Dit was ‘n belewenis. Alles was uit die boonste rakke, met net die mooiste blomme en duurste porselein en silwer waarin jy bedien word, die pianis wat dromerige musiek speel en die asemrowende ambience van die Ritz. ‘n
Mens kan kies uit sestien soorte tee (onder andere red bush), en net soveel soorte koffie. Elke gas word in sy eie silwer tee-of koffiepot bedien. Die eetgoed word bedien op ‘n swaar silwer drievlak koekstaander
met fyn komkommer- en ander souttoebroodjies op die onderste vlak, heerlike vars botterbroodjies met room en konfyt in die middel en die ongelooflikste mooi en delikate petit fours elkeen op sy eie koperplaatjie op die boonste vlak.
Binne die Ritz eetkamer.