Bestaan daar regtig ‘n word soos zhush, of is dit sommer ’n Suid-Afrikaanse maaksel?
As dit by die bak van muffins kom, gryp ons “normale” mense maar ‘n pakkie muffinmengsel, gooi olie en eier by en siedaar
, binne 20 minute is daar iets lekkers te ete.
Ongelukkig smaak die meeste van hierdie mengsels maar net so asvaal as die papierpakkies waaruit dit kom.
Dis reg, kikker dit op, tert dit op man, dollie dit op, verander dit geneties,
voeg ‘n slag waarde by – zhush dit net op - hoekom nie? Gee tog lewe aan die goed!
Vanilla muffins (500g pakkie)
Voeg ekstra by die mengsel:
1 tl gemengde
speserye
1 tl kaneel
1 tl appelmoes of fyngesnyde ingemaakte appel per muffin
In plaas van die appelmoes kan jy ook 1 k vrugtekoekvrugte by die deeg meng, of pampoenmoes of patatmoes werk net so goed.
Maak aan soos gewoonlik,
en skep die helfte van die deeg in elke muffin pannetjie, dan die appelmoes en dan res van die deeg.
Bak soos gewoonlik.
In plaas van die appelmoes kan jy ook ala Hugh Fearnly Whittingstall, ‘n skeppie suurlemoensmeer (curd) inskep,
maar vervang dan die ekstra speserye met 1 tl lemoen- of suurlemoengeursel.
Sif ‘n bietjie kaneel oor vrugtemuffins en versiersuiker oor die res.
Jy kan ook gedroogde roosmalvablare (pelargonium capitatum) in die mengsel
krummel. Ek gebruik dit tot in botterbroodjies, pannekoek en plaatkoekies.
Soutige muffins – “savoury” (500g pakkie)
Voeg ekstra by die mengsel:
1 tl mostertpoeier
1 k gerasperde cheddarkaas
1 fyn gerasperde uitjie
2 el fyngekapte peppadews (die in die botteltjies werk goed)
2 el gekapte basiliekruid blare
Strooi rooipeper of cayennepeper oor die muffins voor jy
dit bak
of
3 el gekapte olywe
1 k gekrummelde fetakaas
Sjokolade muffins (500g)
2 pakkies bokkies (chocnuts)
of
2 rolletjies rolo sjokolades
Druk so vier bokkies in elke muffin in voor jy dit bak. Die neutesmaak gaan heerlik saam met die sjokolade.
of
Druk ‘n rolo lekker in elke muffin in. Dit smelt en gee dan amper die effek van sjokoladefondant .
Onthou
die volgende:
1 As jy die muffins presies ewe groot wil hê, skep dit met ‘n roomysskepper
(scoop) in die pannetjies.
2 Die soet muffins werk net so goed as nagereg – bedien met vla of roomys.
3
Proe altyd eers aan die mengsel voor jy dit bak of dit nie sout kort nie.