

Versnit opgebou uit 41 % Cabernet Sauvignon, 26 % Cabernet Franc, 19 % Merlot, 7 % Petit Verdot, 7 % Malbec.

Die bottel sê ondertone van donker pruim, speseryagtig soos in tabak, rooi bessies en die bottel jok nooit, hmm!

Drink dit vanaand saam met skenkelbredie - heerlik!  Ook saam met enige rooi vleis soos wild.

Kan nog vir baie jare verouder.

Kliek op die skakel om meer oor die wyn te lees:

http://www.laibachwines.com/index.php/wines/datasheet/258
Vergelegen Cabernet Sauvignon versnit
Year: 2010
Country: Somerset-Wes
Price level: R69.00 by die Hyerama
Willem Adriaan se nalatenskap
Het ou Willem Adriaan van der Stel ons nie darem 'n guns gedoen toe hy Vergelegen in 1700 begin het nie? Sê van die man wat jy wil, maar hy het darem vir ons 'n gawe nalatenskap nagelaat.

Hierdie versnit is regtig 'n hoogtepunt - donker bessies, tabak, mocha, vir veertien maande verouder in die beste Franse eikehout vate.  Hmmm!

Kampioen SA Jongwyn van 2012.

Versnit: 

 

52% Cabernet Sauvignon
30% Merlot
15% Cabernet Franc
3%   Petit Verdot

Altydlig Shiraz
Year: 2011
Country: Plaas Altydlig in Laubser-familie besit vir Nataniel gebottel
Price level: R64.00 by Checkers
Net so flambojant soos die baas!
Heerlike, robuuste donker rooi vrugtegeure - kersies, swart bessies, pruime.  Flambojante neus - Nataniel in 'n wynglas  😉
Krone: Chardonnay Pinot Noir versnit
Year: 2013
Country: Tulbagh streek: Twee Jongegezellen
Price level: So in die omstreke van R70.00
Proe 'n slag 'n vonkelwyn sonder vonkel
'n Versnit van Chardonnay en Pinot Noir word gewoonlik deur die Krone-familie vir die maak van Methode Cape Classique vonkelwyn gebruik, maar in hierdie geval het hulle dit 'n "stil wyn" gemaak, nie 'n borrel in sig.

Die Chardonnay bring die gebruiklike sitrus, suurlemoen en lemmetjie en die Pinot die bessie.  Heerlik en vrugtig, ook op die neus. 
Carillonade Bordeaux
Year: 2010
Country: Frankryk
Price level: R45.00 by Checkers
Checkers reis om die wêreld
Gemaak van merlot, tel rooi vrugte en vanielje op.

Drinkbaar maar niks besonders.🤔  Dink ons onderskat ons eie produk.

Vir die van julle wat vergelykend wil proe, bied Checkers nou die geleentheid met bekostigbare wyne van meeste van die wynlande, oud en jonk.

Koop byvoorbeeld 'n chardonnay van ons, Australië, een van die Amerikas asook een van Europa, koop 'n klompie kase, nooi 'n paar wynliefhebbers en vergelyk en beoordeel.
Villiera Cabernet Sauvignon
Year: 2012
Country: Stellenbosch area
Price level: R67.00
Interessante plek, die Villiera
Bessieagtige smaak met spesery ondertone.  Gee dit nog 'n paar jaar kans.  In Franse eikehout verouder, maar mens tel dit nog nie op nie.
 
Interessante plek, die Villiera.  Net duskant Stellenbosch op die Kaapse pad bied hierdie kelder allerhande interessante geleenthede aan - wyn en Sally Williams Nougat proëe, en 'n hers wynfees op 12 April.

Natuurlik ook bekend vir hulle  vonkelwyn.
Gelukkige Kapenaars - sulke geleenthede maak darem bietjie op vir die storms wat maar net nie wil woed vanjaar nie, hmm?
Jason's Hill Chardonnay
Year: 2011
Country: Slanghoek Vallei
Price level: R45.00+
"Best Value" 2014 etiket
Heerlike drinkbare wyntjie.  Tel sitrus op, veral pomelo.  Een van die wyne wat verbeter wanneer met 'n ete geniet word.

Wynmaker Ivy du Toit.

Kliek op die skakel hier onder en lees meer oor die "Best value" etikette.

http://bestvaluewineguide.com/
Haute Cabriere: Pinot Noir
Year: 2009
Country: Franschhoek: wynmaker Achim von Arnim
Price level: Kan nie onthou nie
Lekker vroulike wyntjie
Die literatuur sê Pinot Noir is 'n meer vroulike wyn as Cabernet byvoorbeeld🤔

Seker dan hoekom dit vir die uwe so lekker is hmm  😘

Pinot Noir is afkomstig van Boergonje (Burgundy) in Frankryk en een van die wyne wat vir die maak van Franse sjampanje gebruik word.  Dit is natuurlik ook een van die druifsoorte waaruit Pinotage ontstaan het.

VIr die maak van hierdie ene is 100% Pinot Noir gebruik.
Vir my baie aards, tel kersie en framboos op en  🤩 
Mulderbosch Chenin Blanc
Year: 2011
Country: Suid-Afrika
Price level: Dink so R60,00
Steen op hout
Die uwe was vir so 17 jaar lid van 'n wynproegilde. 

