Smul saam

Soos julle seker al agtergekom het, is die uwe, wanneer dit by kokery en bakkery kom, nou nie eintlik van "Kokkedoor" standaard nie, daarvoor is ek heeltemal te lui en nie talentvol genoeg nie - maar darem 'n realis om my beperkinge te erken en te herken he he.

MAAR, as dit by die eetaksie kom of by die drinkaksie van wyn, dan blink ek uit! 

Gaan dus probeer om hier inligting oor interessante resepte, eetplekkies en wyne te plaas.

Wanneer dit by wyn kom, proe die uwe gewoonlik net twee smake, lekker en sleg, of sal ek liewers sê, lekker en minder lekker.  Maaar, wanneer jy iets oor die wyne wil skryf, dwing dit jou om te konsentreer en regtig die wyn te proe en te evalueer.

Miskien moet ons almal maar 'n boekie byhou en ons bevindinge daarin aanteken. So geniet en waardeer mens die wyn regtig.   

Geniet.

Madelie  

 

Write a new comment: (Click here)

SimpleSite.com
Characters left: 160
DONE Sending...
See all comments

| Reply

Latest comments

30.08 | 12:44

It seems really a nice sharing due to its informative stuff which I will share with my dad after my https://www.goldenbustours.com/seattle-tour-packages/

...
06.05 | 19:10

...
05.05 | 20:47

Het baie geniet. Dankie.Tuinmaak my passie. Meestal onbekende musiek vir my, maar pragtig.

...
07.04 | 20:46

Hi Nalene, watter datums het jy 'n probleem mee. Dié van Dr Nel van Heerden? Madelie

...
You liked this page