Tannie Ellen was al grys in jare,
as bestuurder egter onervare.
Toe besluit sy om
meer mobiel te wees.
Sy koop ‘n kleine Morris, die langverwagte Isak
en dit was my lot
om haar bestuurswys
te maak
(alles vir ‘n goeie saak).
Die aansit was maklik,
die wegtrek hoog geref;
in die pad hou,
rat oorsit,
minder so.
Noue ontkomings was daar baie:
lekker getol op die bergpas.
Toe sy
uiteindelik alleen bestuur
was sy hoog in haar noppies;
(soos die dapper muis)
waai uitbundig vir haar ousus tuis,
en ry summier
vas in die huis
se muur.
Stephan Lategan, Kaapstad, 23 Januarie 2014.
©
Die leerder op haar tagtigste verjaarsdag.