Kan nie glo dit is soveel jaar gelede dat ons Eerstejaars by Minerva ingeklok het nie. Het ongelukkig glad nie meer kontak met een van hulle nie - sou hulle so graag weer wou sien.
In die sestigs is jy nog behoorlik ontgroen - vir twee weke
dieselfde rok gedra, geen grimering en so aan. Daardie tyd is die meeste van die eerstejaars in die sogenaamde "eerstejaarskoshuise", Minerva en Heemstede geplaas.
Ek dink die meeste van ons het die ontgroening nogal baie geniet en snaaks
gevind - nog nie so gesteld gewees op ons "dignity" soos deesdae se klomp nie.
Op die doopfoto moes ons 'n wasgoedsak op die kop sit om ons hare vir die manne te bedek, rosyntjie op neus plak om die matriekkompleks uit te trek en watte agter die ore
sit om die nattigheid op te vang.
Die aand met die inlywing is ons om twee uur die nag wakker gemaak, al die ligte is afgesit en jy moes in die donker na die eetkamer beweeg - Minerva het nie hysers gehad nie. Daar moes ons toe so 'n
visolie en tandepastebrousel sluk, en 'n eed afle dat jy nie 'n ander Minerviaan se "boyfriend" sal steel nie en toe was ons "ware" Minerviane. Laasgeneomde het egter nie veel gehelp nie en daar was gereeld onderonsies he he!
Die foto's is ongelukkig nie baie mooi nie - gaan af met die bladsy om die goed te sien.