Deur die jare het ek my altoos verwonder aan die woorde waarmee die wynkenners die smaak van wyne beskryf - vars gesnyde gras, katpiepie, ou sokkies, ou leer, en so aan.  Het iemand al aan katpiepie, ou sokkies of ou leer geproe? 

Enige smaak word gebruik, behalwe dié van druiwe. 

Enige rede hoekom wyn nie na druiwe mag proe nie?🤨

Hierdie wyntjie is van steendruiwe of chenin blanc gemaak, en om nou eerlik te wees, dit proe ook vir my na steen.  Heerlik en lig - alles voor op die tong.  Proe nie enige hout. 

Hier onder volg 'n interessante artikel oor steendruiwe uit "Rapport".

Wie onthou nog die "Lieberstein" van ons jeug - blykbaar ook van steen gemaak.

http://www.rapport.co.za/MyTyd/Nuus/voorsmaak-Chenin-of-steen-20101007

Klein DasBosch Cabernet Sauvignon
Year: 2012
Country: South Africa
Price level: So by die R60.00
Wynmaker is Jan Boland Coetzee
Klein DasBosch is 'n klein plasie en die blyplek van Whitey Basson, die grootbaas van Checkers.  Weens die beperkte produksie word dit hoofsaaklik oorsee bemark asook by Checkerswinkels soos die Hyperamas.

Die wynmaker is Jan Boland Coetzee -veral sy Klein DasBosch Merlot word baie hoog aangeslaan.

Vir my persoonlik pure swart peper, donker bessiesmaak.  Smaak groei nogal op jou.  Nog 'n kortbroek wyntjie - moet nog verouder. 

14% alkohol.

Gaan defnitief die Merlot soek en probeer.   
Slanghoek Private Collection Chenin Blanc
Year: 2013
Country: Suid-Afrika
Price level: So by die R60.00 as ek reg onthou
Heerlike vrugtige wyntjie
Net 3% van Slanghoek se beste wyne word vir die Private Collection gebruik.

Die bottel sê mens tel tipiese tropiese smake soos ryp peer, perske en koejawel op.  Peer en perske "tropies"?  🤔

Vir my pure baie ryp papaja en later pynappel.  

12.5% alkohol.  Heerlik saam met eenvoudige visgeregte.  
Odd Bins 819 Cabernet Sauvignon
Year: 2011
Country: Suid-Afrika - kusstreek
Price level: R49.00 (as ek reg onthou)
Nog 'n treffer van Checkers se Odd Bins
😮
Checkers se Odd BIns verbaas mens keer op keer.  Hierdie enetjie is sekerlik een van hulle bestes - gemerk "Limited Quantities", so julle sal moet gou speel om dit in die hande te kry.

Die bottel sê: "Flavours of red cherry and blackcurrent balanced with dark chocolate and oak".

Heerlike nasmaak. Hmm...

14% alkohol.
Checkers se Odd Bin Chardonnay 318
Year: 2012
Country: Suid-Afrika, Robertson streek
Price level: R29.99
Probeer 'n slag die Odd Binreeks van Checkers

Die Odd Binwyne van Checkers verbaas 'n mens keer op keer.
Hier kry jy nou goeie waarde vir geld, hoor.

Odd Binwyne is topklas wyne wat deur Checkers aangekoop word vanaf bekende kelders.  'n Paneel van kundiges soos Jan Boland Coetzee, soek dan net die beste wyne uit wat onder die Odd Bin etiket verkoop word.

Vandag hierdie wyntjie probeer.  Heerlik - en let bietjie op die prys, net R29.99.  Verbasend.  Maar dan is Chardonnay darem ook loshande my gunsteling wyn, veral as dit effens gehout is. 
OK, ek weet dis oud-modies om Chardonnay te hout, maar dis vir my steeds die lekkerste so - die rokerige smakie doen dit net vir my!

13% alkohol inhoud en die beskrywing op die bottle is as volg:
"Unwooded😠, fresh flowers, apple, citrus, and nutty finish."


Kliek op die skakel om meer oor Suid Afrikaanse Chardonnay te wete te kom:
http://www.wine-sa.com/chardonnay/
Spier: Private Collection vir Woolworths - Chenin Blanc
Year: 2011
Country: Suid-Afrika
Price level: R99.99
Heerlik!
😀
Spier het himself oortref met hierdie enetjie - wynmaker is Frans Smit.

Die bottel sê dis ryk, kompleks, vrugteslaai-, koejawel-, sitrusgeure.  Vars vrugte, heerlike nasmaak op die palet en vir my die lekkerste, gehout hmmm...

Ideaal saam met kerries, sterk gegeurde seekosse, en liggerookte hoender.  Ook brie en camembert.

Kan vir 5-8 jaar verouder, wat nogal verfrissend is vir deesdae se witwyne.  Maar kan sien dat die kleur van die wyn al begin verander na drie jaar.

14% alkohol.

Veritas goud 2012 - "need I say more?".

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

30.08 | 12:44

It seems really a nice sharing due to its informative stuff which I will share with my dad after my https://www.goldenbustours.com/seattle-tour-packages/

...
06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
You liked this page