Kan daar iets meer opwindends wees as om aan ‘n wedloop deel te neem? Om vIer uur op ’n Saterdagoggend op te staan en te ry om ses-uur te kan begin stap of draf. ‘n Mens word sommer so gedra deur die blote energie wat die
drawwers uitstraal – hulle kan nie wag dat die musiek begin, die skoot klap en hulle kan wegtrek nie!
Soms speel die weer ook nie saam nie. Onthou ons kry donderstorms hier in die Gauteng – nie die Kaapse sissierëentjie
nie. Ons het al so nat gerëen dat dit lyk soos ‘n “wet t-shirt kompetisie, maar na ‘n lekker koppie warm koffie sien mens weer vir alles kans.
En van die wedlope is rillers. Glo my, as die woord “challenge”
in die wedloop se naam voorkom, berei jou maar voor vir die ergste.
Ek en Renée het een middag na werk die Schanskop Challenge aangedurf. Dit begin op die terrein van die Voortrekkermonument, onder in die amfiteater, dan met die trappies
op tot bo by die monument en dan met al wat ‘n bult is op. Het nooit geweet daar is soveel bulte om Pretoria nie! ‘n Afdraande bestaan daar nie – en dit is warm, die humiditeit is hoog en ‘n mens is maar moeg na werk.
Dit was seker een van die moeilikste goed wat ek in my lewe moes doen. Minder as 50% van die mense wat begin het, het die wedloop voltooi. Hier in die middel van die wedloop val dit Renée toe by dat sy die vorige dag bloed geskenk het
en nie eintlik veronderstel was om so gou daarna strawwe oefening te doen nie. Mmmm, maar ons het net besluit ons gaan nie tou opgooi nie.
Die ambulans het naderhand reg agter ons gery, soos ‘n luislang wat ‘n prooi in sig het,
maar ons het hom gëignoreer en die wedloop voltooi. "Done that, got the t-shirt”!
Die voelgoed-hormone het hierna oortyd gewerk, en ons voel steeds na al die jare trots dat ons dit voltooi het!