Appelmoes pannekoek

Bak jou gunsteling pannekoekresep.

In plaas van kaneelsuiker, skep twee eetlepels appelmoes op die pannekoek voor jy dit oprol.

Bestuif die opgerolde pannekoek met ‘n mengsel van kaneel, gemengde speserye en suiker.

Bedien dadelik, of koud saam met vanielje roomys.

Kommentaar:

As jy sukkel om pannekoek te bak, is daar net een raad – oefen, oefen, en nogmaals oefen.

My bejaarde buurvrou, toe al ver oor die tagtig, het my op ‘n dag uit die bloute grvra om 100 pannekoeke te bak vir Huis H J Piek, die tehuis vir verswakte bejaardes in ons gemeente. 

Dit was nogals vir my snaaks dat sy my gevra het, want elke gemeente of skool het mos nou maar sy bo-baas pannekoekbakker, gewoonlik ‘n ouer man wat sommer so ses na agt pannekoek gelyk kan bak. 

Op daardie stadium was ek regtig nog nie baie bedrewe in enigiets kosserigs nie, en antwoord dat ek enige tyd vir haar die geld sal gee vir die pannekoek.  Sy kyk my toe so bestraffend aan en sê: “Die oumensies soek nie die geld nie, hulle soek die pannekoeke”.

Die uwe het toe maar vieruur die oggend opgestaan en begin bak.  Na ‘n hele paar flops is dit nogal interessant hoe “bedrewe” ‘n mens word as dit hier na die honderdste een trek.

Maar, darem nie so bedrewe dat ek ooit sou aanbied om by die skool of kerk se pannekoektafel diens te doen nie, veral nie na wat met Karin gebeur het nie.

Sy bied toe mos op ‘n dag aan om by haar seuns se skool by die pannekoektafel te werk vir die  basaar.  Na die derde flop kyk die baas-pannekoekbakker haar so aan en sê: “Jy bak ook al ons profyt weg!” 

Gelukkig het Karin ‘n goeie sin vir humor en het gedink dis baie snaaks.

So, wat is die “moral of the story?"  Oefen, oefen en oefen! 

 

 

                    

 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
07.04 | 09:09

Kan iemand dalk sê die datums klop nie... Die datums wat op foto's is en die ouderdom wat sy behoort te wees, werk nie lekker saam nie. Kan iemand dalk help?

...
You liked this page